[Foto’s] 2 miljoen liter in minder as ʼn week

'n Dankbare gesin wat ook water van die Jakaranda FM projek ontvang het. Foto: www.jacarandafm.com

‘n Dankbare gesin wat ook water van die Jakaranda FM projek ontvang het. Foto: www.jacarandafm.com

Meer as twee miljoen liter water is die afgelope week deur verskeie organisasies ingesamel om aan droogtegeteisterde gebiede in Suid-Afrika te skenk.

Die radiostasie Jakaranda FM het Vrydagmiddag sy luisteraars versoek om aan #ProjectWaterDrop deel te neem. Dié projek, ʼn inisiatief van Rian van Heerden, poog om water te skenk aan gebiede in Noordwes wat erg onder die droogte gebuk gaan.

“Daar is verskeie projekte om water te skenk aan gebiede wat onder die droogte gebuk gaan. Ons het besluit om dié projek van stapel te stuur om gebiede uit te ken en die water dan daarheen te vervoer,” het Van Heerden gesê.

Hy sê ongeveer 25 trokke wat deur maatskappye geborg is, staan gereed om die water te vervoer. “Ons het nie geweet die projek gaan so suksesvol wees nie. Ons het skenkings van meer as twee miljoen liter water ontvang. Die water gaan alles na die noodgebiede vervoer word.”

Die Cambridge-skool in Witbank het altesaam 35 000 liter vir dié inisiatief ingesamel. Die water van #ProjectWaterDrop gaan onderskeidelik uitgedeel word in gebiede soos Vryburg, Sannieshof, en Lichtenburg.

Ander organisasies het ook ingespring om water in te samel vir die droogtegebiede.

Die Bondvest Realty Groep in Vanderbijlpark het ook reeds meer as 50 000 liter water ingesamel en na die Vrystaat vervoer. Constantia Metering het ongeveer 6 000 liter water ingesamel wat na droogtegebiede in die Noordwes vervoer is.

Intussen het die Automobile Association (AA) ook sy perseel in Kyalami as versamelpunt aangebied vir Hoop Gras-projek. Dié projek is ʼn inisiatief deur Agri SA en is van stapel gestuur om boere te ondersteun met voer vir hul vee. Die doel van die projek is om die gesnyde gras van huise en ondernemings te versamel en dit aan boere te skenk as voer. Die gras word verwerk en verpak voordat dit aan behoeftige boere versprei word.

Om betrokke te raak by droogtehulpprojekte, besoek die Hoop Gras-projek, Jakaranda FM se projek of die Water Shortage South Africa Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

alida ·

PRYS DIE HEER !!!! Baie baie dankie vir alle betrokkenes !!! Dit is hoe mens saamstaan in ‘n tyd van nood as jou regering skitter in sy afwesigheid.

RITA ·

Wanneer Jakarandafm n taak aanpak maak hulle altyd n reuse sukses daarvan. Met “good morning angels” Woensdae het hulle ook al baie mense gehelp. Ek kry elke keer trane in my oe vir die wonderlike dade wat hulle verrig. Hou so aan Jakaranda en mag God julle seen in elke taak wat julle aanpak met liefde.

Susan Parkin ·

Alles wat hulle aanpak is n sukses. Baie bly daar is sulke omgee mense in ons land. Baie geluk julle

Martin ·

Amore Bekker het baie goed gedoen vir Beufort Wes ook ‘n jaar of twee terug.

Muis ·

Alle dank aan ons Hemelse Vader wat deur ons Sy goeie dade laat gebeur!!!! AMEN Prys die Heer ! Dankie Jakaranda julle is tops!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.