Foto’s: Afrikaans-vriendelike ondernemings vereer

(Foto: Rozier van Tonder)

Die Tinteltong-toekennings word jaarliks op Internasionale Moedertaaldag, 21 Februarie, gehou om ondernemings wat die Afrikaanse taal bevorder te vereer. Dié ondernemings word gehuldig omdat hulle diens in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.

Vanjaar was daar 15 kategorieë waarvoor Afrikaanse ondernemings genomineer kon word.

AfriForum, wat saam met AfriVriendelik dié toekennings aanbied, het in 2016 vasgestel slegs 30% van die Suid-Afrikaanse mark is Afrikaans en wil voortgaan om ondernemings te beloon wat diens in Afrikaans aanbied. AfriForum hoop die wenners van die Tinteltong-toekennings sal ander ondernemings en mense aanspoor om in die taal van hul hart sake te doen.

Die wenners van 2018 se Tinteltong-toekennings is soos volg:

Oorspronklikste naam: STREEPSAK
Afrikaans-vriendelikste slagspreuk: Al3 Boerdery
Beste logo-ontwerp: Magies vol liefde
Smullekker Afrikaanse kos: De Vette Mossel
Afrikaans-vriendelikste produk: Mooi Goete
Afrikaans-vriendelikste produk – eie aan Afrikaans: IsMozBos – BosSeep
Afrikaans-vriendelikste sosiale media: De Afrikander Handelshuis
Uitgewer wat Afrikaans bevorder: LAPA Uitgewers
Maak snaaks in Afrikaans: IDEES-VOL-VREES
Soetste nagrus: AandBloem-gastehuis
Foto wat Afrikaans praat: Conrad Theron
Afrikaans-vriendelikste diens: Funky Ouma
Afrikaans-vriendelikste e-kopie: Mooi Leefstyl
Trippeltoontjies: Magies vol liefde
Innoverende produk: Boeremeisie Beeldskoon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marthinus Willemse ·

Iets wat my die laaste tyd baie krap, is radioflitse in Afrikaans, wat met `n Engelse motto eindig. Byvoorbeeld: “Koop ons produk, Afrikaans, Afrikaans, Afrikaans. Because we are one”. Bemarkers sal dit verdedig as branding, maar jy kan branding veeltalig doen, soos in die ou dae op die SAUK, waar produkte in beide goeie Afrikaans en goeie Engels aangebied is. Eintlik bedrieg die maatskappy ons, deur voor te gee hulle praat Afrikaans, en dan die laaste ding in Engels sê. Hulle vat ons vir ‘n ride.

Reinhardt ·

Jis dit is nogal iets wat my die afgelope ruk vreeslik irriteer. Is dit werklik so moeilik om met n goeie Afrikaanse slagspreuk vorendag te kom? Hel, gee my n uur en R200 en ek doen dit met liefde! Ek sal sommer almal s’n doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.