Die Afrikaanse aktrise Elma Postma het Maandag ʼn paar van haar mooiste troufoto’s met aanhangers op sosiale media gedeel.
Elma, veral bekend vir haar rol as Dezi in 7de Laan en een van die voormalige aanbieders van Boer soek ʼn vrou, het op 14 Desember tydens ʼn intieme geleentheid afgehaak met Paul Potgieter.
“Dit was die perfekte dag en ek het met my droomman getrou. Jude Harpstar het die harp gespeel tydens die seremonie en voor die onthaal – dit was so mooi. Ons was omring deur ons naaste familie en vriende en ek het lanklaas in my lewe soveel geluk en liefde op een dag ervaar,” het sy aan Sarie.com vertel.
Die aktrise het gesê haar troufoto’s, wat by die Kuthaba Bush Lodge in Limpopo geneem is, sal vir ewig die mooiste herinneringe vasvang.
“Ek wil graag die foto’s van my en Paul se mooi dag deel om dankie te sê vir almal sonder wie ons dit nie kon doen nie. Hoe groot ook al julle bydrae, julle het die dag spesiaal gemaak,” het sy op Facebook geskryf.
Elma is vanaf 10 April in kykNET se splinternuwe komedie, PHIL 101, te sien. Ander akteurs sluit in Bennie Fourie, Frank Opperman en Pierre van Pletzen.
Lees meer oor die komedie op Maroela Media.
Elma se troufoto’s is geneem deur Anne Grace-fotografie.
Pragtig, en smaakvol gedoen! Baie geluk!
Bly vir haar nou het sy uiteindelik ook n man gekry.
Pragtig! Baie geluk julle 2.
Sy’s darem so pragtig haar skoonheid is iets om te aanskou.Mag hulle sommer baie baie baie gelukkig wees en sy straal behoorlik mag sy en Paul saam die nuwe lewenspad stap!!!
Pragtig baie geluk so die jaar vier ons, ons 4de huweliksherdenking saam met julle 1ste huweliksherdenking. Baie geluk mag die liefde altyd seevier en geseend wees.
Adel. Die heel mooiste toegewens. Ek ken vir Paul en elma ewe “lank” – vir hom as seun nog in sy ma se huis, en vir haar …. op die skerm en in tydskrifte. Gebruik die wenresep: die beste uit twee “wêrelde” en skep jul éíé!
Onsaglikke mooi vrou, wel daar gaan my kans. Geluk julle!
Ag is sy nie die mooiste bruid nie! Baie geluk|!
Die geleentheid val reg in my smaak – alles so smaakvol. Hoop dat julle baie jare van geluk, vrede en liefde saam sal beleef.
Geluk jul twee, vrede liefde en GELOOF, belangrikste vergewe gou. STERKTE is ook nodig maar bly LAG dis net so nodig soos vars lug. GENIET als.
Baie geluk . Mag julle net die beste beleef .