[Foto’s] Almal gons oor dié paartjie se foto’s

Arryn Stephanie (Foto: Bria Terry/Wolf and Rose Photography)

WAARSKUWING: Alhoewel die foto’s nie openlike naaktheid bevat nie, is die paartjie nie ten volle geklee nie. Die foto’s is nie gepas vir sensitiewe kykers of kinders nie.

Dit is sekerlik een van dié sterkste boodskappe van die 21ste eeu: Skoonheid word nié gemeet aan ʼn mens se uiterlike voorkoms nie.

ʼn Paartjie van die Amerikaanse deelstaat Texas maak nou opslae in die media vir hul verlowingsfoto’s wat vroue wêreldwyd wil bemagtig en boonop ʼn boodskap van ware skoonheid dra.

Arryn en sy verloofde, Stephanie, het in Februarie vanjaar verloof geraak en onlangs besluit om dié mylpaal te vier met verlowingsfoto’s.

Die fotograaf, Bria Terry van Wolf & Rose Photography, sê sy is oorval met positiewe kommentaar nadat sy dié foto’s op haar Facebook-blad gedeel het.

Sosialemediagebruikers het onder meer die paartjie se “ooglopende passie en liefde” vir mekaar uitgewys en hulle geprys dat hulle dapper genoeg was om kwessies oor skoonheid en hóé mense skoonheid sien, aan te spreek.

Stephanie het aan The Huffington Post gesê sy het nog “nooit meer aantreklik gevoel nie”. “Ek was geweldig op my senuwees om die eindresultaat te sien; ek het nie geweet wat om te verwag nie. Toe ek die album sien, was ek geskok. Ek lyk so verlief en vol selfvertroue. Elke mens verdien dit om hom- of haarself in daardie lig te sien, dit maak jou oë oop.”

Sy sê dié foto’s moet vroue bemagtig en herinner om hulself én hul kurwes lief te hê. “Ek onthou hoe ek in die laerskool na myself in die spieël gekyk het en gewonder het hoekom my maag nie lyk soos ‘dit veronderstel is’ om te lyk nie. Oor die jare heen het ek aanvaar dat ek altyd as plus-grootte gesien gaan word. Ek forseer myself uit my gemaksone deur klere te dra wat die samelewing dikwels beskou as klere wat groter vroue nie moet dra nie. Ek loop met my kop hoog, glimlaggend en nie skaam vir myself nie.”

Stephanie sê dit is belangrik dat die ander party in ʼn verhouding die persoon altyd geliefd en gekoester laat voel. “Hy is lief vir die mens wat ek is en vir wie hy word wanneer hy saam met my is. Hy het nog altyd gesê hy gee nie om hoe ek lyk nie en dat ek vir hom beeldskoon is.”

Die foto’s is al bykans 100 000 keer op Facebook gedeel. Vir meer inligting, besoek Wolf & Rose Photography op Facebook.

Arryn Stephanie (Foto: Bria Terry/Wolf and Rose Photography)

Arryn Stephanie (Foto: Bria Terry/Wolf and Rose Photography)

Arryn Stephanie (Foto: Bria Terry/Wolf and Rose Photography)

Arryn Stephanie (Foto: Bria Terry/Wolf and Rose Photography)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Johan Neuteman ·

Nee! Openbare naaktheid is nie christelik nie, is nie Afrikanerkultuur nie. Vir watter doel ook al. Op een plek is daar ‘n gesprek oof Afrikaner-erfenis aan die gang, op ander plekke besorgdheid (en die geïmpliseerde “hoekom”-vraag) oor die verskriklike misdaad, maar hier is twee verloofdes (nog nie getroud nie), besig om hulself in die openbaar te vertoon, en dan met nog iets wat nie die mens se liggaam as tempel van God eerbiedig nie, naamlik die skending met tatoëermerke. Hierdie foto’s en die berig hoort nie hier nie.

Johann ·

Dis wonderlik om te weet dat daar mense is wat so lief vir mekaar kan wees. Gee mens hoop om in ‘n idee te glo dat daar nog opregte liefde is

be yourself ·

Johan Neuteman, ek is seker jy het die berig gelees en kennis geneem dat hulle van Texas afkomstig is, so “afrikanerkultuur” is nie hier van toepassing nie. Ek verstaan nie hoekom mense en veral “afrikaners” ander mense so vinnig oordeel net omdat ander mense nie aan hulle “standaarde en vereistes” voldoen nie. Almal is nie dieselfde nie en almal glo nie soos jy en hoef ook nie aan jou standaarde en vereistes te voldoen nie, ons elkeen loop ons eie pad en ek dink mense soos jy moet eerder ophou om almal onder jou sambreeltjie van christelike afrikanerkultuur te plaas. Hulle kan doen wat hulle wil en soos hulle goed dink en het nie jou kritiek of goedkeuring nodig nie, gelukkig nie!!!

Trots Afrikaans ·

Dankie Johan Neuteman, ek stem saam met jou.

Ons was eens ‘n God vresende nasie, maar nou val ons vir die Satan geinspireerde wêreld.
Wat die ergste hiervan is, is nie die hoeveelheid heidene wat hieraan gaan kleef nie, maar die klomp wat hulself as Christene beskryf wat dit gaan probeer goed praat.

Lees Gen en Gam se straf. So spot voor met die naaktheid slaaf van jou broers

Maar God sê vir ons, nie almal wat Hom Here Here noem sal in die hemel kom nie en in die eindtye moet ons waak teen valse leëringe.

Levitikus 19:28 (“Julle mag ook ter wille van ’n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE” – 1953 Afrikaanse Vertaling)

elize naude ·

“trots afrikaans” wanneer was “ons” ń Godsvresende nasie? die era waar “julle” ander mense wat ń ander velkleur gehad het, toegang tot aanbidding ń kerk verbied het… om van die mensveragtende politiek nie eers te praat nie…

Abie Blaauw ·

Ek stem volmondig saam met Johan Neuteman – die foto’s hou geen waarde in nie en hoort nie hier nie. Dit is snert en behoort nie aan die breëre leserspubliek voorgehou te word as wat ook al nie. As enige liggaamstipe mens goed voel oor hom/haarself, gee dit steeds geen rede om halfkaal daaroor te jubel op internasionale media nie.

Patroina Krugel ·

Pragtig…. Dankie hulle gee duisende mense hoop…en bewys net weer… die liefde gaan om die mens innerlike siels behoefde … die liefde is nie skaam vir sy sielsmaat nie…

Brian ·

Ek sien geen probleem daarmee nie. Party Mense raak nou weer mal or niks nie. Bekommer jou eerder met Trump en Zuma. Kry jou prioriteite reg !!

Kom Ons Boks ·

Zuma verstaan ek maar Trump is die laaste hoop vir miljoene Amerikaners. Jou prioriteite het duidelik ook bietjie werk nodig…

Bittergal ·

Die twee spog neg met al die ink. Gaggas my kind, spoeg uit..

Danie ·

O ja amper vergeet Neutman – “Nuts man” sê maar net; lees ook die deel oor wie die oordeel toekom.

Carien ·

Daniel, lees ook die gedeelte van teregwysing, mens kan nie net mense los wat jy sien afdwaal nie. Almal is altyd vinnig om te sê ons oordeel, hoe in die lewe sal iemand wat dink dis reg besef dit is verkeerd as niemand hul monde oopmaak nie. As Christen kan mens nie net los nie. Baie Christene het tatoes, maar hulle het dit gekry voordat hulle tot bekering gekom het, maar as jy die Here dien en weet dis teen Sy Wil, hou dan eerder verby.

Julia Tilleard ·

Stunning photos take my hat offfor the lady to have so much confidence to have photos taken like that they are beautiful and show how much they live each other they should be proud of these photos

Ja nee ·

Ek het ook n tattoo sal sekker nog opsit !
Your body is a tempel ! Why not decorate it ?
So hou tog net op neerkyk en sleg praat dis nie te se ekt tattoo eks die duiwel se kind nie eks nog steeds die here se kind al vloek en rook ek hy gooi nie sy kinders weg nie . Ek glo nogsteeds aan god en hys baie lief vir my en ek vir hom . Miskien is jou slegkyk en slegpraat erger as n tatoo

Johannes ·

Ja nee, as jy werklik lief is vir God sal jy jou bekeer en jou alles in jou vermoë doen om op te hou sondig. Jy mislei jouself as jy glo jy kan doelbewus aanhou leef in sonde en God sal jou nie straf nie. En terloops, jou liggaam is God se tempel en eiendom, nie jou tempel nie. Jy het ‘n verantwoordelikheid om dit op te pas, nie te verniel en te bekrap nie.

Reinhardt ·

Johannes, so met jou logika moet alle mense te alle tye in top kondisie wees, super fiks, six pack, spiere en alles wat met n goeie liggaam gepaard gaan? Of hoe? Of trek ons die streep by tattoes? Jy mag maar n boeppens he, solank daar nie ink op jou vel is nie?

Terloops, ekt geen tattoeër merke nie ek as ek nou my eie beuel wil blaas moet ek sê ek is nogal taamlik fiks en in goeie kondisie.

Hou op mense oordeel.

Kom Ons Boks ·

Tog oordeel diegene vinnig wat ander maan om nie te oordeel nie…

Trots Afrikaans ·

Levitikus 19:28 (“Julle mag ook ter wille van ’n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE”

You shall not make any cuttings in your flesh for the dead, nor print any marks on you: I am the LORD.

You can act against the will of God, but may I suggest that you do not insult him by belittling his Word.

You can play soccer on soccer rules or rugby on rugby rules, but you can not play soccer on rugby rules.

Were you rather hot or cold, but now you are lukewarm …

Janine ·

Tsk, Reinhardt, jy kan nie vir ons tannies noem jy lyk oraait, en dan geen bewyse plaas nie….hahahaha. ;)

Dee ·

Die fotos is mooi…in n huwelik en nie vir die wereld om te deel nie.

Karma ·

Oi, joi, joi, joi joi!!!

Dina Donderdye se Dinges ……… (al is ek self nie ‘n ligte veertjie nie …..) Nee alla, daar is dinge wat vir die wêreld se oë bedoel is en dan is daar dinge wat tot die slaapkamer beperk moet word.

En daai tatoe-merke is ……. iets aller aakligs!

elize naude ·

“trots afrikaans” wanneer was “ons” ń Godsvresende nasie? die era waar “julle” ander mense wat ń ander velkleur gehad het, toegang tot aanbidding ń kerk verbied het… om van die mensveragtende politiek nie eers te praat nie…

Anoniem ·

Lekker man Lekker wie het nou klere nodig as jy in n dam staan en n soen kry van jou geliefde.

Verwonderd ·

Het niks teen die grote van die dame nie, maar aangesien die paartjie nie hulle liefde tussen hulle 2 kon hou nie. Moet opgemerk word dat die fotos herinner aan ‘n AG Visser gedig – As ou tant Siena straat op loop. Om antipon of spek te koop. Sê die wat die pad maak: Dankie die Heer! En sit hulle sware stampers neer.

madels ·

Ek is baie jammer maar die twee mense is NIE getroud nie! En sommige van julle noem dit liefde?? Sjoe!! Gaan lees asb 1 Korintiers 13. Wellus en liefde is nie dieselfde ding nie. Ek veroordeel nie die twee mense nie, hulle is 10/1 nie kinders van die Here nie so ons kan nie verwag dat hulle dinge moet doen volgens die Bybel nie. Maar asb Maroela Media hierdie naakte fotos is NIE geskik vir nuus nie. Onvanpas verby!! :-)

Anoniem ·

madels laat ons nou nie oordeel nie. sonde is sonde maak nie saak watter sonde dit is nie dus gaan krap so bietjie rond in jou kassie voordat jy of andere staan en klippe gooi

elize naude ·

om te oordeel en hoogmoed is een van die grootste sondes…

Pietman ·

Sjoe ek kan sommer sien die dame het ‘n pragtige persoonlikheid.

Eish ·

Laat my dink aan my innerlike stryd oor die kalfiewals se woorde… Toe ek nog eens n kalfie was, toe moes ek honger ly, maar noudat…

Kalfie ·

Shame, so hardup vir aandag, wel as jy so lyk gaan jy aandag kry, en dis nie vir goeie redes nie.

Kom Ons Boks ·

“Ontbloot” en “bloot negatief” het verskillende betekenisse jong…

Riaan ·

Julle klomp skynheiliges verkrampte klomp maak my naar!!…..Vee eers voor julle eie deure….

Kom Ons Boks ·

Proudly Deplorable! naarpilletjies nie ingesluit nie…

fred ·

Die vetrolletjies is nog aanvaarbaar, maar die tatoo is walglik!

Chantel ·

Wie is jy om te oordeel? Haal so maklik verse uit die bybel maar wie is JY om te oordeel?? As jy mooi lees dit maak die vrou beter voel? so why the hate?? Dis pragtige fotos. Ek bless hulle en hulle huwelik! Ek dink dis braaf van die vrou, Daar is veel erger fotos wat tot in die huisgenoot verskyn. Hulle het nie gese jy moet tatoos kry of dit doen nie. Ek sien die as ‘n insperasie vir vrouens en mans om hulself lief te he en te aanvaar soos hulle lyk.! Al aanvaar nie almal jou nie! Want ons almal het iets waarvan ons nie hou nie. Tot jy wat so kla oor alles. .. passop dit raak ‘n gewoonte!

Doringrosie ·

Almal wat hierdie mense met die Bybel will doodgooi…

Die Bybel sê ons moet mekaar liefhê, nie kritiseer nie. Hoe sou Jesus met hierdie paartjie gehandel het? Die houding wat ek sovêr sien in komentaar gaan nie die paartjie Hemel toe help nie, maar gaan hulle eerder vervreem.

elize naude ·

diegene wat oordeel sal met dieselfde maatstaaf geoordeel word…. ook die sondes wat ons so graag verberg…

Kom Ons Boks ·

Die Tora en die Koran is veel dikker boeke om mee te gooi…

elize naude ·

mens mag verskil van mening… maar met die nodige respek…

elize naude ·

dit baat jou ook nie om gesond te eet en oefening te doen… maar aan jou siel skade ly nie…

Vetsak ·

Onthou, nie almal is lig van gebeente nie. Sommige mense probeer baie hard, maar die liggaam gaan nooit soos ‘n supermodel kan lyk nie. Beter om jouself te aanvaar en met selfvertroue en interessante persoonlikheid deur die lewe te gaan as om mislik te voel dat jy nie voldoen aan die wêreld daarbuite se onrealistiese standaarde nie.

Groot Kokkedoor ·

Ag nee man, hoekom wys hulle hierdie pragtige vrou van agter? ‘n Vrou se lyf is nie iets om oor skaam te wees nie. En hoekom nie die kêrel ook openbaar nie, nie nodig om seksisties te wees nie.

Willem ·

Heel moontlik die swakste gehalte artikel wat ek tot op hede op Maroela Media gelees het: vieslik, afskuwelik, en ‘n totale namaaksel van bronne soos huffington post. As dit die rigting is wat julle inslaan verloor julle my as leser.

Kom Ons Boks ·

Moet dan nie berigte soos die “koekeloer” nie…

DVZ ·

Kyk ek is ‘n Christen en Afrikaans maar dit is altyd hartseer om te sien as afrikaanse christene ander so oordeel en sleg maak. sodra iemand nie soos jy praat of lyk is hulle verkeerd of duiwels. daar is baie erger dinge daar buite soos molesteerders en moordenaars. En selfs mense wat elke dag in die kerk sit wat daagliks skinder en geheimpies het so hierdie fotos. Nothing wrong. Hiermee se ek nie ek sal dit doen nie maar kan altyd sulke mense bewonder want dit kos baie moed. Ook..jou liggaam is net tydelik hier en dis n fisiese dop..jou siel is wat aanbeweeg en wie jy werklik is.

Vir die wat so gou oordeel oor die fisiese konsep..onthou net een ding. as jou man of vrou eendag in n rolstoel beland of jou kind kry lit-tekens van n ongeluk… gaan jy minder lief wees vir hulle omdat hulle nie so mooi is na jou sin???

Christen ·

Dis darem verstommend hoe baie die verdedigers van sonde skuil agter opmerkings soos: “Wie is jy om te oordeel?” “Diegene wat oordeel…” “Almal wat hierdie mense met die Bybel wil doodgooi…” ensovoorts, ensovoorts. God het elkeen van ons beklee met oordeelsvermoë, hoe anders sal ons goed en kwaad van mekaar kan onderskei daarsonder? Ironies genoeg word diegene wat hulself uitspreek teen sonde deur God se Woord aan te haal, krasser veroordeel deur die “vrydenkers” wat so hovaardig verklaar jy mag nie oordeel nie. Praat van vreemde standaarde. God se oë sien alles en Hy haat die sonde, of dit jou nou pas of nie, en Hy alleen het die mag om te veroordeel. Daar is ‘n verskil tussen oordeel en veroordeel…

Francois ·

Ai tog, ons volk is so verkramp en so gou om te oordeel….al die tyd wanneer elkeen van ons onder genade is en ‘n hele begrafplaas vol geraamtes in ons onderskeie kaste het. Besef mense nie dat hulle alreeds gesondig het net om ‘n oordeel te vel oor iemand anders of iemand anders te veroordeel.
Mense is so in hulle eie klein wêreldjie vasgevang en gaan met klappe deur die lewe en sien glad nie die breë prentjie nie. Die wêreld bestaan nie net uit Suid-Afrika nie en dit is nie te sê dat die sieninge, normes, waardes of jou geloofsoortuigings reg is en van toepassing is op ander mense, selfs jou landsgenote.
Indien ons respek vir mekaar het (werklike respek) sal ons mekaar aanvaar soos ons is. Respek beteken ek aanvaar jou ten volle sonder om jou te wil konformeer na my sieninge en oortuigings. Wedersydse respek beteken dat jy my ook aanvaar soos ek is sonder om my te wil verander na jou sieninge of oortuigings.
So los maar die oordel uit en lees die berig vir wat dit is. As dit jou nie aanstaan nie, blaai verby. Jy hoef dit nie te lees nie en jy hoef geaffronteer te voel daaroor nie. En jy hoef ook nie vir MM voor te skryf wat hulle mag of nie mag plaas nie. Hierdie is ‘n gratis diens en ‘n uitstekende een daarby. So geniet dit en beweeg aan na die volgende berig.

Francois ·

Hierdie is gerig aan die mense wat so graag die Ou Testament aanhaal en dit uit die oog verloor dat die Ou Testament grotendeels ‘n wetboek is….voorskrifte wat aan die Israeliete voorgehou is.
Wat mense blykbaar uit die oog verloor is dat Christus gekom het nie om die wet te verbreek nie maar dit te vervul. Ons is vry gemaak van die oordeel van die wet. Geen vlees kan deur die wet regverdig word nie soos oor en oor bewys is. Dit is juis hoekom Christus gestuur is om die prys vir almal se sondes te betaal en ons te verlos van die juk van die wet.
Anders sou jy skuldig wees deur slegs vir iemand te sê “raka” of “stupid” in moderne taalgebruik.

Johannes ·

Francois, beteken dit dud dat ‘n beleidende Christen sy liggaam, wat die tempel van God is en ook Sy eiendom, doelbewus mag verniel en bekrap?

Ek vra net?

Francois ·

(vervolg)
Naaktheid is of was nog nooit as sonde verklaar nie. Dis ‘n menslike instelling en veral na die sondeval van Adam en Eva in tuin van Eden. Hulle het skaamte ontwikkel nadat hulle gesondig het en bewus geword het van hul naaktheid. God het ons liggame geskape na Sy beeld en gelykenis en vir my is dit ‘n pragtige kunswerk, selfs al het ‘n dame ‘n paar oortollige rolletjies. Nie alle persone is geseën met ‘n slanke figuur nie….en wat maak dit nou eintlik saak. As twee mense ooglopend gelukkig is en duidelik verlief is op mekaar, waarom kan jy nie bly wees vir hulle nie. Daar is soveel moord, doodslag, ongeregtigheid en wetteloosheid in die wêreld dat ‘n mens die nuus van die paartjie met blydskap moet bejeën.
Ja die tattoëer merke staan jou nie aan nie, ja die halfnaaktheid staan jou nie aan nie, ja die feit dat hulle slegs verloof is staan jou nie aan nie…maar dit het eintlik niks met jou en jou siening oor die lewe en jou geloofsoortuigings uit te waai nie.
As jy nie die mooi kan sien in hulle liefde vir mekaar, ongeag hoe hulle dit aan die wêreld bekend stel, dan voel ek bitter jammer vir jou want jy gaan met oogklappe deur die lewe en mis soveel mooi en pragtige dinge.

Francois ·

‘n Laaste woord van my kant af. Ek en my vrou fier op die 1st Oktober ons 40ste huweliksherdenking. Baie mense sal sê geluk, pragtig, so bly dat julle so lank by mekaar is. Maar min mense weet hoe ons begin het.
My vrou was 16 en ek 20 toe ons getroud is. Wow….nou sit mense regop!!!
Hoekom so jonk getroud? Omdat ons lief was vir mekaar, ons wou trou en vir altyd bymekaar wees. Ons was nie gepla wat die “wêreld” of familie of vriende of die breêe publiek hiervan sou dink nie. Inteendeel, ons het nie ‘n dinges omgegee nie omdat al wat saak gemaak het die feit dat ek en my vrou bymekaar kon wees.
Vier kinders is uit die huwelik gebore, 2 seuns en 2 dogters. Vandag is 3 van hulle getroud en ons is geseën met 5 kleinkinders (4 dogters en 1 seun).
My vrou is van ons tweede kind se geboorte af oorgewig en het al vele diëete probeer, gewig afgeskud en dit weer opgetel, vir welke rede ookal. En weet jy wat, ek is liewer vir haar vandag as wat ek ooit was.
So moenie vir my kom vertel dat die ekstra rolletjies walglik of aanstootlik is nie. En moenie jou oningeligte opinie lig oor hoekom die persoon oorgewig is. Jy weet nie wat in die persoon se lewe aangaan en het nie eers een tree in daardie persoon se skoene geloop nie.

G ·

Baie geluk met jul 40ste huweliksherdenking! Jou vrou is geseënd om ‘n man te hê wat haar as ‘mooier as ooit’ beskou.

Marietjie ·

Francois, ek het nogal nie gedink ek gaan iets raaklees vandag onder kommentare wat sin maak nie want meeste mense hier is sneeuwit en rein en het nog nooit in hul lewens gesondig nie daarom dat hulle so gemaklik kan oordeel oor ander mense se dinge. Wat het geword van haal eers die balk uit jou eie oog voor jy met my splinter peuter. Baie dankie vir jou kommentaar en mag jy en jou gesin net geseënd gewees. 40 Jaar is `n pragtige mylpaal. `n Baie geseënde dag word jou toegewens. Groete.

Leeutjie ·

Francois ek is daarvan seker dat jy en jou vrou se waardes hoog is! Ek is ook seker dat sy en jy nie vol tatoeermerke en met kaal lywe (hetsy oorgewig of skraal) fotos die wereld sal instuur nie!! Hierdie 2 hierbo lyk asof daar bittermin selfrespek is. Ek is seker hulle kon hulle liefde op ‘n meer prysenswaardige manier gewys het! Die seluliet doen die vrou regtig ‘n onreg aan!

G ·

O, ek lag altyd vir die mensies wat maak of hul so sonder sonde is! En die monde wat so oopstaan oor iemand nie getroud is nie, maar dit en dat doen. Die wêreld sal ‘n beter plek wees as elkeen hul meer bekommer oor wat met hul eie siel gaan gebeur, as wat hul hul wil staan en bekommer oor die ander een se siel. Daar is tonne ongetroude paartjies wat baie liewer is vir mekaar, en meer respek het vir mekaar, as meeste getroude mense. Dis belangriker om getrou te wees aan mekaar, met of sonder ‘n ring, as om onder die vaandel te leef dat jy ‘n heilige is net oor jy ‘n ring dra.

Gawie ·

Die mense wat so die tattoos met die Bybel wil doodgooi – waar trek jy die streep? As julle tattoos wil verbied, moet julle ook enige ander ‘merke’ verbied, soos byvoorbeeld gaatjies in die ore.

fm ·

Niks fout met die foto’s nie. Party van die vrome en die goeie mense se kommentaar hier openbaar nogal baie oor hulself. Dit herinner my nogal aan naby familie wat na hulle aangetroude kinders as aanhangsels (somtyds nog erger) verwys en voortdurend prober om ‘n wig in te dryf (moeilikheid maak) tussen hulle kinders en die aangetroude “aanhangsels” en selfs tussen die kleinkinders! Kortom hulle maak die lewe dikwels ondraaglik vir ander selfs met die toepassing van slinkse en agteraf maniere. En dan word almal rondom hulle voortdurend daaraan herhinder wat ‘n goeie Christen mense hulle is. Ek dink nie dit is lekker om jou Kersmaaltyd alleen te geniet nie en dit kan nogal maklik gebeur selfs al is jy volgens jouself ‘n baie goeie en uiters vrome mens.

Jaaa wat ·

As dit nou ‘n sexy, slanke, goudbruin lyfie in die arms van ‘n ou was sou niemand tien-teen-een fout gevind het daarmee nie want genade, mens sien dan “niks”…

Al wat ek sê is, daai girl het guts om daai spekkerige lyf so ten aanskoue van die hele wêreld ten toon te stel. Hulle kan mekaar HOE lief hê .. dis hulle saak. Maar ja. Smaak verskil.

Stofskoen ·

Die tattoes maak alles so bietjies te grof en vuil….maar elkeen se smaak verskil.

Die res pla my nie, ek jaag eerder ‘n hedendaagse dominee met ‘n besem voor my deur as hierdie twee.

Pieter ·

God het die natuur geskape en gesien dat dit goed was,
Hy het die mens geskape en gesien dat dit goed was.
Hy het die mens die talent gegee om die mooi in die natuur en die mens te sien en te verewig op film, en sulke fotos soos hierdie te kan neem.
Hy het vir my die vermoë gegee om die liefde te sien wat die twee vir mekaar uitstraal, en dit maak die fotos pragtig.
En al wat van die mense hier raaksien is oorgewig, tatoeieer merke en geen trouring nie?
Dit maak my vir julle jammer voel, want julle mis die mooiste deel van die lewe. Die deel wat Hy vir my gegee het om te geniet.
Shame!

Antionette Baie geluk dis ware liefde ·

Ag hulle wys minder as baie vrouens op fb .Net omdat sy oorgewig is en daar tatoo’s is word hulle nou geoordeel ,Mense begin by julle self, “Iemand hier wat so n shoot wil doen.

chantelle ·

vanessa. weet jy ooit waardeur somige groot mense gaan?het dit al ooit by jou opgekom dat dit kan wees a,g,v n mediese probleem? julle kan vinig gal braak oor ander se lywe maar asb gebruik tog jou verstand en dink ook dat dt kan wees a.g.v n mediese probleem

Disselboom ·

So bietjie nadink en mymering bring mens by die gedagte van jare gelede, toe Suid-Afrika as verkramp gesien is, maar nou is ons verlig. Toe Suid-Afrika moordenaars en verkragters tereggestel het en daarvoor ook geleidelik as agter die tyd gesien is – maar nou is ons verlig, oumense word gemartel, daar is omtrent nie ‘n mens in Suid-Afrika wat nog nie op een of ander manier besteel is nie, dominees raak gekonfyt om begrafnisse van vermoordes te moet hanteer. Sal ons nie maar terugkramp na God se eer en Sy Woord toe nie? En dit sluit in om nie kaalparaderings in ons kultuur toe te laat nie, en om dus te vra dat ons Afrikaanse media nie sulke goed publiseer en sodoende meedoen aan die normalisering en aanvaarding van kaal vertoon en tattoëermerke nie. God self het vir die mens klere van vel gemaak – om ordentlik aangetrek te wees is nie maar ‘n menslike willekeur nie.

Jenny ·

As ek na van die kommentare kyk besef ek hoekom ons land in so gemors is, daar is geen sedelikheid meer in die mens nie. Naaktheid of selfs halfnaaktheid behoort in die slaapkamer, God straf hierdie land vir al die goddeloosheid en dat ons mense nie wil bekeer nie.
Spr5:15 Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put. Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine? Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie. Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug—
Jou vrou se liggaam is vir jou alleen, nie vir ander mans om te aanskou nie.

Dok Matrin ·

So as die ou testament dan nou kwansuis deur Jesus vervul is beteken dit dan ek mag maar doen wat Lev 19:29 sê ek mag nie doen nie? Want jy sê dan ek mag nou ‘n tatoe kry wat Lev 19:28 sê ek mag nie.

Andrea ·

Maar jy kan dan niks sien behalwe dit wat mens in elk geval op die strand of in tydskrif advertensies sien nie! Hoe is dit nou onchristelik om iemand se bobeen of arm of ribbekas te sien? Of het die mense wat nou so vreeslik skreeu oor naaktheid goeie verbeeldings en sondig hul in hul gedagtes wanneer hul na die foto’s kyk?

Adriaan ·

Vir die wat hulle so sedelik hou en die toets van christenskap so ongelooflik onbereikbaar maak dat niemand ooit sal glo dat hy/sy gered kan word nie wil ek net paar dingetjies noem:
a) Julle kyk seker geen rolprente nie want daar is permanent maar iets stouts in of ‘n lelike woordjie of twee.
b) Julle blaai seker nie deur die huisgenoot, sarie of rooi rose nie want daar is menigte advertensie van een of ander room of seep waar halfnaaktheid betrokke is.
c) Julle wil seker net van moord en doodslag en Zuma lees en als verder wat negatief in die lewe is.
d) Julle wil seker die tyd oor hê in die veertigs en vyftigs waar ons as kinders naweke in die koshuis moes bly om kerk by te woon, die elle lange sondagskool preke waar ons as kinders getraumatiseer is en skuldig laat voel is oor elke iets wat net afwyk van algehele sedelikheid.

Ek is ‘n Christen en glo ten volle, maar die Here verwag verseker nie dat ek nie sommer lekker kan lag oor hierdie foto’s nie. Die Here verwag verder verseker nie dat ek in ‘n koekon geplaas moet word en myself slegs moet wend tot die artikels wat handel oor plaasmoorde, Gupta’s, Zuma’s, Joost ,Amore ens. nie.

Dankie Maroela vir die artikel. Dis mos iets wat ons as volwassenes verstaan en oor kan lag, dink en tob.

Janine ·

Denise, Nee, natuurlik nie. Want uitgeteer is mos sexy, soos pal in mens se keel afgeforseer word. (Natuurlik met vrouens se fotos wat al so verander is, hulle lyk skoon vreemd)

Namgrl ·

O Liewe Genade, wat ‘n klomp kla Tantes en Oompies!!! Die tattoos lyk pragtig!!! en die dame het ‘n verskriklike sterk persoonlikheid – en sy gee hoop vir ander – wat nie skraal kan word al probeer hul hoe hard. O ja, Geez – HUL IS NIE GETROUD!!!! DIE AARDE SAL BEWE, rerig….kry ‘n lewe!!! Ek weer sal dit nie waag om so iets te doen nie, maar, kudus vir hulle!!! Top punte vir hulle twee. Die ou suur druiwe kan maar nog in die son hang!!!

Louise ·

Dis baie mooi wanneer twee mense life is vir mekaar en mekaar waardeer.
Ek glo nie dit gaan soveel oor oordeel as wat dit gaan oor tussen aanvaarbaar en onaanvaarbaar.
Sal jy wil he eendag lees jou kinders die berig oor jou en sien sulke fotos wat aan die publiek bloot gestel was.
Ek sou my dood skaam, want elke liewe ding in die lewe het n tyd en n plek. Dit gaan oor respek vir mens se ligaam. Dis hoekom daar vandag soveel mans en vrouens is wat mekaar nie meer respekteer nie. want deesdae word daar niks gelos vir die gedagte nie. Als word sommer klaar op n tafel gesit. Niks verwagting of afwagting of enige iets nie.
Dis daar vat dit of los dit.
Wel ek glo nog in die ou tiepe liefde, waar man en vrou mekaar respekteer en die liefde tussen mekaar beskou as n voorreg en nie n reg nie.

Lag 'n slag ·

Ag hoe lekker lag ek nou… Die mense wat so kla oor die fotos, is ook maar lekker nuuskierig, daar staan duidelik bo aan die artikel nie vir sensitiewe kykers nie en die paartjie is nie ten volle geklee nie… maar my vermoede is dat daar dadelik na die fotos gekyk is voordat die artikel gelees is. Ek neem aan die mense wat so kla sit ook dadelik die televisie af as daar’n naak toneel opkom.

Charmaine ·

Dit is goed om iets positiefs te sien, kyk verby die uiterlike en sien die liefde tussen twee mense. Dis ‘n baie mooier prentjie as kapings, moord, korrupsie, kindermishanderling, ongelukke, siektes, vermiste persone, hartseer, trane, pyn….

Christen ·

Geen mens is sonder sonde nie, dis ‘n gegewe. Die wedergebore Christen kry in berou skaam oor sy/haar sonde en bely dit voortdurend voor God. Ongelukkig openbaar die oorgrote meerderheid kommentare oor hierdie berig ‘n onstellende verlustiging in sonde, sonder berou of spyt daaroor. So al asof daar ‘n verwronge kompetisie is oor wie nou eintlik die sondigste is van almal. Dis tragies maar dis duidelik dat talle Afrikaners nie vir God vrees nie, lankal nie meer nie…

Dankbaar ·

Ek net so oneindig dankbaar, elkeen is verantwoordelik vir sy eie lewe eendag …ook is ALMAL gelyk voor sy SKEPPER mbt doen en late noem dit by die naam SONDE.

MARIA ·

KYK EK KAN NE SIEN WAT JULLE SIEN WAT SO LELLIK IS NIE. SY IS HALF KAAL MAAR JY WAT NET DIE FOTO KYK KAN NIKS MEER SIEN AS WAT SY N BEKINI SOU AAN HE NIE.. KURWES IS DIT WAT LELLIK IS VIR JULLE??? EK SE WOW SY HET VOLLE SELFVERTROUE…. EK WENS EK HET SOVEEL SELFVERTROUE GEHAD.. DALK SOU EK DIT OOK GEDOEN HET WIE WEET…. MAAR AS DIT NOU N VROU WAS WAT MOOI GEBOU WAS EN ALLES OP DIE REGTE PLEKKE WAS, SOU JUL IETS DAN SE?

Christen ·

Uit al die veroordelende kommentare en beledigings wat na diegene geslinger is wat gedurf waag het om vanuit ‘n Christelike oogpunt hulself uit te spreek teen hierdie saak, lei ek af dat álmal behalwe die wedergebore kinders van God deesdae menseregte besit. Neem gerus die volgende in ag: Wie ‘n vriend van die wêreld is, word ‘n vyand van God.

Dok Martin ·

Jy het beslis die waarheid beet. Ons is immer geroep om nie deel te wees van die wereld nie. ‘n Afgesonderse mense vir God. Wat nie versoderstel is om dieselfde normes en waardes as die wêreld te hê nie. Die probleem is dat die wêreld al so houvas en greep op die kerk en gelowiges gekry het, dat hulle, hulle geloof meet aan wêreldste standaarde.

Dok Martin ·

Jy het beslis die waarheid beet. Ons is immer geroep om nie deel te wees van die wereld nie. ‘n Afgesonderse mense vir God. Wat nie versoderstel is om dieselfde normes en waardes as die wêreld te hê nie. Die probleem is dat die wêreld al so houvas en greep op die kerk en gelowiges gekry het, dat hulle, hulle geloof meet aan wêreldste standaarde.

Uvonka ·

Pragtige foto’s!!! Hulle liefde vir mekaar is ongetwyfeld dit wat eerste my aandag getrek het. As hulle gemaklik is met hoe hulle lyk, good for them. Dit gaan oor hulle liefde, en niks anders nie.

Maggie Pringle ·

Die Tattoos is aaklig.Hoekom jou liggaam wat volmaak is so verniel.

Ander geloof/ongeloof ·

Alle Afrikaners is NIE Christene nie maar dit maak jou nie ‘n slegte persoon nie.

Helena Sloane ·

Dit lyk of iemand hulle met n nat koerant geslaan het. Dis niks om n bietjie lyf te he nie, maar trek klere aan wat daarby pas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.