[Foto’s] Bejaardes in dié oord kaatjie van die baan  

Foto: iheartcats.com

Foto: iheartcats.com

ʼn Sorgsentrum vir diere en ʼn sorgfasiliteit vir bejaardes het hande gevat, en die uitkoms is wonderlik.

Inwoners van Catalina Springs Memory Care, ʼn sorgfasiliteit vir bejaardes in Arizona in die VSA, help met nou met die versorging van pasgebore katte wat by die Pima-dieresorgsentrum gelaat word. Die bejaardes voer die katjies voer, hou hulle warm en gee sommer boonop ook liefde.

Rebecca Hamilton, direkteur van gesondheidsdienste by Catalina Springs, meen die katte kry alles wat hulle nodig het én meer. Wat dié ooreenkoms egter des te meer spesiaal maak, is die feit dat die bejaardes weer voel hulle word benodig.

“Die begeerte om liefde te gee en te ontvang is steeds daar. Die katjies het ons inwoners die geleentheid gegee om dit weer te kan ervaar, “ sê Hamilton.

Die meeste van die bejaardes het Alzheimer se siekte of demensie en Hamilton meen selfs hierdie siektes kan nie die begeerte om liefde te gee wegneem nie.

“Die meeste van ons inwoners is ouers of grootouers. Die rol van versorger kom dus natuurlik.”

Die direkteure van albei sentrums was vreeslik opgewonde oor die idee, maar niemand het kon dink dat dit só suksesvol sou wees nie.

Wanneer die katte oud genoeg is, word hulle vir aanneming opgegee en die hele proses begin van voor af. Een van die verpleegsters by die sentrum is versot op een van die katte en het reeds aansoek gedoen vir aanneming.

Soveel as 2 100 katjies is in 2015 deur die bejaardes versorg en dit blyk of die program steeds meer momentum kry.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lise ·

Ag moeder! Dit is ‘n wonderlike idee! Foeitog, daar word seker net baie trane gestort wanneer die katjies weer opgegee word vir aanneming. Maar ek weet verseker dat hierdie diertjies baie vreugde verskaf en die oumense voel ook weer hulle het nog ‘n doel en iets om voor op te staan.

Estelle ·

Wat n wonderlike idee om die katjies aan die bejaardes toe te vertrou. So baie van hierdie mense is alleen en soos genoem hul gee liefde en versorg die katjies. Dit laat hierdie mense spesiaal voel om iets te doen en beteken. My hart gaan uit na hierdie mense wat soveel liefde gee en watter blydskap dit in hul lewens bring deur die diertjies by hul te kan hou.

Liza ·

So bly om te sien dat daar nog sulke pragtige mense is wat omgee vir diere, welgedaan…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.