[Foto’s] Bevry van dwelmgreep

Soveel mense raak verstrengel in die web van dwelms en bitter min kry dit reg om daai verslawing te verbreek. Die webwerf Bored Panda het ʼn lys van foto’s saamgestel van mense wat dit wel reggekry het en hulle dus dwelmvry kan verklaar. Kyk hoe verander iemand se voorkoms wanneer hy of sy die dwelmgebruik stopsit.

Vier jaar vry van metamfetamien-verslawing

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

10 jaar dwelmvry ná jare se kristalmetamfetamien-gebruik

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Agt maande sonder heroïen

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Altesaam 826 dae sonder heroïen

dwelmgebruik-3

Foto: boredpanda.com

Ses jaar sonder metamfetamien

dwelmgebruik-4

Foto: boredpanda.com

Ses jaar vry van kokaïen en heroïen

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Agt maande sonder dwelms

dwelmgebruik-5

Foto: boredpanda.com

Agt jaar sonder dwelms of drank

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Chantelle Connoway ·

Dit is asem rowend om die foto’s te sien, ek het my man 19 jaar terug aan dwelms verloor en aan die dood afgestaan, dit is n euwel en ruk n mens tot stilstand veral as jy nie met dit groot geword het nie. Dit is erg om agter te bly en dit vir jou kind te verduidelik wat te klein was om dit te verstaan, wens ek kon my man kry om die dwelms te los dit is hart verskeurend om dit te sien en deur te maak as jy nie self eers geweet het wat sulke goed aan jou kan doen nie.

saartjie ·

hi chantelle ek is saam met u het self n kind wat dwelms gebruik en je dit is hart verskeurend om te sien hoe hulle tot niet gaan maar ons moet vas hou aan GOD SE GENADE

Lena ·

Staaltjie, ek het ook ‘n kind wat verslaaf is. Dit breek ‘n ouerhart in duisend stukkies. Sterkte vir jou. Mag ons kinders uit die greep van verslawing bevry word.

Liza ·

Liewe hemel ek kan dit nie glo wat ek nou gesien het nie…..as ouer kan ek op my kniee gaan vandag en dankie se aan my Vader dat ek nie op so n pad beland het nie asook my kinders….. Dis regtig afgryslik wat dwelms aan ‘n mens kan doen, ek glo dis van die duiwel…..al hierdie vroue en mans so bly dat God julle verlos het van die gemors…….Sterkte vorentoe…….

Andre ·

Die sere in hul gesigte is baie opvallend , is dit agv die dwelms wat die gestel aftakel ?

Anoniem ·

Die sere kom van krap, jou gestel is af dan kry jy n tiepe akniee jy sit en haal dit uit of krap dit uit en dit veroorsaak die sere, ek is 11 jaar skoon van cocaine af en as ek jou fotos moet wys hoe ek toe gelyk het sal jy verstom wees, jy raak maer want jy eet nie en die krap is soos ocd as jy begin hou jy nie op nie

Wow ·

Wow Anoniem, ek is so bly vir jou en opreg trots! As ek sien hoe almal beeldskoon geraak het, nadat hul drugs gelos het, kan ek nie genoeg op en af van dankbaarheid spring nie! Aan die ouers , Saartjie & Lena, hou goeie moed, ons bid vir innerlike genesing sodat hierdie duiwel pad vat.

Gert ·

Prys die Here vir elkeen wat verlos word van ‘n dwelm of drank hel, insluitende almal wat ophou rook. Ek kon met die hulp van die Vader sigarette net neersit nadat ek 35 jaar lank gerook het en was dit November 2016 tien volle jare wat ek nog nooit weer aan ‘n sigaret gevat het nie. Dit is wat ek noem GENADE!!!!!!

Colani ·

Ek het ñ rehap en dit is regtug vreeslik om tesien waar deur almal moet gaan net om dit telos die ontrekkings die crawings maar ek is dankbaar vir elke een in wie se lewe ons ñ verskil kan maak as jy weet van iemand wat dwelims wil los help hulle asb

Theresa ·

Daarom moet elke dwelmhandelaar en -hoof/-sindikaat vasgevat en ongelooflike straf uitdien.

Uvonka ·

Ek het eendag ‘n ou goed uitgetrap wat dwelms verkoop want dit verwoes lewens en sy antwoord aan my was, niemand forseer hulle om by hom te koop nie, dit is en bly hulle eie keuse.

ekwasdaar ·

Ek is Februarie 2017 11 jaar vry na my pad vir amper drie jaar met dwelms, coke, cat en E besaai was. Een dag net besluit ek kan nie meer. Ek het gebruik want ek het eenvoudig net nie die moed gehad om self einde aan my lewe te maak en ek wou sterf met als in my. Een aand het iets in my geknak en ek wou weer lewe. My God was my genadig!

Wow ·

Ek is soooo bly vir jou, nou lewe jy (ekwasdaar), dit is amazing

@ekwasdaar ·

Dit is die enigste manier wat mense dwels los, sy eie besluit, geen dokter/mens/kliniek kan dit namens n persoon doen nie. Die gebruiker moet self sy voet neer sit en daai besluit neem

Nicolene Boshoff ·

Prys Vader!! Mense hulle moet gaan getuig vergeet van skaamkry almal maak foute. Mense moet hoor en sien dat jy kan verlis word daarvan!! Prys Hom vir krag en genade!!

Chris ·

Ek is bly vir die mense wat van die dwelm afhanklikheid “verlos” is. Niemand dwing iemand om drank of sigarette te koop nie. Ek het self gerook. Ek het net een dag besluit ek het nou genoeg gehad. Ek stem saam met die dwelmhandelaar. Ek het vir ons kind gesê hy kan dwelms gebruik. Ek raai hom net aan om dit een keer te doen. Hy moet net seker maak dat hy genoeg daarvan vat sodat dit sy eerste en laaste keer is wat hy dit sal gebruik. Ek wil hom nie in die huis hê waar ek sien sy ma ly ook onder sy verslawing nie. Genadiglik het dit iewers by hom vas gesteek en het hy nooit dwelms gebruik nie. Almal soek foute en verskonings. Soek die fout en die verskoning by die gebruiker. Jy het jou “mind” opgemaak om dit te gebruik. Niemand het my gedwing om te rook of te drink nie. Mense het ‘n brein/verstand om te gebruik. Gaan sit net en dink wat die gevolge vir jouself en vir die mense om jou is. Die terapeute en sielkundiges sal ander verskonings en opinies huldig. Ons almal het groepsdruk gehad. Dit is hoe jy leef, die voorbeeld wat vir jou gestel word en die Genade van Bo wat jou op jou lewenspad sal beskerm.

Stem nie Saam ·

Koos, Chris en ander wat so maklik praat. Ek het ‘n stiefseun wat vasgevang was in die kloue van dwelms. Hy is ‘n jaar deur re-hap THE LION OF JUDAH naby Welkom en nie skaam om sy storie te deel as dit iemand anders kan help nie. Tans studeer hy by die sentrum om ‘n berader te word. Hy vertel hoe slinks die dwelmhandelaar te werk gaan en jammer vir julle as jul weet hoe maklik dit verkrygbaar is (99%) van alle skole, winkels, dorpe en strate, sal jul begin om iets te doen in jul gemeenskap veral as jul self nog kinders op skool het. ‘n Wil help nie dit is deur die genade van God en ouers, familie en vriende wat omgee en help sonder om klippe te gooi!!!!!!!!

Stem nie Saam ·

Alida lees asseblief ander se kommentaar wat alreeds sulke ervarings gehad het sodat jy meer insig rondom die gebruik en hoe dit kan gebeur. Verlede jaar was dit in die nuus van lekkers wat by skole uitgedeel word, die ou plastiese potlood houers met sherbet was vir klein onskuldige kindertjies gegee word. Menige kere is ons kinders gewaarsku om nie sommer met vreemdes te praat nie, maar wanneer soiets gebeur word meestal “maar mammie die oom of tannie was so gaaf”. Bid liewers saam vir ons kinders, klein of groot of jeug en begin om jou hulp aan te bied in jou gemeenskap waar daar wel dwelmhandelaar is, en glo my daar is, partykeer langs jou in ‘n ry by die bank of winkelsentrums. Onthou ons gebruik nie omdat ons so goed is nie dit is net die Here se Genade op jou, my, kinders, kleinkinders, familie, ens se lewens is. Dit gebeur met die beste in die samelewing. Almal is nie sleg wat dit gebruik nie. Ek hoop jy verstaan nou hoekom hul begin.

ekwasdaar ·

Ek het juis einde verlede jaar besluit om getuienis en praatjies te lewer aangaande dwelms, mishandeling. Ek het reeds organisasie waar ek verkragting slagoffers help en bystaan.
In verlede het ek egter nooit erken dat ek self die mishandeling, verkragting en dwelm pad gestap het.
So in alle opsigte is 2017 my jaar van alles oopgooi en erken. Almal kies wel hul pad wat hul stap, maar omstandighede kan mens wel dryf tot keuses.
Vandag is ek dankbaar dat my pad met dwelms gekry is het en dat ek nie bloot self moord uitweg geneem het of kon neem, te wyte aan my tekort aan moed.

Anna ·

Aan elkeen van hierdie mense, en ook Maroela-lesers wat die dwelms kon los – ek is trots op julle. Ek dra jul op in gebed. Mag jul elke dag net sterker word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.