ʼn Blinde labrador van Hollywood in die VSA verower wêreldwyd harte nadat sy vyf jaar gelede ʼn terapiehond geword het net nadat sy haar sig heeltemal verloor het.
Rita Harrell, Harley se eienaar, het aan CBS vertel dat dié vriendelike hond vyf jaar gelede oornag haar sig verloor het weens die oogsiekte gloukoom.
Hoewel sy aanvanklik net blind was, het ʼn veearts Harrell aangeraai om albei Harley se oë te laat verwyder omdat die siekte steeds die senuwee aantas en sy uiteraard in baie pyn is.
Volgens Harrell het Harley na dié operasie ʼn gedaanteverwisseling ondergaan.
“Dit was amper asof sy ʼn nuwe hond is. Sy was weer soos ʼn babahondjie – speels en vriendelik,” vertel sy.
Harrell het haar kort daarna by Paws2Care ingeskryf om ʼn “kursus” vir terapiehonde te ondergaan.
Volgens haar besoek Harley nou weekliks hospitale om siek kinders te vertroos.
“Wanneer ek soggens werk toe ry, hardloop sy uit en wag by die motor – sy lewe vir haar ‘werk’. Dit is al waar sy die hele dag wil wees. Sy is absoluut wonderlik met kinders.”
Harrell sê sy beplan om, wanneer sy eendag aftree, deur die hele VSA saam met Harley te toer.
Harley jy is pragtig en net so mooi soos jou boeties!!
Ag Hailey is net die mooiste ou honne! inderdaad ‘n lieflike hond met die mooiste hart!!! Goeie artikel