[Foto’s] Blomme vir duisende gestorwenes van Anglo-Boereoorlog

Duisende gestorwenes van die Anglo-Boereoorlog is Saterdagoggend by die Irene Kampkerkhof gedenk (Foto: Maroela Media/Cyril Blackburn)

Duisende gestorwenes van die Anglo-Boereoorlog is Saterdagoggend by die Irene Kampkerkhof gedenk (Foto: Maroela Media/Cyril Blackburn)

Honderde Voortrekkers het Saterdagoggend die vroegoggend lentewind op Erfenisdag aangedurf om die duisende vroue en kinders, wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het, met blomme te gedenk by die Irene Konsentrasiekampkerkhof in Pretoria.

Meer as 4 000 vroue en 23 000 kinders is tussen 1899 en 1902 in dié oorlog oorlede.

Dié geleentheid, wat gereël word deur die Erfenisvereniging van Centurion, Die Voortrekkers en die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF), is ʼn jaarlikse instelling om die oorledenes te onthou.

Die gehoor is vermaak deur twee lede van die sanggroep Vivere, Vita Wilkens en Dewald Grobler.

Hoewel die oorspronklike Kampkerhof voor 1958 net hopies klippe was, het die Raad op Oorlogsgrafte op aandrang van die SAVF ná 1958 besluit om die begraafplaas in ʼn gedenktuin te omskep.

Dié begraafplaas is vandag ʼn nasionale gedenkwaardigheid onder die beskerming van die Erfenishulpbronne-agentskap (SAEHA).

Die hoogtepunt van die Voortrekkerfeeste vind op Erfenisdag (24 September) by die Voortrekkermonument in Pretoria plaas. 600 nuwe Voortrekkers word ook tydens dié geleentheid ingelyf.

Vir meer inligting, besoek die Voortrekkers se se webwerf of Facebook-blad. Vir meer inligting oor die feesjaar, stuur ʼn e-pos na [email protected].

Lees meer oor Die Voortrekkers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marianne ·

Sit ‘n blommetjie op jou ouma of oupa groot se naam plaatjie, as jy dit ken… Ja ek het dit ook gedoen…. Was hulle nie ook vryheid vegters nie? Waarom word name soos Steve Bhiko en Nelson Mandela gekoppel aan vryheid? Wat van Erasmus Johannes Smut of Maria Magdalena Botha? Wat van die kindertjies wat onnodiglik en wreed gestref het???
Hoeveel BOERE en hul plaas volk se name is nooit eens geken nie???
NEE ONS LSND IS NIE VRY NIE – ONS IS NOU MEER AS OOIT IN MASSIEWE STREDE GEDOMPEL. ONS LANS IS VERDELG!

Georgie ·

Sjoe, hier is ‘n knop in my keel en my hart voel sommer swaar…meer as 4000 vroue en 23 000 kinders…

Chris ·

As jy werklik wil verstaan wat in die kampe en oorlog gebeur het waar ons voorgeslagte verwoes is gaan lees die boeke: Three Years War; General Christiaan de Wet en n boek wat so pas verskyn het; GELIEFDE VERRAAIER Emily Hobhouse deur Elsabé Brits hy is ook in Engels beskikbaar. Ek het beide hierdie boeke gelees en dit is lewensveranderende leesstof. Groetnis

leon - Centurion ·

Dit was ‘n pragtige, gewyde oggend. Die tuine is pragtig en beslis ‘n besoek waardig. Kom sit vir ‘n oomblik in stilte in die skadu van pragtige inheemse bome!

Jean ·

Baie goeie gebaar, baie mense haak nog by apartheid vas terwyl hierdie wreedhede heeltemal vergeet word. Goed vir julle, bly daar is darem nog mense wat dit gedenk.

Maria van Dieweeck ·

In Howick is daar n monument vir vroue en kinders wat gesterf het onder die Engelse in n kamp daar. Die monument is gelee binne in n groot area by n stadion wat onderhou word vir sokker ens. Die monument word geignoreer deur die munisipale werkers, en is oorgroei, dis so hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.