[Foto’s] Boer jubel ná reën

Foto: Erin Palm Photography

Foto: Erin Palm Photography

Foto’s van ʼn boer van Marble Hall in Limpopo wat saam met sy vierjarige seuntjie in ʼn plas reënwater baljaar uit dankbaarheid oor die reën, het die afgelope paar dae opslae op sosiale media gemaak.

Op die foto’s kan Eddie Palm (32) en sy seuntjie, Ewald, gesien word waar hulle te lekker in ʼn groot plas water op hulle plaas speel. Eddie se vrou, Erin, ʼn professionele fotograaf, het Vrydagmiddag die pragfoto’s van haar man en seun geneem.

Erin het aan Maroela Media vertel dat hulle met verskillende gewasse onder meer mielies, koring, groenbone en sitrus boer. Net soos duisende ander boere regoor die land het hulle plaas ook vanjaar onder die erge droogte gebuk gegaan.

“Ná die ongelooflike 70 mm reën wat ons die afgelope week gekry het, het ek Vrydagmiddag ʼn groot plas water op die plaas sien lê en ek het my man en seuntjie geroep omdat ek geweet het Ewald sal dit geniet om daarin te speel,” het Erin gesê. “Hulle het so lekker gespeel dat ek net my kamera gegryp het en daar gesit en foto’s neem het van die twee. Ek het nooit gedink dat die foto’s so ver sou versprei en mense so sou aangryp nie.”

Erin vertel dat verskeie mense onderaan die foto’s geskryf het hoe dit hulle geraak het en sommige het vertel dat hulle skoon in trane was. “Ek dink die foto’s vang net die ongelooflike dankbaarheid vas wat ons almal voel oor die reën. Ek is nederig dankbaar dat die Here my so kon gebruik om Sy genade onder mense se aandag te bring. Dit gaan glad nie oor my nie, maar oor die Here en ons lofbetuigings aan Hom.”

Erin Palm het goedgunstiglik ingestem om die foto’s met Maroela Media se lesers te deel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Marianne ·

ALLE DANK AAN DIE VADER!
Mag U mildelike base oor nog droe gebiede vloei.

Waghond ·

Baie dankie dat ons in jul vreugde en dankbaarheid kon deel.

Will i am ·

Wonderlik om te sien hoe mense die Heer se goedheid geniet

Justice ·

… het jy al ‘n boer sien dans … Touch of class was in die kol met hul treffer.

Carol ·

Ek huil van dankbaarheid!!. Here deur hierdie seëning wys u net weereens dat gebede dra krag. Dankie vir die lieflike reën van genade. n Boer se dankbaarheid lê nie net in woorde nie mar in sy optrede .

Antoinette ·

As i oud Marble Haller juig ek saam net julle oor die reen. So dankbaar.

Rose Le Roux ·

Ek is ‘n oud inwoner van Marble Hall woon tans in Perth WA. Prys die Here en seen vir julle. Baie dankie dat jul die fotos deel.. ongelooflik dankbaar seenwense uit Australia :)

Estelle ·

Die dankbaarheid word gesien in d fotos. GOD hoor elke gebed. Mag GOD julle ryklik seen en moet nooit op gee nie.

Theresa ·

Fantastiese foto’s – die opregte opgewonde blydskap straal uit hierdie jong boer en pa! Seuntjie skoon oorbluf oor paps se spronge van plesier! Dank die Here vir die milde reëns en antwoord op gebede. Seën en sukses vir hierdie pragtige gesin.

Anoniem ·

Here het ons almal so lief en Hy lag saam met ons. Hy het ook goeie sin vir humor. Dankie vir kosbare foto’s wat met die publiek gedeel is.

Swanna ·

Lieflik boerseun. As ek daar was sou ek dit net so saam met jou dit geniet het.

Gerd Lourens ·

Dis pragtig om te sien. Dankie Jesus!

Ps – die vrolike tweetjies het seker agterop die bakkie huistoe gery…

Pretoria Meisie ·

Boeta Geniet dit amper meer om vir papa dop te hou, dis vir die seun soveel genot om sy papa so gelukkig te sien. Dank die Here vir die wonderlik reen. Stunning foto’s, jy kan trots wees.

nannie ·

Dankie Here vir die wonderlike reen. Dit is nou n boer / man met n dankbare hart teenoor sy Skepper. Dankie dat die fotos met ons gedeel is.

CAROL ·

AMEN EK STEM. ALLE DANKIE AAN DIE HERE!!! AI MAMMA PLEKS JY OOK MAAR N PAAR JUMPS IN DAAI WATER GE VAT HET. (HAHAHA)

Abel ·

Dit is met ñ baie dankbare hart gedoen!!! Alle eer aan ons Hemelse Vader vir die baie nodige reën.

Amen!

J.J Dicks ·

Ons JY/EK het gevra en GOD het gegee soos hy belowe het.Pragtige fotos

susan ·

Dit is pragtige fotos. Die Liewe Vader is so goed vir ons, ons verdien dit nie, maar die seeninge stroom van Sy kant.

Sarie ·

So praat ‘n boer se hart!!! En die Liewe Vader sê ons moet soos kinders wees. Hier is ‘n goeie voorbeeld daarvan.

charlene ·

Shoe maar dis ongelooflike mooi fotos die! Die pa leer sy seun baie mooi, wees lief vir die reen en waardeer die reen. Mag God julle plaas seen in die jare wat voorlê – dis baie mooi fotos van liefde en waardeering! Ongelooflik.
Sarie jy stel dit so mooi!

lettie ·

Pragtige fotos. Dankie Here vir u groot genade deur broodnodige reen te stuur

simone ·

Hierdie foto’s skets dankbaarheid en absolute vreugde uit. Liewe Here, baie dankie, U verhoor gebede. U het genade bewys aan die boere.

Lenie ·

Dankie vir die stunning fotos en n seening om te sien hoe iemand kan jubel en juig oor die milderlike reenval wat Jesus gestuur het en dit nie vanselfsprekend aanvaar soos die meeste van ons doen nie. Jesus sien dit raak. Blessing vir julle

manda ·

Dankie vir die deel van die foto’s dis pragtig. Dit wys ons weereens ons as mense moet terug keer na God en wonderlike dinge sal met ons mense en veral ons boere gebeur , ons moet net bid en glo en glo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.