ʼn Hartroerende toneel het hom Woensdagmiddag in Calvinia in die Noord-Kaap afgespeel toe honderde mense van dié distrik byeengekom het om te bid vir reën.
Burre Burger, ʼn boer van die omgewing, het Woensdag ʼn video en foto’s van dié toneel op Facebook gedeel waar hy smeek dat Suid-Afrikaners vir die droogtegeteisterde gebiede in die land bid.
“Ons kniel voor God en smeek Hom vir reën,” skryf hy. “Hier is ons nou by die leë Kareedam – bid saam met ons.”
Maroela Media het vroeër berig inwoners van dié dorp is rasend van bekommernis omdat Calvinia in een van die ergste watertekorte nóg gedompel is sedert die Kareeedam vroeër vanjaar opgedroog het.
Die dorp het intussen ʼn noodtoestand bereik nadat die watertafel ook drasties gesak het. Die water wat uit die sewe munisipale boorgate verkry word, is brak en nie geskik vir menslike gebruik nie.
Intussen het verskeie organisasies soos AfriForum, Cairing Diasies, Water Shortage South Africa (WSSA) en talle ander weldoeners projekte op die been gebring om die waterbehoeftige inwoners by te staan.
ʼn Lys versamelpunte is intussen geïdentifiseer. As jy betrokke wil raak, kyk hier waar jou naaste versamelpunt is.
Jy kan ook geld skenk. Klik hier vir meer besonderhede oor ʼn trust-fonds.
Jy kan ook die woord “NOOD” na 38312 SMS en sodoende R10 aan die noodfonds skenk.
Kyk die video ook hier.
Begin dankie se vir die reen , ons God is groot .
Ek dink jule gebede is verhoor deur die Skeper en dat Jul reen opad is
Ons bid saam met julle.
Begin om dankie te se vir reen en glo ons God is groot . God sal voorsien .
Burre Burger is adkomstig van Vredendal in Wes Kaap. Hy is die stigter vir Calvinia in Nood. Hy het al oor die 300000 L water in Calvinia laat aflewer en baie voer vir vee en aartappels vir beeste. Hy help ook vir Loeriesfontein Brandvlei Williston en Bitterfontein en Gharries. Hy is n legend.
Waar is julle sambrele???? : )
Mense, onthou, voor jy in gebed kan voor die Vader neerval, moet jy sorg dat ALLE struikelblokke tussen Hom en jou uit die weg geruim is. Onvergewensgesindheid, haat, nyd, jaloesie, ALLE sondes, want hoe kan ons vra vir dit wat ons wil he, as ons nie bereid is om te gee wat HY vra.
Vir die van julle wat voorbereid is, en erns met ons Vader maak vandag – ek hoop julle het almal sambrele saamgebring, want indien nie, is jul geloof maar min werd.
@ balao – as dit die kriteria is wat nodig is voor daar reën gaan kom dan gaan dit nooit reën nie. In sonde gebore en in sonde sal ons sterf.
Ek bid saam – ook vir ons hier waar ons in Wellington woon en dit kurkdroog is.
Ons dink aan julle en ek glo die HERE gaan jule gebedes verhoor,want alles is by hom moontlik.
Baie mooi, as die gemeenskap net so goed kon saamstaan teen misdaad en boeremoord.
In Klerksdorp ook nou heerlike reën gekry, I bid saam almal van julle dat God di sluise van di hemele sal open en reën soos nog nooit tevore ni, dankie Jesus, Amen
Boere in Nood het baie voer as skenkings van Noorde dele van die land. Maar het nie vervoer nie.
Is daar regtig nie maatskappye wat kan help/individue nie?
Van hier ver oorkant die oseaan, is ons harte en gedagtes by ons Boere en die gemeenskappe in die droogte-geteisterde gebiede in die Noord en Wes-Kaap. Ons bid saam met julle en vertrou ons Hemelse Vader sal uitkoms bring.
Sambrele na die vreeslike droogte. ? Nee mense niemand gee dan om om nat te reen ni glo my