[Foto’s] Boetie verras sy sussie: prinses vir ʼn dag

Foto: Christina Michelle, Paint The Sky Photography

Sosialemediagebruikers is gaande oor ʼn reeks foto’s van haar seun en dogter wat ʼn fotograaf van Cincinnati, Christina Michelle, op die Facebook-blad, Love What Matters gedeel het.

Michelle het gesê haar 13-jarige seun, Anthony, het haar gevra om ʼn “Prince Charming”-kostuum vir hom te kry, omdat hy sy vyfjarige sussie, Anabel (“Belle”) met ʼn prinses-fotosessie wou bederf.

Michelle, ʼn fotograaf van Paint The Sky Photography, is self gaande oor Disney-flieks, en sy was dus opgewonde om dié droom te bewaarheid.

“Ons het alles gereed gekry, om seker te maak al die detail is perfek en ons het haar daarna met ʼn splinternuwe Sneeuwitjie-rok verras,” verduidelik sy. “Sy was gaande oor elke oomblik van die fotosessie – mens sien dit duidelik in haar gesigsuitdrukking op elke foto.”

Michelle het gesê sy is baie trots dat sy hulle ma is, en baie gelukkig dat sy dié oomblikke vir ewig op film kon vaslê.

Anthony en Belle is twee van Michelle se sewe kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Yolanda ·

Wat n wonderlike boetie en sy lyk na net so liefdevolle sussie. Myne sal eerder “World of Wars” wil uitbeeld of so iets waar die een die ander een aanval en verslaan. Wat n geseënde ma dat haar kinders so goed oor die weg kom. Hulle ry ook seker in vrede in n kar saam en dis nie n geskreeu en geklap van punt A na punt B nie en…skuif op jy is “in my space” nie….maaaaaaa, kyk wat doen hy/sy. Ek kort n vakansie na n vakansie, al gedink om ook earphones te kry en eers te stop as ek bloed sien, maar my moederhart sal dit nie kan doen nie. Jy kan opvoed soos jy wil en toegooi met liefde, maar soms is hulle nes hulle is. Bly lief vir my fighter bloedjies met al hul dramas en intriges en soms, net soms is daar darem ook n kort…bitter kort, love story voor die oorlog weer begin.

Helien ·

Ag hemel dit is oulik kinders bly maar n vreugde in ons lewe.

Johan ·

Baie oulik maar ek wonder tog hoeveel daarvan was werklik die kinders se eie idee?

Susan ·

Ek dink ook dit oulik, en terselfdertyd wonder ek hoeveel hiervan is alles die kinders se idees. Net soos met honderde ander projekte wat kindertjies begin…… Hulle het tog nie die geld nie en kan beslis nie die volle omvang van al die goeie idees verstaan nie. Wat nog te se alles uitvoer.

Theresa B ·

Ag dit is nou super cute! Vasgevang op fotos vir ewig en altyd!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.