[Foto’s] Brandbestryders gee vir hawelose skoene

Foto: City of Riverside Fire Department/Facebook

Foto: City of Riverside Fire Department/Facebook

Foto’s van die “onbaatsugtige” daad van brandbestryders van Riverside in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië word wyd op sosiale media gedeel.

Brandbestryders van die Riverside-brandweerstasie het op 14 Januarie van ʼn oefening teruggekeer toe hulle ʼn bejaarde hawelose man op ʼn hoofweg aangetref het. Die man het moeilik geloop en nie skoene aangehad nie.

Die brandbestryders het van die pad afgetrek en Dave Gilstrap het sy skoene vir die man aangebied. ʼn Ander brandbestryder, Rob Gabler, het hierna die hawelose man gehelp om die skoene aan te trek en vir hom water gegee.

Foto’s van die voorval gryp sedertdien harte aan en word wyd op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jacoba ·

Die man weet nou waar hy ‘n ewigheids belegging gemaak het waar roes en mot (dief)(rentekoers) (bedrog)niks kan bykom .

Shannon ·

Almal saam mense, een .. twee .. drie “Alle sterkte, jy’s in ons gebede hooooor”

Kallie ·

Dis oordat hulle beroof word van hulle besittings deur ander hawelose kwaad doeners.Shame ek kry hulle so jammer,waar is di man se kinders of familie.Skaam die arme omie se kinders hulle ni hul self om hom so op straat te laat lewe ni.Mag die liewe Here met di omie gaan ek bid vir hom.

charlene ·

Kallie ag dankie tog hier is nog iemand wat dit vra. As ek die ooms en tannies so sien bedel wonder ek die selfde! Waar is hulle kinders????
DPJ ek stem nie saam jou nie hulle kyk nie een keer vir die kamera nie so wie sê hulle wou hê die media moes dit raak sien??
Ek glo daar is nog goeie mense daar buite, baie min maar daar is nog goed in die wrede wêreld van ons.
Mag Onse Here die oom sëen! want genade weet hy verdien dit nie (niemand doen nie)

Berhalet Beukes ·

Wonderlik…. Absoluut wonderlik wanneer mense uitreik en omgee!

snip ·

Bly hy het skoene gekry!!Maar iets anders vang ook my oog-hulle daar in Kalifornie` het ook slaggate en sypaadjie is maar ook onversorg met bossies op die padoppervlak!

Sarel ·

Ja Snip, daar word altyd gedink die gras is groener oor die water, maar dis nie so, GLAD NIE so nie, dis net veiliger,verder is niks beter nie, die res is ook maar sleg of selfs nog slegter.

Johannes Meintjes ·

In vervalle en onverskillige gemeenskappe waar die invloed en kredietwaardigheid van die kerk en Christenskap erg getaan het, is dit dade soos die wat wek en trek. Ongelukkig, – uit ondervinding, – meen ek dat die straatmense ook hulle skoene (gesien as laer prioriteit in die oorlewingstryd) verkoop om geld in die hande te kry.

Fanie ·

Ag en dit is verskriklik om op daardie ouderdom sonder heenkome en in die straat te moet sit. Ek bid dit kom my nie oor!! Dankie vir die Brandweermanne se omgee! Is daar nie mense wat die arme ou man kan huisvesting gee nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.