[Foto’s] Bruid kies eensame bejaardes as strooimeisies

Foto: boredpanda.com

Foto: boredpanda.com

Vir Doriana Miclea van Roemenië, was haar troudag een van die beste dae van haar lewe. Nie net omdat sy met die liefde van haar lewe, Eugen, getrou het nie, maar ook omdat vier van haar goeie vriende dié spesiale dag saam met haar kon vier.

Maar sy het nie hierdie vriende op universiteit of skool ontmoet nie, maar by ʼn groep genaamd Never Alone-friends, ʼn organisasie in Roemenië vir eensame bejaardes. Hierdie organisasie verseker dat geen bejaarde ooit geïsoleerd hoef te voel nie en dat jong mense die kans gegun word om ʼn ander sy van bejaardes te leer ken.

Doriana is al etlike jare ʼn vrywilliger en raadslid van dié organisasie en het vreeslik lief geraak vir vier van die “oumas”.

Die strooimeisies se verantwoordelikheid was onder meer om Doriana te help aantrek en seker te maak sy is die mooiste bruid. Hulle moes help juwele aansit, parfuum spuit en seker maak haar sluier sit perfek. Doriana dink die strooimeisies het hul taak baie ernstig opgeneem en alles met soveel liefde gedoen.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rina Kotze ·

Dit is so spesiaal! Hoop hulle almal het die troue geniet!

Ek het dit geniet en bietjie weggekom van al die slegte nuus!

Ekke ·

Ek dog al die tyd die bruideGOM is die man en die bruid is vrou?

Landi Slatter ·

Dagsê Ekke

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die growwe oorsig, die opskrif is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

LS ·

Wat ‘n mooi storie !!!
Ai, mense het darem maar harte van goud !!!
Maak mens se hart sommer WARM !!!

Ekke ·

Ag, ons almal maak maar soms foutjies Maroela. Ek het eintlik lekker gelag, want hier soek ek die oulike bruidegom wat so goedhartig is. Baie mooi storie, dis hartseer dat ou mensies partymaal sommer net vergeet word. Dink hulle het die dag dalk nog meer geniet as die bruidspaar.

Meraai ·

Ek dink nie sy kon vir beter strooimeisies gevra het nie… Inspirerend en hartroerend mooi! Twee van my beste vriendinne is bejaard en hulle maak so groot verskil in my en my kind se lewens.

Penellope Jones ·

Wat ‘n pragtige verhaal en ‘n pragtige gebaar!!! Ek glo die strooimeisies het baie spesiaal gevoel en sal dit definitief nie vergeet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.