ʼn Chinese paartjie van Beijing, Cao Yuehua (97), en sy vrou, Wang Deyi (98), het vanjaar hul 70ste huweliksherdenking gevier deur hul troue weereens te herleef.
Cao Yuehua en Wang Deyi is op 24 November 1945 in die Northern Hot Springs Park, langs die Jialing-rivier in Chongqing, in die suidweste van China, getroud. Dié paartjie het in 2005 ook troue gehou op dieselfde plek. Sodra daardie 100ste verjaarsdag aanbreek, gaan hulle sommer WEER trou.
Die paartjie se vier kinders het nog elke keer gehelp om dié dag ekstra spesiaal te maak en hul seun, Cao, sê hul liefde vir mekaar word net sterker en sterker. “Hulle is al só lank saam. Deesdae onthou hulle nie veel van hul lewe nie, maar kan steeds die liefdesgedigte opsê wat hulle vir mekaar in die oorlogstyd geskryf het.”
Lees gerus die volledige berig hier.
Dis mos nou wat mens ware liefde noem. Kan almal nie maar soos die paartjie uithou nie. dis so pragtig. Deesdae laat ons als by die deur en vensters uitgooi. Mag hulle hul 100ste verjaarsdae vier en nog steeds weer n troue hou. Sulke goeie brokkie nuus gee mens weer hoop vir ware liefde. Glo hul kinders is trots op hulle. Geluk!!!!