[Foto’s] Derick en Karlien hou partytjie vir tweeling

Karlien saam met haar tweeling. Foto: Halo photography via Facebook

Karlien saam met haar tweeling. Foto: Halo photography via Facebook

Die gewilde Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld het foto’s van haar en Derick Hougaard se skattige tweeling se tweede verjaardagpartytjie op Facebook gedeel.

Hoewel dié tweeling eers op 19 Desember verjaar, het Karlien reeds vir hulle ʼn oulike kinderpartytjie gehou by Taste Life Café.

Karlien het almal op Facebook bedank wat die dag vir haar, die gesin en die tweeling aangenaam gemaak het. Hoewel Van Jaarsveld onlangs van Hougaard geskei is, lyk die gesin dolgelukkig op die foto’s.

Karlien tree op 26 Desember in Hartenbos en op 27 Desember in Stilbaai op.

Besoek Karlien se Facebook-blad om die res van die foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

E.K. ·

Haai ek het pas 60 geword en al my familie hier gehad niemand het van my foto’s op fb geplaas (ek is en WIL nie self op fb wees!) en nog minder op Maroela! Grappie – maar net my manier van spot omdat ons alweer vergas word met hierdie twee wat tog te graag “uit” die kalklig wil wees maar steeds alles oor hulself en wat hul doen vir die wêreld en sy kind wys.

Annie ·

As Karlien se ma nie ingemeng het in hule huwelik nie – was hulle vandag nog getroud. Dankie tog my ma interfeer nie in my lewe nie. Ek dink Derick is ‘n stunning mens.

VYF SENT ·

@E.K. – stem 100 % saam – en volgende week is dit weer in Huisgenooit, met ‘n lange lys van al die besighede ens wat die partytjie geborg het! Kan Karlien nie maar bietjie gaan aanklop by Garnia of Nutrisse en vra dat hulle haar ‘n bietjie borg met haarkleur nie – daai ” black roots” lyk afskuwelik!

pauline ·

Mense mense mense, hou op klippe gooi na mense toe, karlien het daai bed gemaak sy moet maar daar in slp. Derick is n sexy ou al wat saak maak is dat hulle albei daar is vir die kids

Joe Pretorius ·

Vra ek ook …… genade maar sy is beslis lief vir die koerante ( media ) …. sy het sekerlik ‘n vervelige lewe om nou met 2 kinders te sit …..
Dink sy moet gaan aansoek doen by ” playboy ” ….. daar sal sy sekerlik baie aandag kry ….

Z bc ·

Ag dis so lekker om partytjie te hou veral waar kindergesiggies so skater van die lag!!!! Baie geluk met die ou tweetjies se bday en mag hulle julle nog baie meer vreugde vorentoe verskaf!!! Hou aan bederf en lief wees vir hulle.

Willie ·

Assefriekkenblief!! En ek is stupid genoeg om op hierdie soetsappige drek te reageer…

RITA ·

Sies man Willie. Hou jou in………..hoekom lees jy dit in elk geval…..dit is net jaloesie van julle almal af. Sy het baie hard gewerk om te kom waar sy vandag is……..suur druiwe!!!!

Nersderm ·

LMGA WIllie! Ek voel ook so – ek wil nie van die drek weet nie, maar tog lees en reageer ek daarop! Seker maar die schadenfreude wat dit my verskaf. En RIta, ja, sy werk hard, maar soos ‘n mechanic wat ‘n kar se olie vervang. Suur druiwe? Nee, nie regtig nie. Ek geniet dit net om hierdie drek se crash and burn te sien.

Willen ·

Nersie, maar ‘n mechanic werk mos op sy rug? Wat probeer jy se??

Joe Pretorius ·

Genade … alweer Karlien van Jaarsveld …. weet nie hoekom maak mense so ‘n bohaai oor haar nie …. sy is beslis GEEN ” CELEB ” OF ” OIL PAINTING nie …….. sekerlik soek sy nou net sensasie want haar sak geld is sekerlik weer klaar ….

charmaine ·

Die spreekwoord se jy mis iets as jy dit verloof het! Sy gaan nog vir Derick mis en dan het hy hopelik n vrou wat vir hom as mens omgee. Onthou sy het n nuwe CD uit wat moet verkoop. Behalwe die swart roots kan iemand haar by n spraak terapeut uitkry sy sukkel om te praat,so stadig en teemerig sy sing vinnger as wat sy praat. En die arme 2 seuntjies waste tipe mans gaan hulle eendag wees as ouma en mamma nie meer “inmeng” nie?

Hoop Derick kry alles wat goed is en n ouliker vrou wat hom nie net wil gebruik nie.

Klippies ·

Derick lyk nes Zuma wanneer hy lag…. Mond lag maar die ogies is dood..

alida ·

Ag asseblief hou net asb hierdie mense uit die nuus uit. Hulle verveel mens regtig. Mense trou, kry kinders en skei weer. Wat maak hulle anders? Kommin verby !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.