Foto’s: Die dinosourusse is hier!

DinosAlive Pretoria (16)

Die DinosAlive-uitstalling is soos ʼn tydmasjien wat ʼn mens miljoene jare terugvoer in die verlede tot waar 25 oergediertes gesien kan word. Foto’s: Phillip Bruwer.

Hierdie kompetisie is gesluit: Op soek na iets in Pretoria om die jongspan mee besig te hou met al die langnaweke op hande? Neem hulle na die Tshwane Events Centre (ou Pretoria-skouterrein) vir ’n reis terug na die oertyd waar “lewende” dinosourusse majestueus in hul volle glorie pronk.

Die DinosAlive-uitstalling is soos ʼn tydmasjien wat ʼn mens miljoene jare terugvoer in die verlede tot waar 25 oergediertes – van die gevaarlike vleisvreter, die tirannosourus Rex, tot die rustige plantvreter, die trikeratops – gesien kan word.

Hierdie realistiese dinosourusse laat oud en jonk geskiedenis herleef te danke aan hul lewensgetroue bewegings, teksture en geluide.

Buiten die uitstalling kan jong argeoloë in ʼn groot sandpunt rondgrawe vir fossiele en ook ware fossiele beskou, waarna daar heerlik in die Dino Fliekkamer ontspan kan word.

Die dinosourusse kuier tot 17 Mei in Pretoria en kan daagliks besoek word. Deure maak om 09:00 oop en sluit om 19:00; die laaste moontlike toegang is om 17:00. Skooltoergroepe is ook welkom. Klik hier om kaartjies te bespreek.

Die dinosourusse migreer daarna na Bloemfontein waar hulle van Junie tot Julie in Bloemfontein by die skouterrein te sien sal wees.

  • Maroela Media het vier kaartjies om weg te gee vir ʼn gesin wat in die omgewing is om die uitstalling by te woon. Vier kinders kan ook elkeen hul eie DinosAlive-geskenkpakkie wen. Al wat jy moet doen om vir die kompetisie in te skryf, is om jou naam en telefoonnommer te stuur na [email protected] en die volgende maklike vraag te beantwoord: Waar word die DinosAlive-uitstalling aangebied? Wenners sal per e-pos ingelig word en die kompetisie sluit Vrydag 24 April om 12:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Oooooooo!!!!! Ek is bekommerd!!!!!!
Weet die EFF dat hierdie nie STANDBEELDE is??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.