[Foto’s] Egpaar wag 70 jaar om troufoto’s te neem

Foto: boredpanda.com

Ferris (90) en Margaret (89) Romaire. Foto: boredpanda.com

Ferris (90) en Margaret (89) Romaire het die knoop deurgehaak op 24 November 1946, maar kon ongelukkig nie dié spesiale dag op ‘n foto vasvang nie omdat nie een van hulle ʼn kamera gehad het nie.

Met dié egpaar se 70ste huweliksherdenking het hul kleindogter, Amanda Kleckley, besluit om ʼn fotosessie vroeg in Oktober in Pearland, Texas, te reël om hul troudag te herdenk.

Margaret het ʼn pragtige laventel rok vir die geleentheid gekies en Ferris het soos ʼn ware heer gelyk in sy snyerspak.

“Mens kan die liefde tussen dié twee sien. Daar was baie interaksie en gelaggery tussen die verskillende skote. Hulle is ʼn wonderlike voorbeeld van hoe die huwelik moet wees,” sê fotograaf Lara Carter.

Die verliefdes het sommer ook ʼn bietjie raad oor die huwelik aan die fotograaf gegee.

“Mens moet mekaar ruimte gee en dis ook belangrik om mekaar te respekteer. Erken wanneer jy verkeerd is, hoewel Margaret nooit verkeerd is nie,” het Ferris geskerts.

Vir Margaret is dit belangrik om behoorlik jammer te sê wanneer jy verkeerd is.

“Hoewel Ferris soms sukkel om jammer te sê, is dit baie belangrik. As daar ʼn probleem is, moet mens dit uitsorteer en aanbeweeg. Dit is belangrik om soms die minste te wees.”

Ferris en Margaret bly al 65 jaar in dieselfde huis in Morgan City, Louisiana. Hulle het vier kinders, agt kleinkinders en agt agterkleinkinders.

Lank lewe die liefde…

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hanlie ·

Baie geluk!!!! As die jongmense (en ouer mense) vandag na die twee pragtige mense kyk dan kan hulle baie by hulle leer en dan sal daar BAIE minder gebroke huise en kinders wees….

Lena Jonk ·

Baie pragtige voorbeeld vir n huwelik. Die groot probleem in vandag se lewe is, min mense hou nog Godsdiens, daar word nie tyd gemaak om as gesin saam te bid nie, party kinders weet nie hoe om te bid. My kleindogter was in n skool in Pretoria waar elkeen van hulle n beurt gekry het om in hul klas met gebed te open toe dit n sekere seuntjie se beurt was om te bid : Gee ons spys en drank en slaan die duiwel met n plank. Dit was seker opreg maar dit wys net weer die hoe in die huis gebid word. Those who prays together stays together.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.