[Foto’s en video] 94-jarige se beste oplossing teen eensaamheid

Keith Davison (Foto: Boyd Huppert)

Regter Keith Davison (94) was baie eensaam nadat hy sy vrou, Evy, in April 2016 aan die dood afgestaan het. Hy het egter ʼn blink plan beraam om die eensaamheid te verdryf.

Die egpaar was 66 jaar getroud. “Ek kon net nie meer die stilte verduur nie. Mens kan jou nie indink hoe dit is nie,” verduidelik Davison. “Mens huil baie. Dis maar net hoe dit is, want sy is nie meer hier nie.”

Die afgetrede regter van Morris in Minnesota, VSA, het toe besluit om ʼn swembad in sy erf op te rig en nou het hy só baie besoekers dat sy huis nooit weer sal stil wees nie!

Die swembad, ongeveer 10 m x 5 m, is vroeër vanjaar geïnstalleer en hy het die bure se kinders oorgenooi. Hy het intussen ook ʼn swembadheining vir veiligheid opgesit en eis ook dat daar ʼn volwassene moet by wees wanneer die kinders kom swem.

Hy het drie volwasse kinders, maar nie enige kleinkinders nie. Een van die bure het egter vir hom gesê: “Jy het nou eintlik die hele buurt se kinders aangeneem. Hulle is nou jou kleinkinders!”

Davison is nie meer eensaam nie en geniet dit selfs om self bietjie in die swembad te klim – sodra hy kans kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lizé ·

Ek sal nie wil gaan swem as ‘n ou oom vir my sit en kyk nie.

madels ·

Wat n fantastiese idee van die Ou Oompie. Nou kan hy elke dag skater van die lag vir al die mannewales van die kinders in die swembad. Dis baie kosbaar!

Rina ·

Siestog – ek dink hy het net goed bedoel en wat ‘n puik plan om heeltyd omring te wees deur positiewe en vrolike energie/geselskap ens. ‘n Regter van sy statuur glo ek nie sal enige slegte bymotiewe he nie – salueer jou U Edele!

Ouvrou ·

Ek kan my niks aakligers voorstel nie. Al daai kinders!! Dit gee my die piep. Gelukkig hou ek van doodse stilte en my eie geselskap. Selfs n radio dryf my teen die mure uit. Kry liewer n klomp diere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.