[Foto’s en video] Meer oor Mej. SA 2017

Demi-Leigh Nel-Peters tydens Sondagaand se geleentheid. Foto: Via @Official_MissSA / Twitter

Die Suid-Afrikaanse skoonheid Demi-Leigh Nel-Peters (21) van Sedgefield in die Wes-Kaap is Sondagaand as die 59ste Mej. SA gekroon.

Demi-Leigh, ʼn oudstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, het ook in 2015 die Mej. Varsitybeker-kroon gedra.

Sy het in 2016 ʼn graad in BCom (Besigheidsbestuur en Entrepreneurskap) aan dié universiteit voltooi.

Die skoonheid het Sondag in ʼn verklaring gesê dit was nog altyd een van haar grootste ideale om die Mej. SA-kroon te dra.

“As jong dogtertjie het ek na Mej. SA gekyk en gehoop dat ek eendag self op daardie einste verhoog sal kan loop. Vanaand is my droom bewaarheid,” het sy gesê.

Sy het tydens haar aanvaardingstoespraak die harte van duisende gesteel ná haar belofte om Suid-Afrika se mense te dien en ʼn positiewe rol te as Mej. SA te vervul.

“Ek beloof om die volgende 365 dae deur te bring deur die mense van Suid-Afrika te dien, om ʼn stem te wees vir diegene wat bang is of nie self ʼn platform het nie en om die hele land te verteenwoordig. Ek beloof om te luister, om altyd daar te wees, om te help waar ek kan en om raak te sien dat ons almal gehoor en erken wil word,” het sy gesê.

Die NWU het Sondag in ʼn verklaring gesê die universiteit beplan om haar binnekort na die Potchefstroomkampus te nooi om saam met haar dié prestasie te vier.

Adé van Heerden (25) is Sondagaand as die eerste prinses gekroon en sal Demi-Leigh verteenwoordig as sy nie beskikbaar is nie. Boipelo Mabe (23) is as tweede prinses aangewys.

Benewens die topskoonheidstitel, het Demi-Leigh ʼn kontantprys van R1 miljoen gewen. Sy kry ook ʼn nuwe motor, ʼn oorsese vakansie en ander pryse ter waarde van meer as R2 miljoen.

https://youtu.be/gopQJf5Hcac

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pragtig ·

Jy is ‘n pragtige sonstraal kind, ek het van die begin gedink, jy het net daai bietjie meer natuurlike sonnige geaardheid, die ander was ook almal pragtig en enige een kon wen, baie geluk weereens aan elkeen wat top 8 gemaak het en dan aan jul 3tjies wat bevoorreg is met die 1ste 3 plekke, almal pragtig. Demi, sterkte vir jou harde werk jaar en geniet al die bederf en positiewe, dit sal die werklas makliker maak.

SUE ·

WOWWWW, NIE HET PUKKE DIE SLIMSTE STUDENTE NIE MAAR OOK DIè MOOISTE MEISIES!!!!

Uvonka ·

Pragtig, ‘n waardige wenner! Daai groen rok………OMS maar dit is asemrowend mooi!

Marietjie ·

Sy is beeldskoon. Wat n prag mens. Trots op ons nuwe Mej SA 2017….. gaan groot en hou jou oe op God gerig. Xxxx

Daleen ·

Trek sy nie vir julle na Rolene Strauss nie? Net so mooi ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.