[Foto’s] Erg vernielde hond kry goeie huis

Boeta slaap gelukkig by sy nuwe huis (Foto: Verskaf)

ʼn Jack Russell wat verlede maand in ʼn vernielde toestand by ʼn skool in Bloemfontein gevind is, is onlangs deur ʼn liefdevolle gesin aangeneem.

Maroela Media het vroeër berig dié hond, wat net een oor en oog het, is deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gered. “Hy het erge oorinfeksie gehad. Die veearts wat hom ondersoek het, vermoed ook dat die wond self toegegroei het nadat hy sy oog verloor het,” het Reinet Meyer, senior inspekteur by die DBV in Bloemfontein, gesê. Geen nuwe inligting is intussen gekry oor waar die hond vandaan kom nie, maar sy lewensverhaal het ʼn goeie wending geneem nadat hy vandeesmaand ʼn nuwe huis gekry het.

“Daar was navrae reg oor die land – van Kaapstad tot Durban wou mense die hondjie aanneem.” Meyer vertel hulle het deur die lang lys van mense gewerk en uiteindelik die perfekte huis geïdentifiseer.

“Ons het Saterdag weer vir hom gaan kuier by sy nuwe huis en hy word omtrent bederf,” het Meyer laat hoor. “Hy slaap op die bed saam met sy nuwe ouers en sodra hulle in die oggend hul oë oopmaak, is hy die eerste een wat soene uitdeel.”

Boeta, soos sy nuwe gesin hom noem, het nie net drie nuwe hondemaats bygekry nie; hy het ook iemand wat heeldag by die huis is om vir hom liefde te gee.

Meyer vertel dat hierdie storie werklik ʼn uitsondering is. “Hy het baie swaar gekry, is erg mishandel en ons het ons bes probeer om hom gelukkig te maak. Dis nou gelukkig oor en verby.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

E.K. ·

Baie bly hieroor. Maar mense wat hom wou aanneem – soos die berig meld van reg oor die land, gaan asb na jul naaste diereskuiling en gaan kyk, daar is baie soos die ou brakkie en gaan neem een aan!

Sonja Coetzee ·

BOETA’TJIE IS TE DIERBAAR VIR WOORDE!!!MAG HY NOG MEER GELUKKIGER WEES AS WAT HY REEDS IS!!!!

Andre ·

Mense wat so iets aan n onskuldige diertjie kan doen het geen siel nie ! Dink net wat hulle aan ander mense sal doen.Ek sal seker eendag veroordeel word vir die gedagtes wat my siel laat oorkook. Sien ek nou my Jack Russeltjie se gesiggie voor my………….!

BOLANDER ·

Het nie woorde om sulke monsters te beskryf nie!!!!!!!!!!!!!! Is net baie dankbaar die ou dingetjie is nou gelukkig. Dankie vir engele op hierdie wrede aarde!!!

SUPPORTER ·

Hoekom verniel mense nog honde? OMDAT HULLE KAN. Omdat daar nie stappe teen hulle geneem word nie. Sou daar ‘n saak teen hulle gemaak word, word dit uitgegooi, sou die saak wel voortgaan en hulle skuldig bevind word kry hulle ‘gemeenskapsdiens’. Julle wil nie sien wat met diere gebeur nie. Hoe hulle gemartel, verkrag en verhonger word en met kookolie verbrand word nie, hoe hulle aan halwe meter toutjies gehou word en so moet geboorte skenk terwyl hulle babatjies in die water om om hulle verdrink nie .. NEE MAAR DIS OK< DIS NET 'n HOND!!!

Leon van Rensburg ·

Die blinde sambok looi, die mense wat dit aan hierdie diertjie gedoen het sal dit sewe maal vuldig terug kry. Hoe kan mense dit aan ‘n diertjie doen???
Ek is geleer deur my oorlede pa dat jy nooit inmeng nie behalwe, as mans vrouens en kinders aanrand, en waar mense diertjies aanrand, onversorgd gelaat word, en mishandel word.

Leon

Amanda Owen ·

Ai dit breek my hart as diere so verniel/verwaarloos word. HOE doen “mense” dit aan so ‘n weerlose wese???? Dankie dat julle jul oor hom ontferm het!!

E.K. - ek sê net! ·

Gister op Skynews gehoor dat daar in die sg High Street winkels (top winkels dan nou maar) in Lodnen bevind is dat produkte wat as nagebootste of dan “fake” pels werklik pels vand iere bevat onder meer katte. Ja, huiskatte mense. Een vrou het ‘n winkel aangevat toe sy skoene met pelsversielsels gekoop het en bevind het dis wel EGTE pels. Raai waar kom dit vandaan. China. Jip, daar was ‘n man (van een of ander organisasie teen sulke dinge)wat toe gepraat het en gesê dis ontsaglik wreed hoe dit met daardie diere gaan. Katte word soms lewendig afgeslag. Hul word doodgeskok, verhonger ens want dis net die pels/vleis wat saakmaak. Hul word in klein hokkies aangehou en glad nie juis versorg en dan raak daardie diere basies mal en begin mekaar vreet ens. Dis ongelooflik. Alles net om geld te maak. Die mens is die wreedste dier op aarde. En voor jul my aanval die mens word wel onder Animalia geklassifiseer – dus die diereryk. Ek verstaan ook hoekom. Sommige het nog nie daardie tree vorentoe gegee nie. Die iwnkels het reageer dat hul nie sou bewus wees dat hul wel werklike dierpels verkoop en die saak ondersoek. Hoop hul kansselleer sommer ALLE aankope uit lande uit die Ooste want China is nie al skuldige nie.

Cindy ·

Ek weier ook om enige kledingstuk of speelding met “nagemaakte pels” te koop, veral as dit uit oosterse lande kom. Meeste van ons groot (en duur) winkels se klere is “made in China”

E.K. - ek sê net! ·

Cindy ek stem. Hul klere is ook swak standaard. Neem net as voorbeeld t-hemde, of jy by Woolies, Truworths of waar ookal koop, dis so dun en krimp baiekeer in die was en mens kan sommer agterkom dit word in die Ooste gemaak want die grootte is nooit reg nie, beslis vir kleiner geboude mense gemaak. Maar ja, wie gee regtig om, mens weet ook dat baie van die produkte gemaak word deur mense wat soos slawe behandel word. Wêreld is SIEK.

Gertjie ·

Boeta het nou met sy alie in die botter geval. Dankie dat julle hom aangeneem het, julle is wonderlik.

Louisa Cromhout ·

DANKIE TOG ….,dat daar mense is wat diere waardeer en lief het ..dankie julle dat jul die pragtige hond so mooi versorg…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.