Foto’s: Gemeenskap help motorwagte met hul droomtroudag

Marius du Preez (middel) saam met sy bruid, Hannetjie. (Foto: Facebook)

Marius du Preez (middel) saam met sy bruid, Hannetjie. (Foto: Facebook)

Toe Heleen van Zyl van Meyerton verneem die twee motorwagte wat daagliks oor haar motor wag hou staan op trou, het sy besluit sy moet help om dit ʼn dag te maak wat hulle nie gou sal vergeet nie.

Van Zyl, ʼn binnehuisversierder wat elke dag voor Habby & Lace in Vereeniging stilhou om aankope te doen vir haar sakeonderneming, het aan Maroela Media vertel die motorwag, Marius du Preez, het haar kom vertel dat hy verloof is aan sy kollega, Hannetjie, en dat hulle in die hof sal moet trou weens finansiële redes.

“Hy het vir my gesê dit is sy hartsbegeerte om eerder in ʼn kerk of saam met familie en vriende sy troudag te deel. Dit was vir hom ʼn groot gedoente en hy wou dit spesiaal maak. Ek het vir hom gesê ek sal so ʼn bietjie daaroor nadink en later weer met hom gesels,” vertel Van Zyl.

Sy sê sy het binne enkele dae, met die hulp van haar bure en familielede op Meyerton, reëlings getref sodat Hannetjie en Marius ʼn onvergeetlike troudag kon beleef.

“My swaer, pastoor Jaco van der Berg, het ingestem om die diens te lei. Hy het gesê Marius moet hom kontak en saam het dié twee ooreengekom oor die diens vir die dag. Jaco se vrou, Elsabe, het onder meer gesorg vir Hannetjie se handruiker.”

Van Zyl vertel sy het self gesorg vir Hannetjie se uitrusting. “Ek het vir Marius gesê hy hoef nie bekommerd te wees nie, ek sal sorg dat sy bruid mooi is vir die dag. Ek het vir haar ʼn rokkie, onderklere, parfuum en juwele gekoop.”

Hannetjie voor en na die behandelings deur Salon Zanique. (Foto: Facebook)

Hannetjie voor en na die behandelings deur Salon Zanique. (Foto: Facebook)

Sy sê haar skoondogter, eienaar van Salon Zanique, het vir Hannetjie gepamperlang voor die troudag. “Annelize en Jolene van die salon het Hannetjie se hare gekleur en ingedraai, haar naels versorg en haar grimering gedoen.”

Volgens Van Zyl was Hannetjie heeltemal oorweldig deur al die aandag. “Sy het heeltyd gesê sy verdien dit nie en was baie tranerig. Ons het maar probeer keer dat sy nie huil nie, jy weet, vir die make-up,” lag sy.

Marius het gesorg vir sy eie klere en het Vrydagmiddag op die perseel in Vereeniging waar die troue plaasgevind het in ʼn ander kamer aangetrek terwyl Van Zyl gesorg het vir ʼn ekstra verrassing. Marius en Hannetjie huur ook saam ʼn kamer op dié perseel.

“My bure, Willie en Hannetjie Opperman en Rina Davies, het aangebied om te help om Marius en Hannetjie se kamer wat hulle huur mooi te maak. Tussen ons klomp het ons die kamer so te sê nuut oorgedoen met splinternuwe beddegoed, linne en kussings.”

Marius en Hannetjie se kamer nadat Heleen en haar bure dit vir hulle opgedollie het. (Foto: Facebook)

Marius en Hannetjie se kamer nadat Heleen en haar bure dit vir hulle opgedollie het. (Foto: Facebook)

Sy vertel sy het die dag van die troue vir Marius gesê hy mag nie in hul kamer ingaan nie. “Hy vertel hy het gedink ek wou hom ʼn poets bak. Toe hulle in daai kamer instap en die nuwe beddegoed sien, het hulle amper flou geraak. Hulle het dit glad nie verwag nie.”

Van Zyl sê Marius en Hannetjie het na afloop van die seremonie saam met ʼn handjievol vriende gekuier. “Die eienaar van die perseel waar hulle woon het gesorg vir koek en tee en ʼn paar ander verversings.”

Van Zyl het gesorg vir die versiering van die gazebo waar onder Marius en Hannetjie trou aan mekaar beloof het. Davies het die troukar bestuur.

“Die dankbaarheid wat uit dié twee mense kom kan amper nie in woorde beskryf word nie. Marius vertel vir my hoe lekker warm slaap hulle nou in die aande en Hannetjie het in trane uitgebars toe ek nou vir haar van die foto’s wys. Jy weet, sy het nie ʼn selfoon waarheen ʼn mens foto’s kan aanstuur nie. Toe sy haarself sien op die foto’s het sy dadelik in trane uitgebars. Sy kon nie glo dit is sy nie.”

Sy benadruk die hulp wat die gemeenskap aangebied het om vir Hannetjie en Marius ʼn sprokiestroue te kon gee. “Sonder almal se bydrae sou ek dit nie kon doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Natasja ·

Wat ‘n stunning storie. God stuur mense om ons lewens beuatiful te maak.

Santjie ·

Wat ‘n mooi ding om te doen. Dis altyd lekker om te gee, veral as mense dit nog waardeer ook.

Joey nortje ·

So mooi gebaar om te sien mense kan die medemens bystaan. So mooi hul al 2 het pragtig gelyk geen moeite was teveel vir di mense wat so fluks die reëlings getref het nie weldone ek glo daai 2 harte het gejuig God is groot maak droome waar!!

Mickey ·

Mooi gedoen. Het sommer n knop in die keel oor die storie. Welgedaan aan almal wat gehelp het om hierdie dag spesiaal te maak vir die 2 mensies

Adri ·

Hoekom sien ek nie die foto’s nie? Ek sien net die ondersrifte.

brens ·

Wat n pragtige storie! Heleen van Zyl jy is n ware engel! Jy het die 2 se dag baie spesiaal gemaak; genade ek lief verhale soos die; n ware sprokie.

Blommie ·

Sjoe Heleen, watse heldin was jy nie net vir hierdie twee mense nie.
Mens is so gou om te oordeel, maar wanneer jy van die hand tot die mond leef is die lewe net onregverdig, want as dit reen dan haal dit ook sommer.
Maar ek wil vandag se dat ek respek het vir mense wat elke dag opstaan en gaan werk ongeag omstandighede. Wat my kwaad maak is wanneer mense vra vir geld, gee my geld. hulle staan nie daar en vra vir werk nie. Maar wat julle vir die twee mense beteken het op hulle spesiale dag is net ongelooflik!

Dalena Coetzee ·

Wat ‘n pragtige gebaar van liefde en omgee aan twee mense wat dit nie breed het nie, maar hard werk om ‘n lewe te maak. Heleen, jy en jou familie sal God se seën ontvang vir jul onbaatsugtige liefde aan Marius en Hannetjie!

Landi ·

Sjoe dit maak sommer mens se dag as jy nog sulke engele kry. Dit is wonderlik en wens meer mense kan goed doen vir ander wat dit nie kan bekostig nie. Almal wil tog een of ander tyd spesiaal voel en bederf word. Almal wat deel was van hierdie “operasie” is sommer net awesome

Ronel ·

Dis ongelooflik. Baie dankie vir mense soos jy. Trane sit maar vlak.

Lollie ·

Pragtige verhaal! Dankie aan almal wat betrokke was met hierdie enorme liefdes taak, God seën julle!!!!

Hartroerend ·

Sit ek nou hier en tjank my oë uit (wat nie moeilik is nie :) ) – dit is net so ongelooflik dierbaar van al die mense om hierdie dag vir hulle spesiaal te maak – julle is beslis God se Engele. “Well done”!! Heleen van Zyl jou hart is van pure goud gemaak.

Nici ·

Baie geluk Marius en Hannetjie! Mag julle vir altyd gelukkig wees!

Hierdie is voorwaar ‘n ‘feel good’ storie wat mens se hart warm laat klop op ‘n koue Maandag!

Lynn ·

Ekt trane in my oe gekry. Weereens het ek besef ek moet dankbaar wees vir wat ek het. Mag God Jul huwelik Seen en elke mens wat dit vir jul moontlik gemaak het vir julle special dag.

LIZLE ·

Ek het nie woorde nie. Daar is soveel engele wat daar buite rondloop met sulke mooi harte. Mag Marius en Hannetjie net gebless wees vir baie jare saam en mag ons Hemelse Vader hulle oorvloedig seen!

LIZLE ·

En om by te voeg….vir elkeen wat gehelp het om die tweetjies se dag so spesiaal te maak, mag God julle ryklik seen!

Ek wil gee ·

Maroela Media kan jul asb my besonderhede vir Heleen stuur ek het goeie tweedehandse klere wat ek graag wil skenk. Wag nou al twee jaar dat ek moet krimp. Haha!!

Shaun ·

Dis mos wat ek wil lees ! Elke dag sien ek hoe gou mense is om net te oordeel en die sleg in ander te sien. En hier kom ‘n handjie vol mense en besluit om die tweetjies te bederf met ‘n hartswens en ‘n spesiale dag. Ek weet mans is sterk en mans huil nie. Of so sê hulle. Mar ek is jammer manne, ek het dai toetsie gedop. Die trane loop nou.

Dorinkie ·

Wow! Hannetjie is ‘n pragtige vrou! Wel gedaan julle dit is ongelooflik hoe almal saamgestaan het vir hierdie twee mense. Ek wens hulle ‘n geseënde lewe toe. Warm groete uit ‘n koue New Zealand.

Sandra du Plessis ·

Almal is hartseer en stort n traan oor die sprokies troue, maar is daar niemand wat die mense kan help en n permanente werk kan aanbied nie. As ek kon sou ek. Hulle lyk soos mense wat n harde lewe het maar wat kan werk

Trien ·

‘n Pluimpie vir almal wat bygedra het om die dag spesiaal te maak! Dis SO lekker om goeie nuus te lees!!

B ·

So mooi! Lekker om so iets te lees en nie net van al die hartseer en moord in ons land nie

Marita ·

Dis nou die liefde wat Jesus vra ons moet uitleef teenoor mekaar. Blessings

Erika ·

Stuur asseblief my e-pos adres vir Heleen, ek het ook klere wat ek wil skenk, asseblief.

Baie mooi storie, sit hier met trane vlak in my oë.

Heleen jy is ‘n engel, GOD se liggie skyn baie helder deur jou.

Tina ·

Hannetjie se transformasie is verstommend, sy het absoluut pragtig gelyk!

Jenny Thom ·

Heleen, jy is verseker een van baie van Majesteit YHWH se engele. Baie dankie vir die wonderlike gebaar wat nooit vergeet sal word nie. Baie geseende dag en toekoms vir jou en jou geliefdes. Baie geluk met die paartjie, begin jul pad van geluk saam met ons hemelse ABBA Vader, erken Hom in alles wat jul doen, en bemin Hom met jul hele hart, jul hele siel, jul hele verstand en al jul kragte. Ken Hom in elke pad wat julle stap en Hy sal elke pad vir julle gelykmaak. Lees Sy Woord, en leer Hom ken vir Wie julle baie kosbaar is!! Vriendelike groete, Jenny

Marietjie ·

Wat ‘n mooi verhaal trane lê vlak in my oë. Baie dankie aan almal wat bygedra het om hierdie 2 mense se dag so spesiaal te maak. Mag die Here elkeen van julle in alle opsigte seen. Wys net ons kan nog goed doen teenoor mekaar.

Pers Heks ·

Wat ‘n onbaatsugtige gebaar!!! There is still good people in the world!!

Sharon ·

Soooooo……….ongelooflik wonderlik aan almal wat dit gedoen het!!!!

M ·

Dis so wonderlik! Ons moet verseker meer ander om ons help, en so sal die wereld stukkie vir stukkie verander.

Amelia ·

Ek is so bly dat ek afgekom het op die mooi boodskappe waar goeie berigte geplaas word. Ek lees deesdae net Maroela om dit te kan lees as daar is bygese. Dit gee mens krag om te glo en te weet dat daar nog goeie goed iewers gebeur, in ons land.

Denise ·

Heleen dankie vir jou omgee hulle lyk pragtig en die kamer lyk super cool !!!

Rina ·

Nou loop die trane – wat ‘n mooi gebaar! Mag almal wat betrokke was geseen word. Dis hoe ons Jesus se liefde in hierdie wereld moet laat skyn. Mag Marius en Hannetjie baie gelukkig wees.

Genieve ·

Ek wil sommer huil whooo wat n mooi storie hoe die Here in iemand se hart werk om ander te help..mag julle geseend wees by jule uitgang en ingang.

CS ·

Sjoe, sy is eintlik ‘n pragtige vrou, g’n wonder haar man kon nie ophou kyk vir haar nie. Dis pragtig en dankie aan almal wat hulle dag so spesiaal gemaak het

Liedie Odendaal ·

Ek het net trane en se dankie vir die Engele. Laat n mens net weereens besef ons kla met n witbrood onder elke arm. So bly hulle kon n mooi troue he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.