[Foto’s] Hantam-Karoo-gedig raak duisende harte

Ouma Any (Foto: Nakkie/Liezel van Wyk)

Verlede jaar toe die Hantam-Karoo onder erge droogte gebuk gegaan het, was Ouma Any (86) – ʼn jarelange inwoner van dié dorp – op haar knieë gedwing. Sy het haar hande saamgevou en gebid dat die Jirre die reën moet stuur sodat die droë vlaktes kon reën kry en die diere kon water drink en die blomme kon groei.

Dié reën het nóg nie gekom nie; om die waarheid te sê, die Hantam-Karoo het vanjaar nog net sowat 35 mm reën gehad en die mense van dié omgewing is daagliks op hul knieë om te smeek vir reën.

Liezel (Nakkie) van Wyk, ʼn inwoner van dié omgewing, vertel sy het verlede jaar ʼn foto van Ouma Any geneem terwyl sy besig was om te bid vir reën.

Toe ʼn vriendin haar onlangs ʼn gedig –  ʼn smeekgebed vir reën – gee, het sy dié gedig in ʼn Hantam Karoo-idioom herskryf omdat die inwoners van die distrik die droogte én die moedeloosheid wat daarmee gepaard gaan goed ken.

Van Wyk het dié gedig op sosiale media gedeel, waarna dit soos ʼn veldbrand versprei het.

“Ouma Any se gesig en die feit dat sy gebid het vir reën het vir my baie goed saam met die gedig gewerk – die twee gaan hand aand hand. Dit is waarom ek dit die Hantam Karoo-weergawe genoem het, aangesien Ouma Any deel is van die plaas waar ons tans onder ʼn erge droogte gebuk gaan.

“Dit was laas in 1960 so droog soos nou. Daardie jaar het die plaas 27 mm reën gehad en ons het vanjaar die hele jaar nog net 35 mm reën gehad. Die skape moet daagliks gevoer word, so hierdie gedig dra swaar in ons harte en ons weet wat droogte is,” vertel sy.

Dit is nie bekend wie die oorspronklike skrywer van die gedig is nie.

Hiermee die Hantam-Karoo-gedig:

Ouma Any van Gannabos bid vir reent
More my Jirre,
Vandag is ou Any vroeg op;
ek sien daar ver agter die berg
kom wys die son sy kop.
Die vlaktes is droog
dit soek water, my Jirre,
die son brand
daar op my draad se klere.
My Jirre, die laaste reent
het vir Any trane gebring,
maar ek het weer opgebou
en my hart het aanhou sing.
Die land bid vir reent,
die boere kry swaar.
Jirre, skud daai hemel
dat die reent neer kan daal!
My Jirre, die son brand
hard op die droe aare,
maar ou Any, my Jirre,
sy maak nie besware.
Sy los die werke van die groot Man
in sy eie hande,
maar ou Any bid saam die boere
vir bietjie water vir hul lande.
Seën ons boere, my Jirre,
en seën hierdie land;
doen U die werk daarbo
en ou Any sal bid aan hierie kant.

Ouma Any (Foto: Nakkie/Liezel van Wyk)

Die droogte in die Hantam-Karoo (Foto: Nakkie/Liezel van Wyk)

Die droogte in die Hantam-Karoo (Foto: Nakkie/Liezel van Wyk)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kosmos ·

Ouma Any…ons bid saam vir reent..dankie Onse Groot God..Amen

Anoniem ·

Ouma Any bid alleen . Kom ons buig nou almal wat hierdie nou lees ons hoofed en bid saam met haar vir reen vir die boere.
Vader God ons kom bely vanoggend ons verkeerde handeling teenoor U en ons mede mens. Ons vra vir vergifnis. Ons dank U dat ons nou vergifnis ontvang deur die kosbare bloed van U Seun Christus Jesus. Vader U sien ons nood vir reen en ons bid tot U dat U die sluise van die hemel sal oopmaak en vir ons reen sal gee. Dat U ons sal seen met genoegsame reen sodat die land wat deur ons as boer bewerk work n voldoende oes sal lewer. Ons neem dit nou en sien hoe die reen val, ons grond verryk, ons damme vol word en ons vee vet word deur die seeninge wat U ons God vir ons gee. Ons dank U vir hierdie reen wat nou gaan val. Amen

ingels Man ·

Dit het my ook hier in Jhb geraak vanoggend, die berig en gedig.
Dankie vir jou gebed, Danien. Dit sal so wees. Glo, maar bly veral Hoop…die reen SAL kom.

Eish ·

Pragtige gebed. Elia was n man net soos ons, en hy het gebid…

Babs Brouwer ·

Alles wat ons elke dag uit die Here se hand ontvang, is nie vanselfsprekend nie.
Die Here wil hê dat ons moet bid en ook elke dag dankbaar wees. Net soos ‘n kind versorg word deur sy ouers, so versorg Hy ons ook, maar Hy wil ons aandag hê en ons liefde..
Dankie vir hiedie gebed…leer ons weer bid, o Heer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.