Foto’s: Hiér is die beste strande in die wêreld

Noetzie-strand in Knysna (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika spog met drie strande op ʼn lys van die 50 beste strande in die wêreld.

Flight Network het onlangs hul keuse van die wêreld se 50 beste strande bekend gemaak. Hulle het meer as 1 200 van die wêreld se voorste reisjoernaliste, redakteurs, bloggers en agentskappe se insette gekry om dié lys saam te stel.

“Hierdie lys sal jou van Australië na Europa, Afrika, Amerika, Asië en oral tussenin neem,” het Flight Network geskryf.

Drie strande in Suid-Afrika pronk ook op dié lys; Noetziestrand buite Knysna (nr. 16), Koffiebaai aan die Wildekus (nr. 21) en Kampsbaai in Kaapstad (nr. 32).

Die top 10 beste strande in die wêreld is:

1. Shipwreck-strand in Zakynthos, Griekeland

Shipwreck-strand in Zakynthos, Griekeland. Foto: Pixabay

2. Whitehaven-strand in Queensland, Australië

Whitehaven-strand in Queensland, Australië. Foto: Pixabay

3. Hidden-strand in El Nido, Filippyne

Hidden-strand in El Nido, Filippyne. Foto: Pixabay

4. Praia do Sancho-strand in Pernambuco, Brasilië

Praia do Sancho-strand in Pernambuco, Brasilië. Foto: Pixabay

5. Tulum-strand in Quintana Roo, Meksiko

Tulum-strand in Quintana Roo, Meksiko. Foto: Pixabay

6. Grace Bay-strand in die Turks en Caicos Eilande

Grace Bay-strand in die Turks en Caicos Eilande. Foto: Pixabay

7. Seven Mile-strand in die Kaaiman-eilande

Seven Mile-strand in die Kaaiman-eilande. Foto: Pixabay

8. Anse Source D’Argent-strand in die Seychelle

Anse Source D’Argent-strand in die Seychelle. Foto: Pixabay

9. Maya Bay-strand in Phi Phi, Thailand

Maya Bay-strand in Phi Phi, Thailand. Foto: Pixabay

10. Varandero-strand in Kuba

Varandero-strand in Kuba. Foto: Pixabay

Kry die volledige lys hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Robert ·

Wat maak dit die beste strand? Sekerlik nie net skoonheid nie?

Judge Dredd ·

Die wilde-kus met daai koue water?
Nee wat, die ooskus se Sodwana of Kosi baai is sekerlik beter.

ANON ·

Ek kyk dalk mis – maar volgens die webtuiste – is die top 10 ens baie ender as wat Maroela se…

DVL ·

Baie van hulle lyk maar nie baie lekker plekke om te gaan nie. Van os op jas kan iemand asb vir my verduidelik wie het besluit Mexico is nou sommer Meksiko kan ons Maroela dan sommer verander na Marula?

humor ·

Hierdie mense het beslis nog nie gehoor van SWA se Torrabaai nie. Hier sien jy maklik gemsbokke op die strand en sommige het al n ondervinding met leeus gehad wat net kom groet het. En SA met 3 van die bestes se mense stroom jaarliks Hentiesbaai toe.

Sonja ·

Hulle moet miskien langs elkeen sê wat is die gevare, mooi is partykeer net mooi van n afstand af, bv daai stand in Qld, of laat ek eerder sê al om die kus by Qld kry jy soutwater krokodille, geen man se speelmaat nie en op plekke is ook boks jellievisse, so geen veilige water om te dink jy duik in en swem nie en kan ook nie op die strand lê nie, n krok kan jou gryp.

Haas ·

DVL-
Indien jy nie geweet het nie, Meksiko is een van die min lande wat aanvaar is deur die HAT om in ‘n afrikaans so gespel te word. Dieselfde prinsiep as Brasilië, Australië ens.

Sini ·

Die ouens wat hierdie gradering gedoen het was duidelik nog nooit in die Maldives nie! Die mooiste strande, skoonste en helderste louwarm water. Die spierwit sand wat langs die turkoois water verskyn is so wit dit lyk soos sneeu.

Se maar net ·

Sini “beauty is in the eye of the beholder” . Wat vir jou mooi is, is dalk vir n ander persoon nie so mooi nie. Of spog jy nou maar net?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.