[Foto’s] Ja-woord laat sosiale media gons: Pukke nou getroud

Gert Kemp (24) en Paula Ackermann (24). Foto: Verskaf

Gert Kemp (24) en Paula Ackermann (24), wat in Augustus verlede jaar op die NWU se Potchefstroom-kampus verloof geraak het, het op 29 April die knoop deurgehaak.

Die groot vraag is op kamera vasgevang en destyds wyd op sosiale media gedeel.

“Ons het op Paula se ouers se plaas, Keitzaub, waar sy grootgeword het, getrou. Dit is naby Gobabis in Namibië. Die troue was wonderlik! Die wind was bietjie erg, maar verder was alles wonderlik. Ons het tot half-vyf die oggend gedans en ons liefde saam met 160 gaste gevier,” het die getroude paartjie vanuit Namibië aan Maroela Media gesê.

Die egpaar woon tans in Windhoek waar Paula ʼn kandidaatprokureur is en Gert as verkoopsagent werk.

“Die getroude lewe is lekker! Like having a sleepover with your best friend forever! Ons is tans op pad na ons mini-wittebrood – ons gaan tot Sondag Swakopmund toe. Ons sal later op ʼn langer wittebrood gaan.”

Maroela Media het verlede jaar berig die paartjie het mekaar op die joolplaas ontmoet en Gert sê toe hy vir Paula sien, het hy dadelik na haar toe gestap (met behulp van ʼn sopie sterk doepa om die moed aan te wakker) en vir haar gesê hy gaan met haar trou.

En noudat sy woorde waar geword het?

“Die lekkerste deel van getroudwees is beslis om baie by mekaar te kan wees!”

En pienkvoete?

“Ons dink nog glad nie aan kinders nie! Vra ons weer oor 10 jaar!” skerts die paartjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hoenou ·

Ek’s nou verward
Soos duisende ander paartjies het ek ook my vrou op PUK se Karnaval/joolplaas ontmoet, ons is ook op die PUK verloof en daar getroud. Maar dit het nooit die koerante gehaal nie. En ek is ook van Nambie” en ons het na die troue daar gaan woon en werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.