Foto’s: Kapenaar se ongewone 90ste verjaardagviering

Colin Henley (Foto: Hailey Donald)

Toe die familie van die 90-jarige Colin Henley van Kaapstad verlede maand begin gesels het oor idees om sy verjaardag in egte Henley-styl te vier, was dié lank-nog-nie-bejaarde oor een ding baie ferm: hy wíl valskermspring op sy 90ste verjaardag.

Henley, ʼn waaghals van formaat, was volgens sy familie vas oortuig dat ʼn valskermsprong die “perfekte manier” sou wees om 90 jaar op aarde te vier – veral omdat hy ook op dié manier sy 80ste verjaardag gevier het. Die Kaapstadse inwoner het op 24 Mei verjaar.

Hailey Donald, Henley se kleindogter, sê sy kan nie die uitdrukking op haar oupa se gesig beskryf toe hy ná die valskermsprong veilig op die grond geland het nie. “Hy wou graag weer Kaapstad van bo gesien en beleef het hoe dit voel om vry so hoog in die lug te wees. Dit was ʼn ongelooflik bevrydende ding; sy gesig het gestraal en hy het gesê dit was ʼn absoluut wonderlike ervaring. Dit was amper asof vyf ekstra jare tot sy lewe toegevoeg is, dit was merkwaardig om te sien.”

‘n Foto van Henley wat valskermspring (Foto: Hailey Donald)

Donald sê Henley moes ʼn volledige mediese toets afgelê het voordat hy die groen lig vir dié waaghalsige verjaardagviering gekry het.

Sy sê ná haar ouma se dood ʼn paar jaar gelede het Henley besluit om nié agteruit te gaan nie, maar eerder die lewe aan te gryp. “Hy is al sowat drie keer na die Verenigde Koninkryk, het uit sy huis van jare lank getrek en by ʼn woonstelletjie ingetrek, en trek nou weer na ʼn oord waar hy kan kaart speel en kunshandwerk doen. Hy stap ook nog elke week saam met sy vriende; ek dink ons het almal beslis ʼn les van hom te leer.”

Donald het ná die ervaring op sosiale media geskryf: “Vandag was ʼn spesiale dag. Ons vier vandag die 90ste verjaardag van die wonderlikste man wat ek ken. So ʼn ongelooflike dag. Dit is ʼn groot voorreg en ʼn eer, oupa. Ek het soveel liefde en respek vir jou en jou lus vir die lewe.”

Al die foto’s word met vergunning van Donald op Maroela Media gepubliseer.

Colin Henley (Foto: Hailey Donald)

Colin Henley (Foto: Hailey Donald)

Colin Henley (Foto: Hailey Donald)

Colin Henley (Foto: Hailey Donald)

Colin Henley (Foto: Hailey Donald)

Posted by Hailey Donald on Wednesday, June 6, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gesiggie ·

Jy is n ware Held.. ek is 50 jaar jonger as Oom, maar sal dit nie waag doen wat jy gedoen het? Oud…maar nog lankal nie koud”’ Well Done Oom.. hou aan lewe terwyl jy die kans het” En n Happy 90 Birthday….Mag daar nog vele meer wees

Rooikop ·

Daar is bitter min dinge in hierdie wêreld wat soveel pret is as om die wind teen meer as 200km/h te voel terwyl jy vir die aarde staar en dit sien naderkom. Daardie slaak ver verligting as jou valskerm foutloos bo jou ontplooi het en die stil wapper van vertrager net hier bo jou kop.

Isabel ·

Jy mag maar my oom ? genade ek ry nie eers in n bus nie omdat dit te ver van die grond af is ? en jy gaan sweef in die hemel rond… shoe knap gedaan. Happy b-day.

miekie ·

Watter mylpyl en om nog so op en wakker te wees is ‘n groot voorreg. Baiegeluk met oom se verjaardag. Mag die jaar ‘n gesonde, geseende en voorspoedige jaar wees. Maak dit tot 100 dan doen oom ‘n vryval.

vonkprop ·

Nou moet die oupa vir 100 mik, statistieke het bewys min mense gaan na 100 dood.

Uvonka ·

Wonderlike voel goed storie, dankie MM. Ek is 54 jaar oud en baie beslis nie so braaf nie, sal seker ook nooit wees nie. Gee die Oom ‘n Bell’s.

wens ·

Ek is amper 53, het diabetes en groot voetprobleme. Ek wil dit so graag beleef en dalk sal ek eendag die geld vir dit he. Op die stadium nog net n droom van my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.