[Foto’s] Liefde blom selfs in die as

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

Daar was níks wat hulle sou keer om steeds ewige trou aan mekaar te beloof nie – selfs nie eens die verwoestende Knysna-brande wat groot dele van hul trouvenue in dié dorp byna in puin gelaat het nie, vertel ʼn pasgetroude egpaar van Noordwes.

Braam en Su-Anie Burger vertel hulle het in Junie verlede jaar onder die bekende groot boom langs die Dalene Matthee-gedenksteen verloof geraak. Die egpaar deel ʼn groot liefde vir dié dorp en sy mense.

Toe die Villa Castollini-venue vanjaar ook onder die Knysna-brande deurgeloop het, het die egpaar hulle nié laat afskrik nie, inteendeel – hul unieke foto’s neffens die gebrande woud trek die aandag van hordes op sosiale media.

“Ons het net geweet ons wil nié die troue uitstel nie, en ons wíl in Knysna trou – maak nie saak wat nie. Ons het ná die brand na Knysna gereis om te kyk hoe die venue deur die brand geraak is, en besluit dat ons steeds daar sal wil trou. Dit was die beste besluit,” vertel die egpaar.

Groot dele van die venue, waaronder die gastehuis en die woonkwartiere, het in die slag gebly. Die onthaal vir die seremonie en die troue was egter bruikbaar.

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

“Ons het die wonderlikste ervaring met die mense van Villa Castollini en spesifiek Knysna gehad. Hulle het uit hul pad gegaan om die plek ‘trougereed’ te kry en selfs slaapplek vir ons gaste elders aangebied. Dit was unreal. Soveel mense is deur dié brand geraak, maar hulle het hul persoonlike lewe opsy geskuif sodat ons groot dag spesiaal kon wees. Die mense van Knysna – en dié venue se personeel – is wonderlik. Ons dag kon nie beter gewees het nie.”

Die groen woude, waar hulle oorspronklik hul troufoto’s wou laat neem, was weggebrand, maar die toneel ná die brand het nou vir die mees unieke foto’s gesorg.

Carin de Jager, die eienares van die venue, sê sy en haar personeel het behoorlik geskarrel om te verseker dat die egpaar se troudag steeds die een van hul drome is.

“Ons as mense het nie antwoord nie. Ons staan voor die Here met hierdie legkaart en vra vir antwoorde, maar eendag sal ons wel antwoorde kry. Daardie vlamme kon baie meer verwoes het, maar hulle kon steeds trou en ons kon seker maak dat hulle gelukkig is,” sê sy.

De Jager sê die egpaar se troufoto’s is sekerlik dié mees spesiale foto’s wat sy nóg gesien het.

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

“Die foto’s is wonderlik – hulle vertel ʼn storie. Braam en Su-Anie het voorwaar in my hart ingekruip, die manier waarop ons almal alles saam aangepak het, gee mens weer hoop. Anderdag toe ek op die terrein rondstap, het ek die eerste brandlelie gekry. Hulle sê daar kom nog baie daarvan, en daarna sien ons uit.”

Die venue is klaar in die proses om herbou te word, en sal na alle waarskynlikheid weer in September sy deure oopmaak.

Vir meer inligting oor die Villa Castollini-venue, besoek hul Facebook-blad.

Die foto’s is met vergunning van EON Media gepubliseer. Besoek EON Media se webwerf en Facebook-blad vir meer inligting.

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

Braam en Su-Anie Burger (Foto: EON Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Sekerlik die heel mooiste troufoto’s wat ek ooit gesien het!

Christine Meyer ·

“Beauty from ashes”
Ek moes sluk aan die knop in my keel. Wat n mooi sprokie met pragfoto’s om dit illustreer.
Braam en Su-Ani Burger, mag die Here jul huwelik ryklik seen en die liefde aanhou blom ook wanneer die “wittebrood” verby is…

Adele ·

Braam & Su-anie is die dierbaarste mense! Ek het van die dag wat die brande als daar verwoes het, vir haar gese… die fotos gaan juis uniek wees!!

Werner Erasmus-Le Grange ·

Dit was vir ons ‘n groot voorreg om vir Braam & Su-Anie, asook van hul gaste te kon ondersteun en huisves by die gastehuis waar ek werk. Toe Carin my kontak en vra of ons okay is, en of ons hul kan akkommodeer, het ons dadelik die een gedeelte van die gastehuis aan hul beskikbaar gestel! Die paartjie is die nederigste en mees inspirerende mense wat nog oor ons pad kon loop. Uit die lelike verwoestende brand, het iets so mooi en spesiaal gekom. Ons is dankbaar dat ons hul hier by ons kon he! Jul is ‘n wonderlike paartjie, en ons almal hier by On The Estuary, wens jul die mooiste pad vorentoe toe. Baie dankie ook vir Carin, van Villa Castollini, wat ons aanbeveel het!

Elsie Swanepoel ·

Su-Anie jy was n pragtige bruid!! Juk fotos is stunning! Jul moet kom kuier ek wil jul Trou album graag sien dink dit gaan amazing mooi wees! Nogmaals geluk aan jou en Braam

Philip Gerber ·

Stunning foto’s. Eon Media julle is great. Geluk aan die fotograwe met hierdie meester stuk. Aan Braam en Su-Anie, julle het die meesters, Eon Media, op hierdie dag in jul kamp gehad. Julle is n pragtige paartjie. Baie geluk.

Hannelie ·

Daar is so baie simboliek in julle troue.
Die bruid en die bruidegom,n nuwe lewe saam n nuwe begin vir julle en Knysna woude,soms is dit nodig dat alles wat was uitgevee word en n skoon en nuwe begin vir mens en natuur.
Waar is ons skrywers hier is n mooi storie om te vertel.
Mag julle huwelik net so mooi groei soos die nuwe veld en blomme bome nuwe diertjies in die veld.
Mooi simboliek van n pragtige nuwe lewe wat voor le.x
Baie geluk julle.

Gina ·

Die pragtigste fotos, storie mooi …. beauty (huwelik, liefde) against the beast (fire, evil )
Dankie dat julle die Pragtige fotos met almal deel ???

Johan ·

Net gisteraand verby Villa Castelini gery.Mens ruik nog die as se reuk daar.My woord aan julle is…This is a new beginning everything from the past is destroyed..This is a new season.Stunning foto’s.Be blessed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.