[Foto’s] Lughawe-hond ‘neem’ Duitse weldoener aan

Olivia Sievers saam met Rubio (Foto: Facebook)

Olivia Sievers saam met Rubio (Foto: Facebook)

Nadat die Duitse lugwaardin Olivia Sievers vroeër vanjaar ʼn geruime tyd in Buenos Aires met ʼn straathond deurgebring het, het dié hond geweier om haar te verlaat, selfs wanneer sy na ander lande gereis het. Die hond het eindelik ses maande lank getrou op die lughawe verwyl om eindelik weer met Sievers herenig te kon word.

Daily Mail berig Sievers het tydens haar besoek aan Buenos Aires dié hond, wie sy Rubio gedoop het, op die lughawe ontmoet.

Rubio het haar daagliks tydens haar besoek aan dié land gevolg nadat sy hom aandag en liefde gegee het.

“Ek het ander paaie na my hotelkamer probeer loop, maar hy het my bly volg oral waar ek gaan. Selfs wanneer ek gewag het, sou hy ook geduldig lê en wag tot ek opstaan en loop,” het sy vertel.

Rubio (Foto: Facebook)

Rubio (Foto: Facebook)

“Ek het kort  voor lank besef die hond soek na ʼn vriend en ʼn bietjie aanraking. Hy het ʼn mens gesoek om hom aan te neem.”

Toe sy Buenos Aires moes verlaat, het sy gereël dat Rubio aangeneem word. Hy het egter by sy “aanneem-ouers” weggeloop om vir Sievers by die lughawe te wag.

“Ek het uiteindelik so lief vir hom geraak dat ek hom per vliegtuig Duitsland toe gebring het. Ons het hom aangeneem en hy woon nou by my in Duitsland,” het sy bygevoeg.

Sievers plaas gereeld nuwe verwikkelinge oor Rubio op haar Facebook-blad.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leana ·

Wat ‘n mooi storie. Wys jou net die “beste vriend” van die mens, sal dit altyd doen.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Baie geluk met Sievers se keuse. Sy sal nooit ‘n beter vriend in hierdie lewe kry nie.

Pollie ·

Ai, dis bemoedigend! Die Bybel praat op ‘n plek van ‘n vriend wat “sterker aanhang as ‘n broer”, maar hierdie woef voldoen ook aan hierdie kwalifikasie! Ek wonder vir diegene wat ly aan die monster van depressie, sal so’n vriend nie altemits help nie?

Jeanne ·

Pragtige storie, daar is niks so lojaal soos ‘n hond nie, die MENSDOM kan by hulle gaan leer, en dan word hulle so verwaarloos en verniel, al wat hulle soek is aandag en liefde (en kos), en ons mensdom is te sleg om dit vir hulle te gee. Baie dankie dat jy jou oor die hond ontferm het, mooi storie.

Kobus ·

Dit was liefde, nie die taal nie, wat vir die hond getel het.

tom ·

N hond sal jou nooit drop as hy jou eers vertrou dan pas hy jou op

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.