Foto’s: Manjifieke muurkuns in Friemersheim

Een van Fourie Ackermann, ʼn vryskutkunstenaar van Groot-Brakrivier, se manjifieke muurkunsskilderye in Friemersheim (Foto: Melinda Janse van Rensburg/Facebook)

Fourie Ackermann, ʼn vryskutkunstenaar van Groot-Brakrivier, se manjifieke muurkuns in Friemersheim het onlangs opnuut die aandag op dié dorpie in die Tuinroete gevestig.

Ackermann het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel dat hy en sy vrou in 2015 van Pretoria af na Groot-Brakrivier in die Mosselbaai-distrik getrek het. Sedertdien het hy gereeld deur Friemersheim, wat sowat 15 km van Groot-Brak af is, gery en telkens die ou mure van geboue opgemerk.

“Ek het besef ʼn mens kan iets moois daarmee doen, maar het voor laasjaar nie regtig daarby uitgekom nie,” vertel Ackermann. “Gedurende die afsonderingstyd het ek toe tyd gehad om uiteindelik hierdie projek aan te pak.”

Een van Fourie Ackermann, ʼn vryskutkunstenaar van Groot-Brakrivier, se manjifieke muurkunsskilderye in Friemersheim (Foto: Fourie’s Art/Facebook)

Ackermann het inwoners van die mure wat hy wou verf genader om toestemming te kry voor hy begin skilder het. Die meeste mense het gretig ingestem en so het Ackermann Friemersheim in ʼn kleurryke dorp omskep met sy natuurlewesketse.

Wildlewe trek mense se aandag, meen Ackermann. Hy vertel dat mense in die omgewing bewus is van die natuur en dat dit vir hom belangrik was om daarop te fokus.

“Die tekeninge is glad nie op skaal geskilder nie,” sê hy. “Hoe groter jy ʼn leeu of ʼn arend uitbeeld, hoe meer aandag trek dit en hoe meer imposant is dit.” Dit het Ackermann tussen twee en drie dae geneem om ‘n toneel te skilder,

Ackermann het self die uitgawes van hierdie projek gedek en verduidelik dat dit ook ʼn manier van selfbemarking vir sy kunswerke is. Ackermann sê dat hy ook muurkuns buite Friemersheim op versoek doen, maar dan is die betrokke persoon verantwoordelik om Ackermann se reis- en verblyfkoste te betaal. Lesers kan Ackermann se Facebook-blad Fourie’s Art gaan volg om op hoogte van sy projekte te bly en hom te kontak.

Kyk gerus hier na enkele muurkunsskilderye in Friemersheim wat deur Fourie Ackermann geskilder is:

Een van Fourie Ackermann, ʼn vryskutkunstenaar van Groot-Brakrivier, se manjifieke muurkunsskilderye in Friemersheim (Foto: Melinda Janse van Rensburg/Facebook)

Een van Fourie Ackermann, ʼn vryskutkunstenaar van Groot-Brakrivier, se manjifieke muurkunsskilderye in Friemersheim (Foto: Melinda Janse van Rensburg/Facebook)

Een van Fourie Ackermann, ʼn vryskutkunstenaar van Groot-Brakrivier, se manjifieke muurkunsskilderye in Friemersheim (Foto: Melinda Janse van Rensburg/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.