Skoonheid is allermins nié die alfa en omega nie – of só sê die 22-jarige Andeline Wieland van Stellenbosch, wat onlangs tydens ʼn glansryke seremonie in Las Vegas as Mej. Kontinente gekroon is.
Wieland, ʼn honneursstudent in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch, het 45 ander deelnemers van reg oor die wêreld uitgestof om met dié kroon weg te stap.
Die skoonheid, wat oorspronklik van Namibië is, het aan Maroela Media vertel sy is in 2016 as die eerste prinses in die Mej. Namibië-skoonheidskompetisie gekroon, en is onlangs na Las Vegas om dié land te verteenwoordig.
Wieland was ʼn gunsteling onder die beoordelaars by die South Point Hotel en Casino met haar uitrustings wat onder meer die duine en blomme van Namibië uitgebeeld het.
“Mense dink altyd skoonheidskompetisies gaan net oor skoonheid en dat al die deelnemers op ʼn sekere manier moet lyk. By dié kompetisie gaan dit eerder oor jou intelligensie en gemeenskapswerk – daar is immers deelnemers van verskillende agtergronde en nie almal pas in dieselfde boksie nie,” sê sy.
Sy sê skoonheidskompetisies is haar liefdeskind tussen haar passie vir drama, waarin sy ook ʼn graad het, en ʼn behoefte om ander in te lig en bewusmaking te skep. “Dit gaan daaroor om ʼn goeie beeld van jouself te skep, maar ook om bewusmaking onder ander te skep en sosiale kwessies te probeer opspoor; vandaar my idee oor die liefdeskind.”
Wieland se rok vir die eindronde van die kompetisie is ʼn Stephen van Eeden-skepping wat hy spesifiek vir dié geleentheid vir haar ontwerp het.
Die skoonheid sê sy wil vandeesjaar meer betrokke raak by liefdadigheidswerk en dié werk met haar studies balanseer. “As daar behoeftige liefdadigheidsorganisasies daarbuite is wat my hulp kort, sal ek graag sover ek kan ook wil bydra,” sê sy.
Wieland onderneem tans ’n week lange mediatoer in Namibië.
Pragtige & Oulike Rooikop! Baie Geluk!
Sy is nie vir my die mooiste vrou wat ek al gesien het nie maar sy het wel die mooiste hare!
Kry julle feite reg. Sy is van Namibia en nie van Stellenbosch. Sy studeer slegs daar. Hulle familie woon in Swakopmund.
Dagsê Stephen
Ons verwys jou graag na die volgende sin in paragraaf 3: “Die skoonheid, wat oorspronklik van Namibië is, het aan Maroela Media vertel sy is in 2016 as die eerste prinses in die Mej. Namibië-skoonheidskompetisie gekroon.”
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media
Sy is PRAGTIG!!! Baie Geluk ??
Tel dit nou vir wit en swart studente
Swart studente het baie erger rassistiese goed gedoen wat was hulle straf