Foto’s: Matrikulant deel ‘spesiale dag’ met Down-sindroom-suster

Heinrich en Riana Brandt kom by die matriekafskeid aan(Foto: Facebook)

Heinrich Brandt (20) van Grootfontein in Namibië het verlede week Tsumeb Gimnasium se matriekafskeid bygewoon, maar eerder as om ʼn vriendin na dié dans te vra, het hy besluit om sy jonger suster Riana (17), wat Down se sindroom het, saam met hom te neem.

“Dit het vir my daaroor gegaan dat sy nooit anders die kans sou hê om so ʼn dag te beleef nie. So ek wou my spesiale dag met haar deel,” het Brandt aan Maroela Media gesê.

Brandt het gesê Riana was baie opgewonde om na die dans te gaan.

“Ek het haar nie regtig gevra nie, maar ons het vir haar gesê: ‘Jy gaan met boetie dans en ons gaan vir jou ʼn mooi rok kry’. Sy was verskriklik opgewonde en kon self kies hoe sy wou hê haar rok moes lyk.”

Brandt het gesê dat Riana geweet wat sy in gedagte gehad het vir die rok, en dat ʼn vrou dit toe gratis vir haar gemaak het, sodat sy die aand kan geniet.

“Ek het nie geweet hoe die rok gaan lyk nie,” het Brandt gesê. “Ek wou dit eers die aand van die matriekafskeid sien, om die geleentheid vir haar nog meer spesiaal te maak. Sy het gestraal soos ʼn engelkind en ek is bly ek het haar saamgevat.”

Brandt het gesê die aand was baie lekker en dat hy en Riana baie gedans het.

“Ek en Riana is van kleins af baie na aan mekaar. Ek het nog altyd probeer om haar te beskerm. Maar ons kan ook maar baklei soos enige ander broer en suster, maar aan die einde het ons baie liefde vir mekaar.”

Brandt het gesê dat hy ná skool landbou wil gaan studeer en dat hy dan graag wil begin boer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Naas Vermaak ·

‘n Berig wat die knop in my keel en die traan in my oog 100% werd was…mooi so Heinrich…’n man Duisend!

Lizzie ·

Ek dink dit is ‘n pragtige en oulike gebaar. 10 uit 10 vir Ouboet!!!

Nadene ·

Sy het absoluut fantasties gelyk! Well done Heinrich, dis sowaar ‘n dag wat jou sussie nooit sal vergeet nie.

Dingetjie ·

WOW jy is seker die awesomeste broer ooit. n man so na aan God se hart. Well done jongman

LadyR ·

Dis baie spesiaal van jou Heinrich! Sy het geblom en sal dit nooit vergeet, watter hoogte punt vir haar! Sy is baie gelukkig om ‘n broer soos jy te kan hê.

Annelize ·

Ek sit met trane in my oe. Mamma en Pappa, julle kan trots wees op julle seun, julle het voorwaar ‘n ordentlike jong man grootgemaak. Riana het soos ‘n prinses gelyk, pragtig verby.

Annakapat ·

Dis nou wat ek noem ‘n goed grootgemaakte jong man! Well done aan die ouers!

Nicoleen ·

Wow!!! Dit is so Spesiaal. Heinrich julle is so geseënd om mekaar te hê. Sterkte vir die toekoms en al jou drome sal waar word.

AW ·

Wat is Liefde ???

Daar het ons die voorbeeld van wat Liefde is !!!!

Dankie Baie, vir hierdie berig MM.

My hart Klop Warm…Wit Warm , ek ken daardie jong man nie, tog is hy die Lewende Voorbeeld van Liefde teen oor sy Suster!!!

Adri ·

WOW…… ag dit is so oulik…… nie enige een sal so iets doen nie…… jul altwee is engelkinders…. ouers se trots……..

NADS ·

Kry ek ‘n knop in my keel! Jy is ‘n wonderlike boetie… jou ouers kan baie trots wees.

izette ·

Wonderlik om so n oulike ouboet te mag hê….
Sy het te pragtig gelyk….
Sakke vol blessing vir die 2 van julle….

Skerpioen ·

Boeta, nee kyk hoor, ek like jou kwaai. En Sussa, jy lyk mooier as ‘n prinses. Versprei julle voorbeeld aan die res van die wereld… Mag julle ‘n geseende lewe hê.

Jim ·

Die opskrif van n ander storie/video waar die klein seuntjie sy sussie help bal speel het, lees: “Hier is die boetie van die jaar.” Ek dink daardie opskrif sal uitstekend pas by hierdie berig. Mooi gedoen jongman!

Lizelle Gibson ·

Well done! Wat n mooi vebaar. Sy gaan dit vir altyd onthou.

Essa ·

Hedendaagse ridder in moderne sprokie! Gentleman. Beste broer.
Riana het pragtig gelyk saam met haar aantreklike broer. Alles van die beste met jou toekoms planne Heinrich – met jou lewens uitkyk kan dit net goed gaan! ?

Lizl ·

Wat `n pragtige jong man! So `n man wil ek graag vir my dogter kry om te trou!

broos ·

tjank ek sommer! seun, ons het meer van jou nodig!! sterkte met die eind eksamen :-)

pinkie ·

Wow, wens ek het so ‘n ouboet gehad. Jy is ‘n wonderlike jongman.

Engelkind ·

@Wonder, Heinrich is 17 en Riana is 21. Hulle ouderdomme is verkeerd in die artikel.
Welgedaan Heinrich. Jy is sowaar ‘n voorbeeld vir baie mense daar buite. Sy sal dit vir altyd onthou.

Lizelle ·

Wonder ek wonder maar net maak dit saak dat die wonderlike jong man 20 is en in matriek is?!

Sarie ·

M twee broers was ook19 in matriek , want hulle moes van Sub A af kosskool toe gaan en drie weke daar bly want ons plaas was ver van die skool af. My pa het hulle teruggehou tot hul sterker was. Albei het hul BSc grade geslaag en het goeie beroepe gehad tot hul afgetree het.

Ronel ·

Lees so bietjie hoër opnin die kommentare. Iemand noem wel dat die ouderdomme inderdaad omgeruil is. Broer is 17. Sussie is 21.

Nel ·

Wow!!! Dit is wonderlik dat hy eerder aan iemand anders as homself kon dink, selfs al is dit sý groot aand. Hy gaan dit nog ver bring in die lewe. Welgedaan!!! :-)

Katryn ·

Wonder
Hy het gewag dat sy spesiaale sus oud genoeg is om hom te vergesel

AmY ·

Wat ‘n wonderlik jongman. Dis lekker om so goeie nuus storie te lees

Sarie ·

Heinrich Brand – ek het nie woorde nie. Mag God jul seën in jul hele lewe vorentoe. Ons familie is ongelooflik trots op jou.

Elvira ·

Heinrich jy is n pragtige jongman met n hart in jou borskas groter as jou kop. Sterkte vir jou studies. Jy en sy sal nooit hierdie dag vergeet nie.

Mamma 123 ·

Ek het hoendervleis en tjank nou klip hard. Dit is so awesome!

DMO ·

Pragtig! As sy haar eie rok ontwerp het dink ek sy moet mode ontwerp oorweeg as a beroep!

Estelle ·

Awesome!! So tussen die trane deur het ek sommer weer hoop vir ons toekoms met sulke jongmense.

Carlien ·

Jy is die bedagsaamste broer ooit!! Ek is so trots op jou dat jy so sensitief teenoor jou suster was.. Jy gaan eendag jou vrou op die hande dra en haar goed behandel, bly om te sien jy kry nog ware here..

Hermann ·

As die oupa van ‘n kleindogter met Down Sindroom het die berig my oë in swembaddens verander. Heinrich jy verdien meer as net ‘n medalje, jou ouers moet geweldig trots op jou wees.

justine ·

jy is amazing !! ek vat my hoed vir jou af at jy vir jou sussie gedoen het is net wow ek het nie woorde nie . ek kan nie vir jou se gelukkig dit my maak in my hart nie jy kry so min mense wat dit sal vir iemand doen never mind hule eie sussie nie. ek weet sommer God smile daar bo vir julle al twee. hoop jy dit soo geniet en soveel memories saam gemaak

Lucille ·

Wat ‘n ongelooflike kandidaat is Heinrich nie vir ‘n toekomstige “Boer soek ‘n bruid” nie!

Wilma ·

Wow broer duisend. Hieruit kan ons wie so bevoorreg is om perfek geskape te wees baie leer. N down persoon kan ook geluk ervaar. Mense neem sommer net aan gestremdes is dom. Wees trots op jou boet sussa. Ouers wees trots op jul seun en dogter

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.