[Foto’s] Movember-man wil bewusmaking skep oor kanker

Jo Engelbrecht is 'n finalis in die International Man of Movember. Foto: Verskaf

Jo Engelbrecht is ‘n finalis in die International Man of Movember. Foto: Verskaf

Hoewel “Movember”-maand vir baie mans ʼn geleentheid is om ʼn snor of ʼn baard te kweek, het dié inisiatief ʼn groter doel as blote pret. Movember het jaarliks ten doel om bewusmaking te skep oor prostaat- en testikulêre kanker en ander siektes wat algemeen by mans voorkom.

Toe Jo Engelbrecht se oupa ʼn rukkie gelede gediagnoseer is met kanker, het hy besluit om nie sy baard af te skeer nie, maar om sy ondersteuning aan sy oupa te toon deur sy baard te laat groei. Hoewel sy baard op daardie stadium reeds ʼn jaar lank gegroei het, het hy sy oupa ook uitgedaag om sy baard te laat groei en aan hom gesê dat hy die stryd teen kanker gewonne kan gee wanneer sy baard langer as Jo sy eie baard is.

Toe Jo se oupa onlangs oorlede is, het hy besluit om sy baard af te skeer ter wille van bewusmaking en geldsinsameling. Jo is onlangs benoem vir die Movember International Man of the Year- toekenning. Met dié erkenning kan hy groot bewusmaking skep vir kankerleiers en ook geldinsameling doen.  Hy sal ook die eerste Suid-Afrikaner wees wat dié kompetisie wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MM ·

Ek kyk nie eers na ‘n man se kant met ‘n baard nie. Lyk soos ‘n klomp bos bobbejane! Nie eers te praat van die Springbok span nie. Dis net so walglik.

Wynand ·

Wow, kyk nou net daar… Presies waar teen Jo staan. Mense wat niks beter kan doen as om sulke aaklige dinge op social media te noem nie. Nie te min oor sy op offeringe vir kanker en al die mense wat die man daagliks probeer help nie.
Ook nie die feit dat hy n groot tragedie moes deurgaan nie. Nee, kom ons kommentaar met haatspraak en negatiwiteit. Jy is immers wat foud is met die wêreld. Al die mooi goed om ons en al wat jy kan doen is sleg praat soos n regte “keyboard warrior”. Jy behoort jouself te skaam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.