Foto’s: Museum, fees gedenk Bosoorlog by Monument

Daniel Scholtz en Kyle Eekhout tydens die fees. (Foto: verskaf)

Ná drie jaar het die Voortrekkermonument en die Pro Patria Museum in Pretoria die Militêre Fees, waartydens geskiedenis onthou en gevier is, weer voortgesit.

Duisende pare voete het Maandag op die Voortrekkermonument se terrein gewemel tydens die fees.

“Dit is óns erfenis, óns geskiedenis. Die fees lê ʼn mens na aan die hart, want ons het geveg in ’n oorlog waarin elke man getel het, of jy kos gemaak het en of jy geveg het, elkeen het getel en saam kon ons ’n sukses behaal,” het Hannes Scholtz, wat ’n valskermartilleris in die Bosoorlog was, vertel.

Aktiwiteite soos windbuks-skiet het vir groot opwinding deur die loop van die dag se feesviering gesorg.

Peter Badcock, ʼn oorlogskunstenaar, het ook die fees as uitstaller bygewoon. Sy werk beeld die rou waarheid van oorlog uit.

“My werk maak ’n soort kommunikasie oop tussen die ouens wat in die oorlog geveg het en hul families. Baie van hulle ervaar post-traumatiese stres en hulle is dikwels bang om soos ’n sissie te lyk as hulle daaroor praat,” sê Badcock.

Die Voortrekkermonument en die Pro Patria Museum het ook tydens die geleentheid hul vennootskap gevier deur ’n museum ter herinnering van die Bosoorlog by die Amfiteater op die terrein van die Voortrekkermonument te open.

“Ons wil graag ’n rol speel in die opvoedingsproses, veral vir die lede van ons jonger geslag en om hulle met kennis en insig toe te rus, sodat elkeen wat hier wegstap sy eie opinie kan vorm oor die invloed wat hierdie konflik gehad het gedurende dié periode,” het die voorsitter van die Pro Patria Museum, genl.maj. Lawrence Smith gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Windhond

Saluut

Excalibur

Die Goeie Ou Dae!! Toe die land met trots nog Die Magtige Dreuning kon Hoor, Sien & Respekteer voor Politiek dit kom Kaap & Vertrap het ….

Marthinus

“valskermartilleris”? n Artilleris is iemand wat met kanonne werk.

Deon Ronald

Brilliant idee. Sterkte julle.

Sterling

Dit is wonderlik om die verlede te erken, die prestasies te vier en die eer te betoon vir die opofferings wat gemaak is. Wat is egter die pad voorentoe? Het ons die hoogtepunt van ons volk se militêre vermoë bereik met die Grensoorlog? Is daar geen pad ‘militêr’ voorentoe nie? Is dit voldoende om elke keer nou maar te kla oor die verval van die SAPD en die SAW? Ek het die grootste respek vir die krygers, veral die wat die hoogste prys betaal het. Na my mening, moet ons egter mik vir meer as ‘n museum om die volgende… Lees meer »