Buitelug, blomblare of kruisement vir konfetti, herwinbare papier vir jou uitnodiging, groente en vetplantjies as tafelversiering, ʼn heerlike eklektiese mengelmoes van oudhede en goedheid uit die grond. ʼn Natuurlike kleurpalet. Die agtergrond is gereed vir ʼn eko-vriendelike troue.
Eko-vriendelike troues is ʼn tendens wat deesdae al hoe gewilder raak. Ons deel graag fotograaf en eienaar van Mooi Troues, Günther Schubert, se mooi troufoto’s om as inspirasie vir die groot dag te dien.
Bron: Mooi Troues
Diensverskaffers:
Fotograaf: Günther Schubert | Tafelstilering: KRAAK | Grimering: Venue: Tea under the Tree’s | Meubels: Goeters
Die tafel lyk baie mooi en die plek waar dit is lyk baie groen en rustig!!!!
Klomp bollie.
Jy is seker ‘n rys-vleis-aartappel man wat nie groente eet nie? Of iemand wat ‘n lewe maak uit oordadige troues?
Ten minste is bollie organies Arsene. Wat is verkeerd met die tafel? Ek sal eerder dit verkies as n klomp plastiek en gemors en oordadigheid en n KLOMP SKULD om af te betaal.
Ek is jammer maar ek lag nou lekker vir die kommentaar……
Ai die mens dom….. geseende dag vir almal