Foto’s: Namibiese weermaglede besoek Voortrekkermonument

Namibiese weermaglede het besoek afgelê aan die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: Verskaf)

ʼn Hooggeplaaste afvaardiging van die Namibiese weermag het Vrydag vir die eerste keer die Voortrekkermonument in Pretoria besoek.

Brigadier-generaal John Robinson, stafhoof van die Namibiese weermag, en offisiere van dié weermag, het verlede week Suid-Afrika vir strategiese vergaderings met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag besoek.

Op hulle laaste dag is besluit om ook toere na die hoofstad van die land te doen om meer van die geskiedenis van die land te leer.

Die Voortrekkermonument was die heel eerste baken wat hulle besoek het. ʼn Afvaardiging van Hongarye asook ʼn groep Belgiese joernaliste het verlede week ʼn besoek aan die monument afgelê.

Dit was ook Robinson se heel eerste besoek aan die Voortrekkermonument en hy was veral beïndruk met hoe die geskiedenis aangebied en oorvertel word.

“Ek het ’n idee gehad wat om te verwag, maar die oordrag van die geskiedenis en al die gebeure was fenomenaal. Dit is ongelooflik om te sien hoe mense geveg het vir onafhanklikheid en wat hulle sou doen om daardie onafhanklikheid te probeer beskerm.

“Ek is bitter verbaas oor die marmerfriese en dat dit uit Italië na Suid-Afrika vervoer is. Om in daardie tyd, met die uitdagings wat hulle met vervoermiddels gehad het in ag genome, die panele hier te kon kry, dui op ’n gedetermineerde poging,” het Robinson gesê.

“Die monument is ’n wonderlike bevestiging van hoe geskiedenis moet wees. Mens kan dit hier herleef en beleef, en dit is ’n heeltemal anders ervaring as om dit net in die geskiedenisboeke te lees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
madels

Baie bly en vir die positiewe ervaring vir almal

casper

Pragtig !!!

Gompie

Baie bly hulle het die monument besoek, is meer as wat ons kaders kan sê.

Diline

Ons trots! Wat kan die kommunistiese ANC regering wys wat hulle bereik het die afgelope 27 jaar – “Totale verwoesting en plundery”