[Foto’s] Potch se senior burgers wys ou besems vee ook skoon

Foto: Facebook/Potch dienssentrum

Foto: Facebook/Potch dienssentrum

ʼn Groep senior burgers van die Potchefstroom-dienssentrum het Dinsdag besluit om die strate in te vaar en ʼn skoonmaakveldtog in hul omgewing te begin. Sanet Jansen van Rensburg, adjunkdirekteur van die dienssentrum vir bejaardes, meen hulle wil trots wees op die omgewing waar hulle woon, asook ʼn voorbeeld vir ander wees.“Ons wil mense wys jou ouderdom maak nie saak nie, jy kan nog ʼn verskil maak. As ons kan help om ʼn kultuur van skoonmaak te vestig, dan is ons daar!”

Dié groep van ongeveer 20 “skoonmakers” het vir so 45 minute in Chris Hanistraat (ou Bothastraat) geloop en rommel optel. Daar was selfs ʼn vrou, Henna, met ʼn trekklavier, wat gesorg het vir ʼn bietjie musiek. “Hulle het die stappie vreeslik geniet – ons het dit al voorheen gedoen, maar ons gaan dit beslis ʼn gereelde instelling maak,” sê Sanet.

Dié dienssentrum is die grootste in die land en bestaan reeds vanaf 1983. “Sommige mense sal sê die papiere gaan net môre weer daar wees, maar ons kan by onsself begin, en vandag nog ʼn verskil maak.”

Besoek gerus die Potchefstroom-dienssentrum se Facebook-blad om hierdie entoesiastiese groep dop te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ilze ·

Dis hoekom my hart altyd in Potchefstroom sal bly, Potch het die amazingste mense in Suid-Afrika!!

Elizabeth ·

Laat dit vir die munisipaliteit, die regering en al die land se morsjorse ‘n les en ‘n aanmoediging wees!!

m ·

NEt jammer sekere nasies weet nie wat om met n asblik te doen nie, hulle gooi mos net neer.

Emile ·

Dis prysenwaardig dat die bejaardes hierdie taak ongevraagd verrig.

Opvallend hoeveel gebreekte randstene en onkruid-begroeide sypaadjies Potch het onder ANC bestuur. Soveel anders as in my studentedae. Opruim en instandhouding was egter nog nooit ‘n prioriteit onder ANC-aanhangers se kultuur nie. Dit gaan ongelukkig orals so in baie plattelandse dorpies buite die Weskaap. Munisipale dienstegelde wat daarvoor aangewend moet word, vind hul weg elders en die dorpies gaan agteruit.

As almal dus hand in eie boesem steek, hempsmoue oprol, skouer aan die wiel sit en elkeen voor sy eie deur vee, mag ons dalk net weer hegter, interafhanklike mensweesgemeenskappe so bou, onafhanklik van die regering.

Wie weet.

Melanie ·

Wat ‘n mooi voorbeeld dat niks mens mag onderkry nie en dat mens altyd ongeag ouderdom ‘n verskil kan mak. Mag daar baie meer sulke aksies wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.