Pretoria se ou straatname het weer ʼn plek in die stad gekry. Blits Elektries en Hardeware in Waverley het die verskillende gange in die winkel vernoem na die ou Pretoria-straatname. Die straatname is die afgelope naweek onthul.
Vir tuingereedskap stap ʼn klant af in Paul Krugerstraat. Die afdeling word die Tuinroete genoem. Op die hoek van Paul Kruger- en Van der Waltstraat draai jy links in Van der Walt om by Waterwerke uit te kom vir jou loodgieterinkopies. Al jou skroewe, bore en spykers word in ʼn splinternuwe inkopielaan, De la Reystraat, gevind.
Tydens die geleentheid is nog ʼn nuwe straatnaam, Engelbrechtstraat, bekendgestel. Dié straat is deur die oorspronklike eienaar van Blits, Dirk Engelbrecht, onthul. Engelbrecht het die winkel in 1970 oopgemaak en volgens hom was Blits van die begin af deel van die gemeenskap.
Schoemanstraat is deur ʼn Schoeman-nasaat, Frikkie Schoeman, onthul. Pretoriusstraat is ook deur ʼn nasaat van Andries Pretorius onthul. Voortrekkerstraat is deur ʼn bekende gemeenskapsleier in Waverley, Hendrik van der Westhuizen, onthul. “Blits het nou ʼn storie om te vertel,” het hy gesê.
Alet Engelbrecht, mede-eienaar van Blits, het tydens die geleentheid gesê Blits is nie net ʼn winkel nie, maar ʼn instelling in die gemeenskap. “Ons is trots Afrikaans. Dit gaan vir ons oor kultuur en nie oor politiek nie.”
Blits is ook bekend vir die jaarlikse kultuurkalenders wat uitgegee word.
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het tydens die geleentheid Kerkstraat onthul. “Om te koop by Blits het nou ʼn ervaring geword. Hulle het besluit dat hulle nie bloot onpersoonlike klante wil hê nie; hulle wil ʼn gemeenskap rondom die winkel vestig,” het Hermann gesê.
Tydens die onthulling van die straatname het ʼn feestelike atmosfeer geheers. Pannekoek is deur die ouetehuis verkoop en handwerk van kunstenaars uit die gemeenskap is uitgestal.
Wonder hoe lank voor EFF en BLF julle van rassisme beskuldig?
Dankie Blits die ou straatname is puik ek koop alles behalwe kos en klere by julle, julle bly n blitse lekker winkel.
Haha , ware woorde Judge Dredd. Een van die dae gaan dit een groot issue wees.
Waarom moet dit wees, dit is mos `n privaat winkel?
Ek sal julle 100% ondersteun.
Hoop dit gaan jou verkope verbeter…. want dis ook maar al wat dit KAN verbeter….
Joh- maar dit is nou oulik !
Sterkte met alles, en veels geluk met die uitstekende idee, ek is seker julle gaan baie nuwe patriotiese en Afrikaanse klante kry!
Ek bly nou in die Kaap, maar salueer julle!
Bou julle plek groter en sit nog straat name, dan kom bly ek daar.
Ek sal beslis tuis voel in jou winkel!
Skitterend!
Ek sien hoe meer gedryg word met Soviet onteiening hoe meer word gesekwestreer en privatiseer soos SAL ,Poskantoor,Transnet en munisipaliteite Noordwes Provinsie en Zululand Uiteindelik die Reserwebank!! KOMIES
Dis sommer ‘super cute’!!
ek love die idee – al die jare in Schoemanstraat gewerk. dis rerig “awesome” en ons gaan beslis ‘n draai kom maak. :-)
Dankie vir Blits wat ook ons Christelike vakansie dae respecter.
Briljante idee! Geniaal!
Te oulik!