[Foto’s] Prins George word 3 jaar oud

Foto: Facebook via The Royal Family

Foto: Facebook via The Royal Family

Die Kensington-paleis het Vrydag foto’s van prins George op sosiale media gedeel om die koninklike kleuter se derde verjaarsdag te vier.

ʼn Woordvoerder vir die paleis het gesê prins William en sy vrou, Catherine, hoop dat mense dit sal geniet om ʼn paar foto’s te sien van ʼn onlangse fotosessie by hul huis in Norfolk. “Die hertog en hertogin van Cambridge wil graag almal bedank vir die lieflike boodskappe wat hulle ontvang het vir prins George se verjaarsdag,” het die woordvoerder gesê.

Matt Porteous, wat die skattige foto’s geneem het, het gesê hy voel geëerd dat William en Kate besluit het om die foto’s met die publiek te deel.

George is op 22 Julie 2013 om 16:24 by die St. Mary’s-hospitaal gebore en het 3,8 kg geweeg. Sy sussie, prinses Charlotte, is op 2 Mei verlede jaar gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mel ·

Ag sooooo mooi, Prinses Diana sou ‘n trotse ouma gewees het

Pops ·

‘n Oulike klein mannetjie en pragtige foto’s om dit aan die wereld te wys!! In ‘n wereld vol geweld en haat, is dit goed om so iets te sien!!

Wim Kotze ·

Hoekom is dit nuus? Gaan hy betaal vir al ons
kinders wat nie 3 jaar oud geword het nie agv. sy groot ouma se toedoen ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.