[Foto’s] Reën sorg vir groot opwinding op Gannabos

Gannabos

Merwe hou die weer dop in die rigting van Calvinia. Foto: Nakkie van Wyk

Tussen Nieuwoudtville en Loeriesfontein in die Noord-Kaap lê ʼn plaas genaamd Gannabos. Dié plaas spog met die wêreld se grootste kokerboomwoud in die Suidelike Halfrond. Merwe en Nakkie van Wyk boer hier met skape. Soos vir al die ander boere was 2015 vir hulle óók ʼn droë jaar. Toe dit op 22 Januarie begin sous het, moes Merwe spring om alles reg te kry, en sy vrou, Nakkie, het die wonderwerk met haar kamera vasgevang en verewig.

Merwe sê hulle is so dankbaar vir die reën. “In 2015 was ons so 50 mm onder ons gemiddeld vir die jaar. Ons gemiddeld lê so op 150 mm, en vir 2015 het ons net 107 mm reën gekry.” Hy sê hoewel dié reën baie welkom is, hoop hy dat die winterreën gou sal kom. “Dit is nie nou ons groeityd nie; so, ons gee nog steeds voer, maar vorentoe gaan dié reën vir ons baie beteken.”

Nakkie het pragtige foto’s op Facebook gedeel met dié inskrywing: “As die riviere begin loop op Gannabos, gebeur dinge teen ’n geweldige spoed! Skape word uit riviergrond na die buiteveld geskuif. Sluise word gestel volgens die spoed van die rivier. Gewoonlik kom die rivier deur die loop van die nag op Gannabos aan, maar Saterdagmiddag was dit ongeveer 16:30 hier. Glo my, daar is nie tyd vir mik en druk nie, jy druk net, en spring op die bakkie! Ons is so dankbaar vir elke druppeltjie reën wat geval het!”

Besoek gerus Nakkie se webtuiste vir nog foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SkarrelKind ·

Die “haastige foto’s” is pragtig. Ek is ook bly vir julle oor die reën en Nakkie is ‘n kranige fotograaf !

Rikku ·

Dankie Here vir die reen. Dankie Here vir ons land se Boere .Ek is saam met die boere dankbaar vir elke druppel wat geval het.
Amen

Gesiggie ·

Faith Like a Patato…. Believe it will Happen… so onvoorwaarlik ….a Blessing vir elke druppel wat val…. Ons Bid saam dat elke Boer n oorvloed van water sal ontvang, om aan te gaan met wat hul die beste doen? Oes en Plant… Een druppel van God se Genade is… meer werd as al die druppels in die Wereld….Baie mooi Foto’s Nakkie

Ludwig ·

Ek ken daardie wêreld. Dis wonderlik dat dit so gereèn het en ons juig saam met Gannabos se mense en ons sê ook dankie aan ons Hemelse Vader. Ek glo nog dinge sal beter gaan, want volgens ‘n koerantbeirg wat so vier jaar gelede verskyn het oor weersiklusse en sulke dinge gaan 2016 ‘n nat siklus beleef. Mag dit so wees!

Wessie ·

Merwe werk hard en glo vas, daarom seën God sy arbeid. Dankie dat jy die pragtige (r)seën met ons deel, Nakki.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.