[Foto’s] Rietvlei Natuurreservaat-drieling uiteindelik gesien

Foto:

Foto: Facebook/Tshwane Metro

Die Rietvlei Natuurreservaat in Pretoria het einde verlede jaar drie nuwe inwoners in sy geweste verwelkom, maar dit was omtrent ʼn gesukkel om dié drie op te spoor.

Kiara en Sabona, ʼn jagluiperd-paartjie, wat nou ʼn gesin van vyf is, het baie moeite gedoen om hul drieling weg te steek. Volgens die Tshwane-metro se Facebook-blad, is dit die eerste keer dat jagluiperd-welpies in dié reservaat gebore word.

Kiara is een van vele jagluiperds wat weer in die natuur vrygelaat is, as deel van ʼn ooreenkoms met die Trust vir Bedreigde Spesies.

Foto’s van die gesin is uiteindelik gepubliseer ná maande se gesukkel om hulle op te spoor.

“Kiara is baie beskermend oor haar welpies en weet presies hoe om die drietjies weg te steek vir nuuskierige toeskouers,” lees die inskrywing op Facebook.

Mense word ook aangemoedig om foto’s te deel van die gesin, aangesien dit moeilik is om foto’s van die nuwelinge te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Dierbaar! So bly om te weet daar word soveel moeite gedoen om wilde diere te help en sorg te dra dat hul voortbestaan. Dankie aan al die mense wat daarby betrokke is by Tshwane Metro in die verskeie reservate!

Lindi ·

Daar is ook ‘n nuwe toevoeging tot die renosterfamilie! Laasweek ‘n renostertjie gebore!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.