[Foto’s]: SA’ners jubel oor riviere wat weer vloei

'n Foto van die reën in Loxton. Foto: Deon Kotze

‘n Foto van die reën in Loxton. Foto: Deon Kotze

Foto’s van die broodnodige reën wat oor die hele Suid-Afrika geval het, het baie positiewe reaksie op sosiale media uitgelok.

Ons het ons lesers gevra om foto’s te deel ná reënbuie in hulle onderskeie omgewings.

Die Smithfield Facebook-groep het onlangs foto’s geplaas van die Caledonrivier in Lesotho wat vir die eerste keer sedert die droogte weer vloei. Johann Greeff, ʼn lid van die Facebook-groep, het ook twee foto’s gedeel van dieselfde omgewing wat die drastiese verskil toon wat tien dae se goeie reën kan beteken.

Die Loxtonrivier in die Noord-Kaap vloei ook weer vir die eerste keer sedert 2011. “Ná die maande lange versengende hitte en droogte het die dorp sedert gister 70 mm reën ontvang,” het Deon Kotze op Facebook geskryf. Slegs drie dae later het die reënval verdubbel. “Aangrypend. Ná 153 mm reën loop die Loxtondam oor. Dit is ongewoon.”

Volgens Pieter du Preez van Fern Grove in KwaZulu-Natal het dié omgewing ongeveer 90 mm reën gehad. “Fern Grove is geseën met 90 mm reën gisteraand. God is goed en getrou, Hy alleen is waardig om aanbid te word. Loof en prys sy heilige naam!” het hy op Facebook geskryf. Du Preez staan kniediep in die water langs die pad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

alida ·

Dankie Maroela dit is voorwaar goeie nuus en die nuus wat ons wil hoor!!! Berig asb hoe dit in die Vrystaat gaan met al die voer en water wat afgelewer is deur skenkings en die reënval daar veral in die Senekal distrik waar daar diere gevrek het van honger. Dit is nuuswaardig nie al hierdie wrede en nuttelose moord stories oor en oor nie.

alida ·

Hoekom word my kommentaar nie geplaas waar ek Maroela bedank vir die goeie nuus nie?

Alle dank moet die Here toekom. ·

Prys die Here en bid dat nog meer val in ander areas ook waar dit meer as net broodnodig is.

Pierre ·

Hierdie is voorwaar goeie nuus. Dit sou ook goed gewees het om te weet wat die impak van die reen op ons vernaamste damme het. Ek weet ook dat plekke soos Zinkwazi in Natal erg swaar gekry het, enige iemand wat weet hoe dit nou daar lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.