Foto’s: Serpe in bome bied kleur, warmte vir SA’ners

Duisende serpe is op verskillende plekke in Suid-Afrika versprei. (Foto: 67 blankets for Nelson Mandela)

Ondanks ʼn ellelange inperking en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, het die 67 Blankets for Mandela Day KnitWits weer dwarsdeur die jaar die breinaalde laat klik ten bate van liefdadigheid.

Duisende serpe is Donderdag oor die land by verskillende plekke om bome se stamme gedraai en oor boomtakke gedrapeer. Enigiemand wat dié wolskeppings benodig om die koue af te weer, mag dit neem.

“Ek is nie verloor nie. As jy koud kry en my nodig het, neem my asseblief. Liefde, 67 Blankets,” lui die nota wat aan elke serp vasgemaak is.

Dit is vanjaar die sesde jaar wat die KnitWits, onder leiding van Carolyn Steyn, die sogenaamde Secret Scarves Mission-liefdadigheidsprojek van stapel gestuur het.

Duisende serpe is op verskillende plekke in Suid-Afrika versprei. (Foto: 67 blankets for Nelson Mandela)

“Dit KnitWits is ongelooflik,” sê Steyn, stigter van KnitWits.

“Ondanks die inperking en die uitdagings wat mense ondervind, is duisende serpe gemaak vir die geleentheid wat Donderdag plaasgevind het. Ons kan nie wag om die vreugde te sien wat ons liefdesarbeid vir so baie mense gaan bring nie.”

Die serpe is onder meer in Parkview en Sandton in Johannesburg, Mosselbaai, Port Elizabeth en Franschhoek in die Kaap versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Belinda ·

dis nou n baie nice gesture… hoop net die mense vat nie om weer te verkoop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.