[Foto’s] Seun (10) laat groei poniestert vir siek maatjie

Foto: www.buzzfeed.com

Foto: www.buzzfeed.com

Toe Gabby Ruiz (12) van Florida in die VSA op vierjarige ouderdom met ʼn seldsame velsiekte gediagnoseer is, het sy mettertyd al haar hare verloor. Aangesien goeie pruike duur is, het sy meestal kopbande of hoede gedra.

Gabby het drie jaar gelede ʼn maatjie, Tyler Boone (10), ontmoet en dié twee kom besonder goed oor die weg. Tyler het vir sy ma gesê hy wil graag iets moois vir Gabby doen aangesien sy ʼn bietjie skaam voorkom. Toe Tyler hoor dat Gabby se hare nie meer kan groei nie, het hy besluit om sy hare te laat groei sodat, wanneer dit lank genoeg is, hy dit kan afsny en vir Gabby ʼn pruik laat maak.

Tyler het in 2014 sy hare begin groei en moes vir twee jaar uithou met lang hare aangesien die minimum lengte vir ʼn pruik 25,5 cm is. Gabby het sommer self Tyler se hare gesny toe die groot oomblik aangebreek het.

Die niewinsgewende organisasie Children with Hair Loss maak nou van Tyler se poniestert vir Gabby ʼn pragtige pruik. Dit sal ʼn paar weke duur voordat Gabby haar nuwe kapsel kan dra.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

PAM ·

Wat ‘n pragtige gebaar. As meer mense net ongee vir net 1 volgende persoon gaan dit die wereld ‘n baie beter plek maak. Ek het nou klaar besluit al is Tyler net 10 jaar oud is hy my nuwe “hero”.

Laans ·

ag wat ‘n mooi gebaar!!! As elke ou vir net EEN ander mens omgee en ietsie doen sal hierdie wereld van ons ‘n ander wereld wees!!! Pragtig!

Jane ·

Dis verskriklik braaf en ‘n fantastiese gebaar van ‘n kind van daardie ouderdom, veral ‘n seun wat sy hare so lank moet laat groei om die maatjie te help. Pragtige omgee-mense – mooi storie.

zahn ·

Ek hoop regtig die galbrakers en bitterbekke sal hulle weerhou daarvan om hier kommentaar te lewer. Voor julle die seun as gay of wat ookal wil beswadder, dink aan sy onbaatsugtigheid en die opregtheid wat mens by kinders sien. Dis duidelik iets wat julle kort… ek vra maar net baie mooi..

Griki ·

Wat ‘n pragtige goedvoelartikel. Ek kan my net indink watse fantastiese volwassene hierdie seun gaan wees as hy alreeds op 10 jaar so “awesome” is. Hy is ‘n besondere goeie getuigskrif vir sy ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.