Foto’s: Só help foto’s om vir Wagter ʼn huis te kry

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Dierebeskermings-en-aannemingsorganisasies in die VSA gebruik nou sosiale media om mense te oortuig om honde aan te neem.

Foto’s van die honde wat lyk of dit in ʼn fotohokkie geneem is, word saam met ʼn kort beskrywing van hul persoonlikheid op Facebook en Instagram gelaai.

Die Humane Society of Utah se sosiale media- koördineerder en die fotograaf vir die projek, Guinnevere Shuster, het aan TIME gesê hul doel met die projek is om mense se opinies van  weggooihonde te verander deur die honde se individuele persoonlikhede ten toon te stel in plaas daarvan om die hartseer “agter tralies” beeld te gebruik wat met die honde geassosieer word.

Volgens die geleentheidsbestuurder, Rachel Kelly, het dié projek ʼn groot impak gehad op die hoeveelheid diere wat ʼn huis gevind het. Kelly vertel dat sedert hulle begin het om sosiale media in te span, het hulle vir meer as 10 000 diere ʼn huis gevind in 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.