ʼn Dierebeskermings-en-aannemingsorganisasies in die VSA gebruik nou sosiale media om mense te oortuig om honde aan te neem.
Foto’s van die honde wat lyk of dit in ʼn fotohokkie geneem is, word saam met ʼn kort beskrywing van hul persoonlikheid op Facebook en Instagram gelaai.
Die Humane Society of Utah se sosiale media- koördineerder en die fotograaf vir die projek, Guinnevere Shuster, het aan TIME gesê hul doel met die projek is om mense se opinies van weggooihonde te verander deur die honde se individuele persoonlikhede ten toon te stel in plaas daarvan om die hartseer “agter tralies” beeld te gebruik wat met die honde geassosieer word.
Volgens die geleentheidsbestuurder, Rachel Kelly, het dié projek ʼn groot impak gehad op die hoeveelheid diere wat ʼn huis gevind het. Kelly vertel dat sedert hulle begin het om sosiale media in te span, het hulle vir meer as 10 000 diere ʼn huis gevind in 2014.
Lekker om dit in Afrikaans te lees
Lekker om dit in Afrikaans te lees. Sterkte.