[Foto’s] Só het hy haar die jawoord gevra

troue

Llewellynn en Sasha-Lee kyk saam na die video. Foto: Verskaf

Llewellynn Hemmens (25) het sy meisie, Sasha-Lee Visser (21), gevra om te trou. Wat dié gebeurtenis nog ʼn bietjie meer spesiaal maak, is dat Maroela Media deel kon hê aan die kreatiewe proses.

Dié jong man het by Maroela kom aanklop vir idees oor hoe om Sasha-Lee die jawoord te vra. “Ek het geweet ek gaan dit net een keer doen, so ek wou dit reg doen. En met die klomp kreatiewe mense by Maroela, het ek geweet hulle sal kan help.”

Ná ʼn paar koppies koffie en verspotte idees, is daar uiteindelik ʼn plan beraam. Llewellynn het ʼn video by Maroela Media se kantoor opgeneem waar hy sy liefde aan Sasha-Lee verklaar. Saam met dié verklaring het foto’s van dié twee verliefdes, asook hul gunstelingliedjie op die video verskyn.

Stap twee van die plan is op Vrydag 18 Maart in werking gestel, toe Llewellynn en Sasha-Lee se gesinne saam met hulle na Hartbeespoort vertrek het. “My ma het daai dag verjaar, so dit was die beste verskoning om ons albei se gesinne bymekaar te kry.” Llewellynn meen die twee gesinne kom baie goed oor die weg en daarom het Sasha-Lee geen onraad gemerk toe hy voorstel dat hulle by Pretville gaan fliek nie.

“Daar was so baie mense daar – dit was nie net ons gesin nie, maar baie vreemdelinge ook. Ek was so op my senuwees! Ek kon glad nie fokus op die fliek nie.”

Toe die rolprent klaar was, het Llewellynn se video op die groot skerm verskyn.

“Die hele ding het haar onkant betrap. Toe my video klaar is, het ek voor almal vir haar gevra of sy my die gelukkigste man op aarde sal maak deur met my te trou. Sy het so drie sekondes gevat om te antwoord – dit was die langste drie sekondes van my lewe, maar sy het ja gesê!”

Llewellynn meen almal in die teater was in trane. Hulle het talle gelukwensinge ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

HEB ·

Cute…maar ek huil my dood as my dogter op 21 al wil trou…

JNN ·

Hoe so? Ek is op 21 getroud en is tans 26 met twee kinders, ‘n PhD en ‘n baie goeie werk by ‘n Universiteit. Die regte maat sal haar ondersteun om hoogtes te bereik.

Abigail Davis ·

Ek was op 22 verloof en op 22 getroud. Nou 11 jaar later dink ek steeds dit was die beste besluit van my lewe!

eugene ·

imagine sy moet trou :-)
self daar verloof geraak, Paul Kruger en sy span dit baie lekker gemaak
geluk julle 2

Jacomien ·

Wonderlik dat sy op 21 haar ideale lewensmaat kon ontmoet het……sommige mense het nooit daardie voorreg nie -geluk daarmee

charmaine ·

HEB…ek het nie n dogter nie, wel 2 seuns en moet se ek sien hulle ook nie die groot stap doen op 21 nie.

Theresa B ·

Baie oulik en so special. Baie geluk julle. Mag julle geseën word met baie gesonde en vreugdevolle jare saam! Geniet dit!

Hannelie ·

Tye verander…..ek is nie ten gunste vir op 21 verloof raak nie. Die twee lyk nog baie nat agter die ore. Hoop hul gaan jare verloof bly. ONTHOU dit werk nie vir almal om vroeg te trou nie. Ek is op 23 getroud en 26 jaar getroud. Maar vandag se jongmense moet maar eerder bietjie wag. Deesdae is daar TE veel egskeidings.

Imogene ·

Wat het dit met enige iemand uit te waai oor hoe oud hulle is? Dit vat nie ouer mense om ñ huwelik te laat werk of nie, dit vat HARDE werk van albei kante af maak nie saak of jy 20 of 50 is nie.

Anoniem ·

Dit kan gedoen word as jy elke dag vir mekaar sê jy’s lief vir die ander een. Ek is op 21 getroud, en het laasjaar ons 35e huweliksherdenking gevier…

Susan ·

Ek is op die ouderdom van 18 getroud met my man. Vandag is ons tans 28 en hy 29 en nog lank nie naby skei nie. Hy is my beste maat. Dit kan gedoen word.

arizona ·

Dis juis die wat sê “kannie my kind sien verloof raak op 18” wie se kinders op 30 nog by hulle bly. Ek is getroud toe ek 18 is en nee dit was nie n “moet” troue nie. My man is my lewens maat, my beste vriend en my lewe. Ons was die 3de April 24 jaar getroud en glo my elke dag vir ons is soos die 3de April 1992. Ouderdom maak nie n verskil nie. Dit is hoe hard julle altwee werk om julle huwelik op te bou. Baie geluk aan die tweetjies.

Brigette ·

Mense wat trou op 30, word nie verseker dat hulle vir altyd getroud sal bly nie! Om te trou word nie gekoppel aan ‘n ouderdom nie. Ek weet van mense wat op 21jaar baie meer volwasse is as mense van 40 jaar!! Ek is al 30 jaar getroud en steeds baie gelukkig getroud!!! Ek is getroud op 20. So asseblief, julle weet nie waarvan julle praat nie.

Lizelle Kriel ·

Baie baie geluk julle twee. Mag die Here julle seën met baie liefde en geluk. Elsabe, jy kry ñ besonderse skoonseun.

An. ·

Baie geluk aan die 2 geliefdes..
Well ek was 20jaar toe ek gtrou het en gaan nou vir 7 jaar, het n pragtige dogtertjie van 4 en glo my as j di regte persoon gevind het op so “jong” ouderdom hoekom dan nie…

Tollies ·

Ai ja daar is baie wat ook op die rak bly sit nadat hul almal eers ma se standaard moes uitvoer

Baie Geluk

Gesiggie ·

Ja hul altwee is nog baie jonk, ,maar wat het die ouderdom nou met als te doen? as hul Lief is vir mekaar en hul wil hul lewe saam deel… hoekom nie, ek hoop dat jul baie gelukkig sal wees.. en dat jul lewe saam vol geluk en vreugde sal wees.

Roelien ·

Ons groot groot ouers en groot ouers het al op die ouderdom van 16 getrou en 8 – 12 kinders groot gemaak. 99.9% van al daardie huwelike was en is suksesvol. Ons praat van 25 – 50 plus huweliksherdenkings van hulle. Ons kan gerus by hulle leer. Baie geluk julle twee Gods rykste seen vir julle. Staan sterk met God in julle verhouding en huwelik!

Lydia ·

Ek was op 22 en my man jonger as ek op 20 getroud. Ons vier volgende jaar ons 20ste huweliksherdenking. Ouderdom word nie aan liefde gekoppel nie. Baie geluk julle!

EKKE ·

Ware liefde breek enige muur af en deurstaan enige beproewing. Ek was 24 toe ek my vrou, (toe 18) ontmoet het. twee weke later is ons getroud met geweldige teenstand van albei kante van ons families af. Ons was van verskillende tale en gelowe. (Afrikaans en engels, NG en Katoliek) selfs die predikant het daarteen geskop. Vandag, 37 jaar later, met 3 kinders en 9 kleinkinders, loop ons nog hand aan hand in die winkels en in die strate, noem mekaar op troetelname, verklaar elke dag meer as een keer ons liefde aan mekaar. Ons doen dinge vir mekaar en gaan slaap nooit kwaad nie. Glo my, ons het ons deel van swaarkry gehad, maar bymekaar gestaan. God is die Koning in my huis, en Hy is die rigtingwyser in ons huwelik. geluk aan die twee jongelinge, bou julle huwelik op die Rots, en julle sal n wonderlike huwelikslewe he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.