[Foto’s] Sorina wys haar pienkvoet

Miana. Foto: Shalane-Mare Newborn & Child Photographer/Facebook

Miana. Foto: Shalane-Mare Newborn & Child Photographer/Facebook

Die sanger en aktrise, Sorina Erasmus, in die vermaakbedryf ook bekend as Die Flooze, het die eerste foto’s van haar babadogtertjie, wat verlede maand gebore is, beskikbaar gestel.

Sorina het die foto’s van Miana op haar Facebook-blad gedeel. “Só lyk ons Poplappie Prinsessie, ons mooiste Miana meisiekind! Jy is ons aardse engeltjie, ons bondeltjie vreugde & ons grootste piepklein presentjie van God. Dankie Shalane-Mare Newborn & Child Photographer dat jy ons vlinderfyn feetjie se eerste fotosessie-oomblikke so besonders vasgevang het!” het Sorina geskryf.

Miana is op 16 Maart gebore. Sorina het tydens die première van die fliek Modder en bloed aan Maroela Media vertel hulle is tradisievas en het daarom gekies om hul dogtertjie na haar ma, Mariana Elizabeth, te noem. Sorina en haar man, Braam Riekert, se eersteling is na sy pa vernoem en het die troetelnaampie Braambossie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

So mooi ·

Dit is regtig so mooi ou klein poppie en goeie fotografie werk.

Hannelie ·

Ag moeder sy is so verskriklik mooi….so regte ou poppie. Ek weet mamma en pappa gaan haar tot in die afgrond bederf. Braam jy kan maar jou haelgeweer afstof.

zbc ·

Ag die ou kleinding is so mooi!!!!! Sy gaan voorwaard vir julle en vir boetie eindelose plesier verskaf!! Baie geluk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.