Foto’s: ‘Super-sandman’ betower strande met kunswerke

Innocent by een van sy sandbeelde (Foto: La-Fè Studio)

Innocent Zungu, ’n sandkunstenaar van die Strand, laat dikwels die oë rek in bewondering met die beelde wat hy in die seesand kan bou.

Zungu, ook bekend as die super-sandman, bou alles van kastele tot motors en wilde diere in die seesand. Hy is ook onlangs raakgesien deur La-Fè Studio, ʼn kreatiewe ateljee wat Zungu aan die sanger Jan Blohm voorgestel het.

Blohm bedryf ‘n kunsgalery in die omgewing en het van Zungu se skeppings in poskaarte omskep en uitdrukke van twee van sy beelde word ook in die Jan Blohm-kunsgalery uitgestal.

Dit is La-Fè-span se passie om netwerke te stig tussen kunstenaars, waar hulle mekaar kan bystaan en kan help om te groei. Hulle werk ook sedertdien hard agter die skerms om lewe te gee aan Zungu se sandkuns in verskeie ander mediums in hulle galery.

Jan Blohm saam met Innocent (Foto: La-Fè Studio)

Zungu het sy strandkuns in ʼn sakeonderneming omskep waar hy nou spesiale beelde vir geleenthede maak. Hy bou byvoorbeeld beelde vir die viering van verjaarsdae of besigheidsaangeleenthede. Zungu het selfs al ʼn bankie en tafel uit die strand gekerf, versier met rooi rose, vir ʼn paartjie om ʼn romantiese afspraak te geniet.

Vir meer inligting, besoek Zungu se Facebook-blad hier. Kyk hier na van die strandkuns wat Zungu al opgelewer het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kirst ·

Dit is besonders. Dink net hoe voel die arme man se hande en voete saans van die sand.

Niklaas ·

Dis lekker om so iets te sien en van te hoor. Ten minste het hy ondernemingsgees en ook talent wat hy nou wil uitleef. Ek ondersteun graag so iemand.

Surfer ·

Asemrowend mooi. Wat n talent, hy is n briljante kunstenaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.