[Foto’s] Trane toe verlamde bruid na kansel stap

Jaquie maak gereed om na die kansel te stap (Foto: Halie & Alec Fotografie/Fox 59)

Jaquie maak gereed om na die kansel te stap (Foto: Halie & Alec Fotografie/Fox 59)

Die 25-jarige Jaquie Goncher van Georgia in die VSA het vandeesweek gesorg dat gaste behoorlik na hul sneesdoekies moes gryp nadat die verlamde bruid uit haar rolstoel opgestaan en met die paadjie na die kansel geloop het.

Goncher was 17 jaar oud toe sy haar nek in ʼn fratsongeluk in die gesin se swembad gebreek het.

“Ek onthou hoe ek na die bodem begin sak het, en hoe my vriende gelag het omdat hulle gedink het ek maak ʼn grap. Ek onthou hoe ek gedink het ek gaan verdrink. Toe ek eindelik uit die water getrek is, het ek my bewussyn verloor,” het sy aan FOX 59 vertel.

Dokters het gesê sy sou nooit weer loop nie. Dit is egter veral haar geloof wat haar deur die moeilike tyd gedra het.

“Ek het na my ma gekyk en gevra: ‘Gaan ek dan vir ewig in ʼn rolstoel gekluister wees?’ Sy het gehuil, en vir my gesê as God wil hê ek moet loop, dan sal ek weer loop.”

Jaquie maak gereed om na die kansel te stap (Foto: Halie & Alec Fotografie/Fox 59)

Jaquie maak gereed om na die kansel te stap (Foto: Halie & Alec Fotografie/Fox 59)

Sy was vasbeslote om weer te loop. Sy kon eers net haar groottoon beweeg, maar kon ʼn jaar later al staan. “Ek het hondere ure fisioterapie ondergaan om weer te loop. Ek was vasbeslote dat dit my nie sal onderkry nie. En dit het nie,” het sy bygevoeg.

Sy het haar man, Andy Goncher, in 2013 op ʼn afspraakwebwerf ontmoet, en ná hy in 2015 die jawoord gevra het, haarself beloof dat sy met die paadjie sal afstap na die kansel.

Sy het ook genoeg kragte opgebou om saam met haar man te dans.

“Ek huil nog elke keer as ek na die mense se reaksies kyk. Dit is so maklik om te vergeet watter wonderwerk dit is en watter moeilike agt jare agter die rug is.”

Sy beoog nou om selfs nog meer fisieke krag op te bou om heeltemal sonder die rolstoel klaar te kom. “Ek weet hoe geseënd ek is, en my grootste hoop is dat ek dit nooit sal vergeet nie.”

Die foto’s is deur Halie & Alec fotografie geneem.

Bron: FOX 59

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ada ·

Is dit nie wonderlik nie – Dit is so goed om vir ‘n salg goeie nuus te kry!!!
God is Groot.

Delani ·

ALLE EER AAN DIE HERE ONS GOD. ‘n mens is instaat tot enigiets deur die krag van die HERE

SNEL ·

Dis wonderlik, ja, wonderwerke kan vandag ook nog plaasvind, ons moet net bid en glo.

Kitty ·

Lukas 18:27 – Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
Baie mooi verhaal :-)

m ·

Mens kry sommer hoendervleis. Voorwaar n wonderwerk en sy het bly Glo sy sal weer kan loop……

Tina du Toit ·

Wow, wat `n mooi storie. Al die eer aan ons Hemelse Vader.

treurgrond ·

God is so goed. GOD IS GOOD ALL THE TIME AND ALL THE TIME GOD IS GOOD. Amen my God Amen.

Karma ·

Awwww …… dit is sweet! Maar wat se blou hare het sy dan gehad?

Louis C Prinsloo ·

Wonderlik :D
Na my kar ongeluk in 2003 en amper vol jaar in koma, het dokters gesê dat ek nooit sal kan loop of praat nie. God se genade, my geloof in God se krag en gebede het dit wat gesê is nietig verklaar. Na ‘n kwart van ‘n jaar terapie ontvang en ek sing vandag in koor, loop normaal na kerk of in dorp rond soos inkopies doen en is baie gelukkig

marie visser ·

Hoe groot is God, hoe groot ons God Drie Enig! Loof Hom als wat asem haal!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.