Franja se boodskap aan matrieks: Dis ʼn belangrike een!

Franja du Plessis (Foto: Instagram)

Die sangeres Franja du Plessis wens in dié video alle matrikulante sterkte toe met die eindeksamen. “Baie sterkte, dis ‘n belangrike een! Hard werk, dis nog net ‘n rukkie en dan gaan jy die vrugte pluk daarvan!”

Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae