Gee jou skryfdrome vlerke

 droom-skryf-skryfnet.jpg

Foto: pixabay.com/stocksnap.jpg

Broei daar al vir jare ʼn storie in jou kop wat jy graag op papier wil vasvang? Dan is Skryfnet se inleidende skryfkursus, Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, die oplossing waarna jy soek.

Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, wat van 13 Mei 2024 vir die agtste keer aangebied word, duur agt weke en fokus op die skryf van verhalende prosa in die vorm van die kortverhaal. Die beginsels en tegnieke wat deelnemers in hierdie kursus aanleer, kan toegepas word op verhalende prosa in enige genre – soos romans, jeugverhale, romanses of novelles.

Hierdie praktiese en inleidende kursus bestaan uit agt leergedeeltes (wat weekliks op kursusgangers se eie tyd deurgewerk word) met aantekeninge, video’s, praktiese opdragte, aanvullende leermateriaal en regstreekse aanlyn sessies.

Die kursus is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis en word gefasiliteer deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar Elzebet Stubbe. Die fasiliteerder lei die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op praktiese werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels in die platform se kletskamer.

Deelnemers moet reeds ʼn eerste weergawe van ʼn kortverhaal gereed hê wanneer hulle vir die kursus inskryf, omdat daar deur die loop van die agt weke daarop gefokus word om hierdie weergawe te verbeter aan die hand van die teorie en die fasiliteerder se terugvoer.

Na afloop van die kursus sal deelnemers toegerus wees met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, te skryf en te ontleed. Hulle sal ook kan spog met ʼn afgeronde kortverhaal en ʼn sertifikaat van Skryfnet.

Oor die kursusontwikkelaar en -fasiliteerder:

Die geliefde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugromans en vier romans – die lig laat sien. Sy jongste roman, Die Inkommers, het in 2022 verskyn. Du Plessis het al verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Hy is reeds sedert 1985 betrokke by skryfkurssuse wat die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) in samewerking met die Noordwes-Universiteit aangebied het; hy was ook die eerste direkteur toe die ATKV-skryfskool in 1990 gestig is. Hy en sy vrou, Magdaleen, woon op Potchefstroom.

Elzebet Stubbe was vir jare ʼn senior redakteur by Penguin Random House en was spesifiek verantwoordelik vir die Afrikaanse titels wat by Penguin en Umuzi verskyn. Sy het voorheen in die bemarking- en publisiteitsafdelings van LAPA en NB-Uitgewers gewerk. Elzebet het ʼn honneursgraad in Kreatiewe Skryfkuns en ʼn meestersgraad in Afrikaanse prosa aan die Noordwes-Universiteit behaal. Sy het al met saam skrywers soos Marita van der Vyfer, Karin Brynard, Bettina Wyngaard en Leon van Nierop gewerk. Sy en haar gesin woon tans oorsee.

Bespreek nou jou plek!

Jy kan uit een van twee opsies kies wanneer jy jou plek bespreek:

  1. Betaal ʼn eenmalige bedrag van R3 400 vir die agt weke kursus.

Klik hier om jou plek te bespreek.

  1. Bespreek vir Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns én enige ander kursus van jou keuse (binne 12 maande vanaf betaling) en kry R800 afslag. Klik hier om van die spesiale aanbod gebruik te maak.

Inskrywings vir hierdie kursus sluit op 9 Mei 2024.

Besoek Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.